Nataniël se eerste tydskrifvoorblad was 20 jaar gelede op DEKAT. Nou, ter viering van ons televisieprogram, is hierdie kultuur-ikoon saam met ons na die magiese Kalahari toe, daar waar die woestyn ’n woord van sy eie verkondig. Nataniël deel met ons sy ses gunsteling-uitrustings en verduidelik hoe die argetipiese priesterfiguur hierdie uitrustings geïnspireer het.

read more