WILMA STOCKENSTRÖM – UNIEK, UITSONDERLIK, UITMUNTEND
As hy terugdink aan die TV-reeks Manakwalanners, was dit die karakter Lenie Strauss wat ’n onuitwisbare indruk op hom gemaak het – Lenie, oftewel Wilma Stockenström, met haar droë manier van sê en haar geen-doekies-omdraai-nie-persoonlikheid en karakterisering.
So vertel die filmmaker, kinematograaf, regisseur en draaiboekskrywer KOOS ROETS oor sy verbintenis met dié skrywer, digter en akteur.
WILMA STOCKENSTRÖM – UNIEK, UITSONDERLIK, UITMUNTEND
Photography
As hy terugdink aan die TV-reeks Manakwalanners, was dit die karakter Lenie Strauss wat ’n onuitwisbare indruk op hom gemaak het – Lenie, oftewel Wilma Stockenström, met haar droë manier van sê en haar geen-doekies-omdraai-nie-persoonlikheid en karakterisering.
So vertel die filmmaker, kinematograaf, regisseur en draaiboekskrywer KOOS ROETS oor sy verbintenis met dié skrywer, digter en akteur.
“Wilma het het haar karakter van die begin af gesnap en ongeforseerd vertolk, en só ’n baie spesiale kwaliteit aan Lenie verleen vanweë die professionele en intelligente manier waarop sy haar rol benader het. Aanvanklik kom sy voor as ’n byna ontoeganklike, intellektuele persoon wat haar nie met alledaagsheid en onnoselgeit ophou nie, maar as jy haar eers leer ken, vind jy uit sy is op ’n verrassende manier ook anders.”
En gesels jy met die kenners van haar skryfwerk, Afrikaans-literatore soos proff. Louise Viljoen en Ronel Foster en die digter Daniel Hugo, kom dieselfde opsom van haar persoonlikheid en talent na vore: Wilma is ’n mens sonder pretensie, iemand wat skynheiligheid, selfingenomendheid en die kollig nie net vermy nie, maar selfs ’n afkeer daarvan het; ’n digter wie se poësie ’n element van bykans “sardoniese droogheid” bevat, volgens ’n artikel in die literêre tydskrif Standpunte 150, “Die Afrikaanse poësie sedert Sestig.”
Hiervolgens is die Afrikaanse poësie in die jare sewentig is gekenmerk deur verse “met die onstuitbare vroulikheid van ’n Antjie Krog”, “die spontane woord van ’n Marlene van Niekerk” en “die koel manlike gees” en “durf-woord van ’n Wilma Stockenström”.
Hiervolgens is die Afrikaanse poësie in die jare sewentig is gekenmerk deur verse “met die onstuitbare vroulikheid van ’n Antjie Krog”, “die spontane woord van ’n Marlene van Niekerk” en “die koel manlike gees” en “durf-woord van ’n Wilma Stockenström”.
“Sy is een van Afrikaans se grootste digters en skrywers, in die geledere van D.J. Opperman, N.P van Wyk Louw en Elisabeth Eybers, maar daar is geen hype om haar nie,” sê Hugo, “want sy is nie ’n politikus of akademikus of kwasi-akademikus nie. Sy begeef haar nie op ideologiese en politieke terrein nie. Sodra jy polities en ideologies betrokke raak, het jy ’n morele standpunt, en dit het sy nie. In wese is sy nie ’n moralis nie, maar sy skryf wel satiriese gedigte … wel nie soos die digter M.M. Walters wat die hele tyd bekommerd is oor ‘reg’ of ‘verkeerd’ nie. Wilma sien dinge soos dit is. Volgens haar hoef jy nie die lewe te verander nie; jy aanvaar dit en beeld dit uit soos dit is. Sy spot met pretensie – iets waarvan sy nie ’n aks besit nie. Sy het ‘n onnavolgbaar unieke digterlike stem.”
