Varkterrien

Varkterrien

Yield: 6
Prep Time: 30 minutes
Cook Time: 1 hour

Ingredients

  • 300 g varkfilet, sny meeste van die vet weg, in blokkies
  • 2 knoffelhuisies, gekneus
  • 4 takkies vars tiemie
  • 30 ml brandewyn (goeie brandewyn)
  • 250 g swoerdlose gestreepte spek
  • 1 kg varkworsvleis, met vurk losgemaak of varkmaalvleis
  • Klein bossie pietersielie, gekap
  • Klein bossie grasuie, gekap
  • 100 g uitgedopte pistachioneute, effens gerooster in ’n droë pan
  • Sout en peper na smaak
  • 8 tot 10 vet gedroogde appelkose

Instructions

  1. Plaas die varkfilet wat in blokkies gesny is, knoffel, 2 takkies tiemie en die
    brandewyn in ‘n bak, bedek en laat oornag in yskas marineer.
  2. Voorverhit oond tot 180 °C. Smeer ’n 1 kg terrienvorm of broodpan met botter. Plaas die orige tiemietakkies op die bodem en bedek met spekstroke wat oordek – die spek moet oor die pan se rant hang. Voeg die worsvleis by die bak met gemarineerde varkvleis en meng goed. Roer die pietersielie, grasuie en pistachioneute by en geur goed.
  3. Vul die terrienvorm met die helfte van die varkvleismengsel en plaas die appelkose in ’n ry in die middel. Bedek met oorblywende varkvleis. Druk en rek die spekrepe bo-oor. Bedek met foelie met botter bestryk en bedek die hele terrien met minstens twee lae kleefplastiek.
  4. Plaas die terrien in ’n bakpan half gevul met kookwater en bak 1 uur.
  5. Verkoel die terrien oornag in die yskas. Jy kan die terrien plat druk in die yskas deur ’n plank met swaar voorwerpe daarop te plaas. Dit verleen ’n platter oppervlak en fermer tekstuur aan die terrien. Doop die terrien vinnig in warm water om dit los te maak, draai om en plaas op ’n bord.
  6. Bedien met gepiekelde komkommer.
 
Skip to Recipe