VARS TAMATIETERT

VARS TAMATIETERT

Yield: 6
Prep Time: 30 minutes
Cook Time: 1 hour

Niehaus is ’n reuseaanhanger van die kosblogger en kookboekskrywer David Lebovitz. Sy het dié resep op sy webwerf gevind. Sy hou van sy styl van kosstories vertel en sy fyn nuansering. Die tamatietert het haar dis geword vir alle noodgevalle want dit is vinnig en veelsydig.

Ingredients

Kors:

  • 1½ koppie meel
  • 1 groot eier, geklits
  • 2 tot 3 eetlepels koue water
  • ½ teelepel sout

Vulsel

  • 1 - 1½ tl goeie mosterd soos dijon
  • 3 - 4 groot, ferm en goed ryp tamaties wat in dikkere skywe gesny is.
  • 2 eetlepels olyfolie
  • sout & varsgemaalde swart peper
  • twee groot eetlepels vars kruie, verkieslik tiemie
  • 1½ teelepels esdoringstroop of heuning

Instructions

    Kors

    Dit is ’n heerlike kors wat nie vooraf gebak hoef te word nie.

    1. Meng meel en sout met ’n vurk of Chinese eetstokkies. Vryf gerasperde botter in die meel met sagte vingers. Werk liggies met deeg. Dit hoef nie soos fyn krummelpap te lyk nie. Groterige klontjies botter gee uiteindelik daardie lekker ligte gevoel aan jou kors.
    2. Klits nou die eier met 2 eetlepels water en maak ’n holte in die meel en gooi die eiermengsel daarin. Werk met jou hande.
    3. Vorm ’n deeg. Indien nodig kan jy die derde eetlepel water bysit.
    4. Jy kan die deeg in kleefplastiek toedraai en in die yskas sit vir ten minste 30 minute. Jy kan dit oornag ook daar los as jy dit eers die volgende dag nodig het.
    5. Strooi meel op jou oppervlak en rol uit so dik of dun soos jy wil. Spuit jou tertpan met spuitolie of smeer met botter. Sit jou deeg in die pan en druk vas.

    Vulsel

    1. Smeer die bodem van die tertdeeg met mosterd.
    2. Stel jou oond op 180 tot 200 °Celsius.
    3. Laat die mosterd so effe droog word op die kors voordat jy die lae tamaties pak.
    4. Geur met sout en peper sowel as vars kruie.
    5. Net voor dit oond toe gaan, drup die olyfolie en die heuning of esdoringstroop oor.
      Bak vir ongeveer 20 minute.
    6. Hou die tertdeeg dop. As dit te vinnig bruin word, verlaag hitte.

Notes

WENK: Dieselfde resep kan gebruik word om piepklein tamatiehappies te maak. In die kleinste muffinpan wat jy kan kry, plaas deeg in, verf met mosterd en plaas dan rosa-tamaties in olyfolie/sout/peper/tiemie gemarineer. Drup esdoringstroop daaroor. Bak vir net 10 minute.

WENKE:
Moenie die botter te fyn vryf nie en werk liggies.

Vars tiemie as jy kan.

Strooi kaas of gesnipperde spinasie oor die tert 'n paar minute voor die tert klaargebak is.

Skip to Recipe