dekat-span

Elzilda Becker

REDAKTEUR

Elzilda het die afgelope 37 jaar in die media deurgebring. Van haar begin by Rapport in 1985 verhuis sy na Rooi Rose waar sy die bemarkingsafdeling bestuur het. Na haar 4 jaar by Rooi Rose het sy bemarkingsbestuurder vir RNA-verspreiders geword voordat sy haar eie PR-agentskap begin het. Sy is sedert 1996 by DEKAT betrokke en het die titel in 2002 gekoop en dit na nuwe hoogtes geneem as ‘n TV-program en ‘n luukse handelsmerk.

ALAN SAMUELS

STRATEGIS

Alan is betrokke by die ontwikkeling en bekendstelling van nuwe DEKAT-aanbiedinge wat strook met veranderende markneigings. Hierdie nuwe dienste en aanbiedinge verseker dat ons volgelinge op innoverende en diverse maniere toegang tot al ons kreatiewe DEKAT-inhoud kan kry.

MIMI GREYLING

EIND-REDAKTEUR

Mimi het in biblioteke begin werk onder meer by die Navorsingsinstituut vir Plantkunde, Kampsbaai se biblioteek, die Johannesburgse Kunsmuseum en toe Beeld in 1974 begin het, eers daar in die biblioteek en later as verslaggewer en subredakteur. Sy is die afgelope sowat 10 jaar verantwoordelik vir DEKAT se taalversorging.

WILMA DE BRUIN

SAKE-REDAKTEUR

Ná 12 jaar as joernalis by Media24 (Volksblad, Beeld, BY), het Wilma de Bruin die vryskutwêreld betree.

Met ‘n loopbaan wat oor bykans vyf dekades strek, was sy in die redaksies van Die Volksblad, Beeld, BY, Kalender (Beeld), Sake24, Sake-Rapport en DEKAT, waarvan die afgelope 35 jaar ‘n medewerker is. 

As artikelskrywer het bydraes gelewer vir onder meer Sarie, Rooi Rose, Finweek, Executive, Leadership, The Star, Citizen, Momentum, Liberty Medical Scheme, Unilever en die Fakulteit van Ekonomiese en Bestuurswetenskappe van UP.

Sy was ook redakteur van onder meer Jou Geldsake (Beeld), Media & Reklame (Sake24), Buurman (Joods-Afrikaanse kwartaalblad van die Joodse Raad van Afgevaardigdes), Restorica (die kultuurhistoriese bewaringstydskrif van die Stigting Simon van der Stel), A Celebration of 100 Years (van Tukkies se fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) en Healthcare Review (‘n kliëntetydskrif van Media24).

MERWELENE VAN DER MERWE

FOTOGRAAF

Die bekende fotograaf woon op ‘n plsie met haar tribe.

HEINZ BAWA

UITLEG

Heinz is betrokke by die grafiese ontwerp van DEKAT Luuks. Hy is al vir baie jare deel van die DEKAT-span. Hy is ook betrokke as bladontwerper by jag- en motortydskrifte. Sy obsessie met ’n goeie koppie koffie soggens is die inspirasie wat lei tot goeie konsepte vir sy uitsonderlike bladontwerpe.

DANIËL VAN DER MERWE

WEBREDAKTEUR: ARGITEKTUUR & ONTWERP

Daniel is ’n praktiserende argitek sedert 1992 en is die stigterslid van Leaf Architects – ’n praktyk wat spesialiseer in residensiële argitektuur.  Aan die Universiteit van Johannesburg was hy betrokke by die Sement- en Betoninstituut en hoof van die argitektoniese betonfokusarea. By PPC was hy deel van die Innovation-span en direkteur van die PPC Imaginarium-platform. Hy het die Architecture ZA-platform in 2010 geïnisieer namens die SA Instituut van Argitekte en het sedertdien as sameroeper van die konferensies opgetree. Daniel was ‘n beoordelaar vir verskeie streekstoekennings vir argitektuur en die Fulton-toekennings vir Uitnemendheid in Beton. Daniel dien tans ‘n tweede termyn as Direksiedirekteur van die Uilhuisstigting.

