WEN ‘n kookboek!

Marilyn Gantana het aan die verkeerde kant van die spoor grootgeword. Sy het ’n renons ontwikkel in die boodskap van die kerk wat nie tot haar werklikheid gespreek het nie. Die jonge Marilyn het gerebelleer.

Raai wat? Toe trou sy met ’n VGK-dominee en die jong egpaar word beroep na Loeriesfontein. Hulle is die eerste bruin egpaar in hier gemeente, wat destyds nog bekendgestaan het as die NG Sendingkerk. Die ouer susters wat erg bekommerd oor die jonge Marilyn. Hulle het haar skeef aangekyk, want wat weet sy? Die jonger susters, aan die ander kant, het hierdie mooi jong dominee só gekyk en gedink, sjoe.

Marilyn kón kook, sy het by haar ma geleer. Tog het sy besef dat sy nog baie sal moet leer om met min hulpbronne vir báie mense kos te maak. Toe gaan soek sy raad by die einste susters wat haar so skeef kyk. Sy vra, sy probeer, en sy begin kook haar kritici se monde vol kos – en sy maak seker haar mooi jong man bly eet uit haar potte!

Haar eerste kookboek is vir die kerkgemeenskap uitgegee, en Kuier het haar raakgesien. Sy is toe vir twee jaar as huiskok aangestel.

Marilyn kuier en kook! is nou haar eerste kommersiële kookboeke en LAPA is baie trots om deel te wees hiervan.

Marilyn Gantana het oor die jare baie geleer, nie net by die kerksusters nie, maar ook as ma van drie. Sy hou deesdae boonop voltyds skool ook. Marilyn weet presies hoe kosbaar tyd is. In Marilyn kuier en kook! nooi sy ons om te deel in die beste van haar resepte wat sy al vir meer as 30 jaar bymekaar maak en toets.

Daar is familieresepte wat sy tydens haar grootwordjare by haar ma en tannies geleer het, ook die wenresepte van die wonderlike staatmakers wat geliefde gemeentelede van Loeriesfontein en Grabouw met haar gedeel het. Ons deel in smulkos, soos gebraaide lamsribbetjies, pannekoekies met ’n hoendervulsel, mini-seekosquiches en roosterkoek. Alles word op ’n eenvoudige en bekostigbare manier berei. Die resepte is sonder fiemies, doenbaar en gou om te maak.

Sy is baie lief vir ’n lekker slaai. Hier is ook hoofstukke in met resepte vir sop, ligte etes en bygeregte, vis en seekos, maalvleis, hoender, rooivleis, soetgoed en gebak

Die skrywer

Marilyn Gantana is gebore en getoë in die Kaap waar haar ma destyds vir haar vrye teuels in die kombuis gegee het. Sy vertel trots dat sy haar eerste melktert reeds in Graad 4 gebak en vir haar onderwyseres gegee het. Daar in die Hantam-streek van die Noord-Kaap, in Loeriesfontein, en later as Huiskok vir die Kuier-tydskrif, groei sy geweldig.

Marilyn en haar familie – na wie sy as haar kos-proefkonyne verwys – woon tans op Grabouw. Sy is steeds ’n voltydse taalonderwyseres by die Hoërskool Hottentots-Holland in Somerset-Wes.

Die prys

Tien gelukkige DEKATv kykers kan elk ‘n Marilyn kuier en kook kookboek losslaan!

Inskrywings is nou gesluit.

Baie geluk aan die volgende wenners!

Belinda Farmer

Amorie du Plessis

Zania van Niekerk

Mike Erasmus

Susan Claassens-Burke

Gertroedh Saal

Debbie van der Merwe

Christelle Swanepoel

Adrie Venter

Skattie Koopman

KOMPETISIEREËLS
Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
Pryse is nie oordraagbaar nie en mag nie vir kontant geruil word nie.
Werknemers van DEKAT, die borge en hul nabye familielede mag nie aan die kompetisie deelneem nie.
Die kompetisie is slegs oop vir kykers in Suid-Afrika.
Die prys sluit geen toevallige uitgawes in nie.
Geen inskrywings sal ná die sluitingsdatum aanvaar word nie.
Deur enige besonderhede in te vul of te verskaf, verleen jy aan ons toestemming om deur enige van daardie kanale met jou te kommunikeer.
Die pryse sal binne ses weke ná kennisgewing afgelewer word.

By |2018-05-07T11:04:42+00:00April 25th, 2018|DEKATv, Hoofartikels, Kos|