Hugo sê dis byna onmoontlik om die invloed van ander digters op haar werk uit te wys, “en terselfdertyd is dit ook byna onmoontlik om haar werk, of haar styl, na te boots. Daar bestaan nie iets soos ’n ‘Stockenström-skool’ in die Afrikaanse digkuns nie; anders as wat daar ’n baie pertinente Opperman-skool en Van Wyk Louw-skool bestaan. Haar poësie is uniek omdat dit nie regstreeks identifiseerbaar is met die persoon van die digter nie. Haar gedigte verraai bykans niks van haar persoonlike geskiedenis en lewe nie. Sy is ’n digter van die aardse elemente – plante, diere en minerale is vir haar van veel groter waarde as menslike emosie.
“Wanneer sy oor die mens skryf, is dit dikwels sinies en satiries. Vir haar bestaan die mens uit 90% water en 10% onbegryplike gees. Haar taal is altyd skerp konkreet beeldend, nooit swewend en swymelend nie. Sy dig sonder enige morele vooroordeel of ideologiese ingesteldheid.”
Hugo sê dis byna onmoontlik om die invloed van ander digters op haar werk uit te wys, “en terselfdertyd is dit ook byna onmoontlik om haar werk, of haar styl, na te boots. Daar bestaan nie iets soos ’n ‘Stockenström-skool’ in die Afrikaanse digkuns nie; anders as wat daar ’n baie pertinente Opperman-skool en Van Wyk Louw-skool bestaan. Haar poësie is uniek omdat dit nie regstreeks identifiseerbaar is met die persoon van die digter nie. Haar gedigte verraai bykans niks van haar persoonlike geskiedenis en lewe nie. Sy is ’n digter van die aardse elemente – plante, diere en minerale is vir haar van veel groter waarde as menslike emosie.
“Wanneer sy oor die mens skryf, is dit dikwels sinies en satiries. Vir haar bestaan die mens uit 90% water en 10% onbegryplike gees. Haar taal is altyd skerp konkreet beeldend, nooit swewend en swymelend nie. Sy dig sonder enige morele vooroordeel of ideologiese ingesteldheid.”
Sy is een van ’n handjievol skrywers wat die Hertzogprys vir meer as een genre ontvang het, vir die digbundel Van vergetelheid en van glans (1977) en die roman Abjater wat so lag (1992), sê Foster.
Ander prystoekennings aan haar is ewe indrukwekkend. “Verskeie is al aan haar toegeken, volgens Foster: “Die CNA-prys, die Ou Mutual-prys en die Louis Luyt-prys vir Monsterverse, die W.A. Hofmeyr-prys vir Abjater wat so lag, die Grinzane Cavour-prys vir die Italiaanse vertaling van Die kremetartekspedisie, en die Foundation for Art and Theatre se eenbedryf-wedstryd vir Laaste middagmaal.
“Die digter en Hertzogpryswenner Johann de Lange het ’n keuse uit haar poësie op voortreflike wyse in Engels vertaal en is gepubliseer in The wisdom of water, en van haar gedigte het ook in Nederlands verskyn, vertaal deur Robert Dorsman. Die roman Die kremetartekspedisie is vertaal in onder meer Engels, deur J.M. Coetzee, asook Nederlands, Hebreeus, Frans, Duits, Sweeds, en Italiaans.”
Die Poolse letterkundige en digter prof. Jerzy Koch, wat Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit Adam Mickiewicz in Poznán doseer en Afrikaans goed praat, is tans besig om dié roman in Pools te vertaal. Dis geen voor-die-hand-liggende vertaling nie, sê hy. “Daar is kwessies op voetsoolvlak, soos talle plantname wat in die omgangstaal of in plaaslike variante van Afrikaans gegee word. Wat doen jy met eenvoudig klinkende name van inheemse plante wat skielik in Pools baie eksoties lyk en as’t ware uitstaan in die teks, en dadelik ’n leser se aandag trek? Met dié boek moet ek baie kreatief wees. Die ander probleem is die verteltrant, dis nou wat betref die gebruik van tyd, sowel as terugflitse.