LIZETTE JONKER

WEBREDAKTEUR: DEKOR & TUIN

Lizette kom uit ’n familie van boere en tuiniers en met haar passie vir tuinmaak het sy begin skryf vir onder meer Tuis/Home, en SA Tuin/SA Garden, waar sy oor tuine, selfdoen en dekor geskryf het. Haar weeklikse praatjie oor dekortendense by Radio Kaapse Kansel is sewe jaar lank uitgesaai.

ISABELLA NIEHAUS

WEBREDAKTEUR: KOS & WYN

Isabella  woon in Langebaan in ‘n grys huis van beton. Ná jare in die mode- en skoonheidsbedryf  by verskeie tydskrifte het sy 10 jaar gelede begin kook. Gewoonlik op ’n Sondagmiddag met vyfgangetes en plaaslike wyne. Haar kookboek Duinhuis het verlede jaar ’n eerste plek op die Internasionale Gourmand-pryse in Parys ontvang as die beste boek in die kategorie: onthaal. Sy het goeie verhoudings met kosredakteurs, sjefs, bloggers, wynmakers en bemarkers wat by haar blad betrek gaan word.

HANNELIE VAN AS

WEBREDAKTEUR: REIS

 

GERARD SCHOLTZ

REDAKTEUR: BOEKE

Sover terug as wat hy kan onthou, het hy gelees. “My eerste grootmensboek was Johannes van Wyk deur J.H.H. de Waal. Dan was daar tannie Pretorius van die biblioteek in Nylstroom wat later moedeloos was met my en Sewe dae by die Silbersteins wat sy onder die toonbank deur vir my gegee het en niemand mog geweet het nie. Ek was toe in standerd 8 of so.” Vandag is sy huis oorvol met boeke en is dit vir hom swaar om van ’n boek afskeid te neem. Hy skryf al vir jare artikels vir DEKAT en is ook ’n aanbieder op DEKATv.

ANUTA SCHOLTZ

VERTALER

Anuta kom van die Oos-Kaap waar die mense tweetalig is. Sy vertaal vir DEKAT van en na Afrikaans en Engels. Sy en haar man Gerard woon tussen Rooiels waar sy winter en somer elke dag 700 m in die see swem, Sutherland waar sy ’n groot gastehuis besit en ’n klein kothuis in België waar hulle legendariese skoeters, Silwer en Blou, vir hulle wag om deur die hele Europa rond te rits.

FRANCIS GROBLER

DEKATV-AANBIEDER

Francis is aards. ‘n VRYGEES digter, skrywer en vryskut liriekskrywer. Sy het verskeie digbundels gepubliseer, asook woordkuns-en-liriekvideo’s. Sy skryf lirieke vir bekende name in die musiekbedryf en is ook betrokke in die vervaardiging en storielyntekste van musiekvideo’s. Francis is tans ‘n teksskrywer en aanbieder vir DEKATv. Verder BEDRYF sy ‘n INTERNASIONALE wild-en-safari lodge vanuit SA en beklee ‘n bestuurrol in ‘n kommersiële saai- vee- en wildboerdery.

PIET MATIPA

DEKATV-AANBIEDER

Piet is ’n veelbekroonde joernalis en skrywer wat al op verskeie terreine sy stempel afgedruk het. Hy is ook ’n grapjas en was ’n gereelde gas op kykNET se komedieprogram Parlement Parlement. In 2018 het hy hom by DEKATv se span van aanbieders aangesluit. Piet het aanvanklik die kunsinsetsels op DEKATv aangebied, maar deesdae fokus hy ook op insetsels oor verskeie onderwerpe.