“Nog ʼn kwessie is Wilma se Afrikaans as sodanig. Dis aards, raak die bodem, dis die werklike kombuistaal. As ek met die taal omgaan, as vertaler of digter, voel ek altyd ek staan in die kombuis en knie die deeg wat uit eenvoudige bestanddele bestaan en waaruit tog wonderlike koeke gebak word. Ek praat nie van cakes of terte nie, maar van iets voedsaam en lekker soos beskuit en padkos.”
As vertaler moet hy partykeer kortpad kies, “maar jy moet onthou jy vertaal nie net woorde en sinne, beelde en tonele nie, maar die hele teks op verskillende vlakke. Jy kan natuurlik die oorspronklike werk by die doeltaal aanpas, maar die werklike kuns is om jou taal by die werk self aan te pas. Dan is jy nie net ’n vertolker van die rol wat iemand anders vir jou geskryf het nie, maar ʼn skepper van ’n nuwe idioom in daardie doeltaal wat gewoonlik jou moedertaal is. Dis dié soort uitdaging wat Stockenström se taal in Die kremetartekspedisie aan my gestel het. Ek weet nie of ek geslaag het nie. Maar ek is bly ek het die kans om in Pools te praat met die stem van daardie vyftiende- of sestiende-eeuse slavin in Wilma se roman.”
Viljoen meen Die kremetartekspedisie hoort op die lys van die honderd beste boeke uit Afrika in die twintigste eeu. “Die intense, maar ook ingetoë manier waarop sy die ervaring, pyn en leed van ’n slawevrou uit die prekoloniale tyd in Afrika beskryf, maak dit een van die aangrypendste romans wat ek nog gelees het. Dit gaan oor ’n vrou wat as kind haar eie mense, haar taal en haar onskuld verloor wanneer sy deur slawehandelaars êrens in Midde-Afrika gevange geneem word en in ’n stad aan die ooskus van Afrika op die slawemark verkoop word. Ná ’n veelbewoë lewe bevind sy haar, ná ’n mislukte ekspedisie, saam met haar eienaar uiteindelik heeltemal alleen in ’n kremetartboom in die omgewing van die huidige Mapungubwe waar sy uiteindelik ’n einde aan haar lewe maak.”
Wat haar verse betref, beskou Hugo “Die eland” as Wilma se mees ikoniese gedig. “Dit handel oor die rotskuns van die Boesmans en sy kry dit reg om die konkrete visuele met die magiese en mistieke te versoen – die versoening van die aarde en die kosmiese. Haar werk is ’n soort besweringskuns … die Boesmankunstenaar wat ’n eland op ‘n rots skilder, doen dit om die werklike eland wat hy wil jag, te besweer. Dit is die paradoksale vereniging van skepping en vernietiging, en dit geskied sonder enige morele vooroordeel of ideologiese ingesteldheid.”
Volgens Viljoen het Alettie van den Heever, skrywer van die roman Stof, pas haar doktorale studie onder haar leiding oor Wilma se werk voltooi. “Die proefskrif se titel is Wilma Stockenström as digter van die donker ekologie. Ek het veel by Alettie oor Wilma geleer.”
Die kunstenaar Henk Serfontein vertel hy het die afgelope agt jaar sowat twintig portrette van Wilma geskep. “Ná ’n toevallige ontmoeting in Kloofstraat in Kaapstad het ek oorspronklik een formele portret van haar geskilder. Daar het daarna ’n vriendskap tussen ons ontstaan en sy het haar digbundel Van vergetelheid en van glans vir my as geskenk gegee. Met die lees daarvan het ek die gedig ‘Winterslaap’ ontdek. Die idee het by my ontstaan dat ek ’n reeks kunswerke van die slapende digteres as onderwerp ’n visuele interteks, met idees verteenwoordig in ‘Winterslaap’, kan vorm. Ek het Wilma genader met die idee, waarvoor sy haar toestemming gegee het. Ons samewerking het so ontstaan.