MARLIZA VAN DEN BERG

DEKATV-AANBIEDER

Marliza is in Worcester gebore en het tot en met matriek daar skoolgegaan.  Daarna het sy ’n BA-graad  met voorligtingsielkunde as vak by die Universiteit van Stellenbosch studeer met die voornemens om eendag onderwys te gee. Maar haar lewenspad het ander paadjies geloop. Ná haar studies het sy vir ‘n hele paar jaar in die wynbedryf op Stellenbosch gewerk en toe ‘n honneursgraad in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf.  Sy het as vryskutjoernalis vir publikasies soos Die Burger gewerk en ook ’n rubriek vir die streekskoerant Eden Express geskryf. Sy het ook bydraes vir die glanstydskrif DeKat gelewer en is die afgelope 14 jaar mede-aanbieder van die glanstydskrifprogram DEKATv

Sy het verlede jaar die leefstylprogram Opsoek na Eden, oor die juwele op die Tuinroete, aangebied wat op die kanaal VIA uitgesaai is. ’n Opvolgreeks is tans in die pyplyn.

 

Marliza se tuisdorp is George, maar sy en haar man spandeer ook baie tyd in die Karoo op hul plaas Langfontein, waar sy ‘n gasteopset bestuur. Hulle boer    

met beeste, wild en amandels en skape. 

Mense wat kreatief is, eg en aards en onpretensieus leef, trek haar soos ’n magneet.  Goeie kos, wyn, boeke en mooi ruimtes wat outentiek is, inspireer Marliza en  tuinmaak lê haar na aan die hart.  

Marliza bied ’n verskeidenheid insetsels op DEKATV aan wat op reis, kos, wyn, boeke en  kreatiewe mense fokus

 

REFENTSE MORAKE

Refentse het in 2018 die enkelsnit Liefdesgenerasie bekend gestel en daarna het die enkelsnitte What A Boytjie (2019) en Beauty of Africa (2021) gevolg. In 2017 is Refentse met nie minder as drie Ghoema-trofees vir sy trefferalbum My hart bly in ’n taal bekroon. Hy het weggestap met die pryse vir Album van die jaar, Manlike kunstenaar van die jaar, Digitale album van die jaar en ’n ere-toekenning vir die Beste verkoper van die jaar. My hart bly in ’n taal is ook in 2017 met ’n SAMA-toekenning in die kategorie top-verkoper (album) aangewys. Sy nuutste album Wandel In My Woning is in 2021 vir ’n SAMA-toekenning as beste kontemporêre album benoem. Refentse is die ankeraanbieder van die leefstylprogram DEKATv.

JAWAAHIER PETERSEN

DEKATV-AANBIEDER

Jawaahier Petersen is die dogter van Taliep Petersen. Sy is ’n TV-aanbieder en aktrise, maar ook maatskaplike werker waar sy gewerk het in die gespesialiseerde area van adolossente- en gesins-intervensie. Soos haar oorlede pa het sy ook sangtalent en sy en Nedine Blom stig die Afri-Kaapse groep Die Jaloersbokkies en tree op by verskeie kunstefeeste soos die KKNK, Die Woordfees, die Suidoosterfees en Aardklop.

Jawaahier was ook aanbieder van die TV-reeks KLOP!, mede-aanbieder van kykNET se Fiësta en DEKATv. Sy het opgetree in kykNET & Kie se Arendsvlei en in die gewilde sepie Suidooster. Op die musiekverhoog was Jawaahier in musiekspele soos Like Father, Like Son, A Tribute To Taliep Petersen en in die musiekvertoning Die Burger Pops.

medewerkers

Renée RAUTENBACH CONRADIE

SKRYWER

Renée is ’n getoë Pretorianer wat op etlike plekke in die wêreld gewoon het. Sy hou van reis, skryf, praat, eet, geskiedenis, inheemse plante en om voëls te kyk. Is mateloos nuuskierig en mal oor haar kinders en vier kleinkinders. Sy is feitlik haar hele volwasse lewe lank ‘n joernalis en haar debuutroman Met die Vierkleur in Parys het in 2020 verskyn.