“Ek voel dat die kompleksiteit en emosionele gelaagdheid in die portrette wat ek van haar geskep het, deels deur Wilma Stockenström gekonstrueer was. ’n Hele spektrum van emosies kan deur haar geskep word deur ’n eenvoudige beweging. Sy het treffende gelaatstrekke en beelde van haar word evokatief en bykans magies realisties. Hoewel die portrette spesifieke studies van ’n spesifieke digteres is, glo ek dat die beelde transendeer en aspekte van die menslike kondisie visueel en konsepsueel artikuleer. Daar is ’n sekere innigheid, weerloosheid maar ook kragtigheid verteenwoordig in die beelde.”
En dan is daar Wilma, vrou van Ants Kirsipuu, ’n Estlandse taalkundige, wat in 2003 oorlede is. “Sy van beteken ‘kersieboom’,” sê Foster. “Hy was ’n besondere mens: poliglot, linguïs, jazzliefhebber, ’n man met ’n enorme intellek. Die laaste gedig in Hierdie mens, “Daar en hier”, handel oor hom.”
Roets vertel hy het, vanweë sy noue samewerking met Wilma voor die kamera, geleidelik die mens ágter die skryf- en karakterwerk agtergekom, veral ook haar sardoniese humorsin.
“Met Manakwalanners het die produksiespan in Nieuwoudtville in die Noord-Kaap in ’n ou, leë skoolkoshuis gewoon,” vertel hy. “Een aand arriveer Wilma net voor aandete. Ons het ’n hele klomp baie mooi, sexy jong mannetjies in die produksie gehad, wat sy toe so een vir een deurkyk. En Wilma stap oor na Lizz Meiring, vra met ‘n klipharde stem voor almal: ‘Lizzie, nou wie van dié mannetjies kan ’n mens n.…?”
Daar was totale skok in die eetsaal, vertel Koos laggend.
“’n Paar aande later kom Lizzie by my en sê sy wil my iets gaan wys. Sy sleep my die gang af na Wilma se slaapkamer en ons word vriendelik na binne genooi. Die mure was van hoek tot kant beplak met die dubbel-binneblad van die een of ander tydskrif – almal manne in baaikostuums! ‘Is hulle nie mooi nie?’ vra Wilma ewe trots.
“Sy het jou ook altyd eers uitgenooi om by haar te kom sit, want sy wou eers seker maak dat jy darem ’n soort van interessante gesprek kon voer. Praat jy oor rugby of ‘n onderwerp wat haar nie aanstaan nie, kry jy eenvoudig nie weer die kans nie. Lizzie was egter een van haar getroue gespreksgenote.”
Die regisseur en filmmaker Katinka Heyns vertel dat sy van meet af geweet het Wilma is ’n mens soos geen ander nie. “Ek het haar leer ken as begaafde aktrise. Sy het ’n manier om jou op die mees onverwagte oomblik te ontroer, te skok, of te laat lag. Soos die aand toe sy, tydens ’n Anton Tsjekof-opvoering, agter die gordyn in strompel en ek en sy met ‘n gedruis amper albei neerslaan. Al wat ek helder en duidelik hoor, is ‘f*k!’ Dit was amptelik die eerste keer in my lewe dat ek die woord gehoor het! Dit het vir my nogal Russies geklink en ek kon nie ophou lag nie.
“Daarna het sy my nog baie in my lewe baie laat lag, meestal tong-in-die-kies, wanneer ek dit die minste verwag … tydens ’n repetisie, voor ’n kamera of agter die skerms. Hierdie mens, Wilma Stockenström, is ’n seldsame dier.”
“Ja, dis Wilma,” beaam Koos. “Direk, aards, vlymskerp, veelsydig en talentvol.”
Onvergelykbaar.