Michèle Meyer

SKRYWER

Michèle Meyer skryf oor alles wat sy moontlik kan. Sy is die wenner van die 2017 US Woordfees- Kortverhaalkompetisie. In 2022 debuteer sy as romanskrywer met haar opsraakwekkende, fragmentariese roman, MOER (Protea Boekhuis). Sy woon in Pretoria en hou daarvan.

CHARNÉ KEMP

SKRYWER

CHARNÉ KEMP is ’n bekroonde ondersoekende joernalis en skrywer met ’n meestersgraad in kreatiewe skryfkuns van die Universiteit van die Vrystaat. Haar skryfwerk verskyn ook in Netwerk 24, Noord-Kaap Bulletin, RapportVolksblad, BeeldDie Burger, Vrye Weekblad, Landbouweekblad, DEKATRooi Rose en Sarie. Sy is die skrywer van die boeke Moord op Pofadder, Bloed, dunner as water en Moord op Griekwastad.

Gerda Genis

FOTOGRAAF

Sedert haar kinderjare, vanaf die moment dat die eerste kamera onserimonieel in haar hande gedruk is, deur haar pa, wat besef is dat hy vir ewig sou voortsukkel, is Gerda Genis reeds besig met die uitbouing van haar visuele en kreatiewe woordeskat. Sy sien haar foto’s as die byeenkoms van veelvuldige minikosmosse wat almal in een moment vasgevang word. En dit bly vir haar diep inspirerend. Derhalwe, oor die bestek van bykans 40 jaar as beroepsfotograaf, het sy die vermoë ontwikkel om detail te bespeur met ‘n arendsoog, en hierdie kwaliteit is beslis haar kenmerk. 

Ferdinand Veer

FOTOGRAAF

Die fotograaf Ferdinand Veer, wat uitblink vir sy besonderse fotografie van Boesmans, se passie vir fotografie het eers ná skool ontluik toe hy op die grens in die destydse Suidwes-Afrika in die weermag was. “Ek het my eerste goeie kamera waarop verskillende lense gemonteer kon word in Windhoek gekoop en toe ernstig begin foto’s neem,” vertel Ferdinand wat aan die Weskus in die Kaap grootgeword het.

“Terwyl ek op die grens was het my paaie die eerste keer met dié van Boesmans gekruis, ons het van hulle in die noord-ooste van Namibië raakgeloop. Hulle het toe nog in die stokhuisies in die veld gebly, soos wat ons vandag in prentjies en foto’s sien. Die mense kon geen ander taal as hul eie tradisionele taal praat nie, ek was verstom en verwonder om soiets in lewende lywe te kon sien en beleef,” vertel hy.

Die Boesmans en hul leefwyse het Ferdinand dadelik gefassineer. “Later het ek weer van hulle raakgeloop, onder andere ’n baie ou boesman wat saam met sy kinders glas geblaas het. Ferdinand werk hard om die lot van die Boesmans onder die aandag van die publiek te bring.

Adriaan Potgieter

SKRYWER

Adriaan Potgieter is ’n medikus met ’n lewenslange belangstelling in die sielkunde en die letterkunde. Hy bring 28 jaar van sy professionele lewe as arts in Frankryk en België deur, maar sedert 2018 woon hy in Kaapstad en met tussenposes in Istanbul. Hy lê hy hom tans toe op ’n studie oor Sheila Cussons.   

Liela Magnus

JOERNALIS

Liela is ‘n gebore en getoë Pretorianer wat meeste van haar lewe in die hoofstad gebly het. Sy is onbeskaamd ‘n Pretoria-poppie. Sy was vir 21 jaar ‘n joernalis wat haar tande geslyp het by Beeld as misdaadverslaggewer. Later het sy spesialiseer en berig oor hofsake. Na 8 jaar by Beeld is sy na die SAUK se radionuusafdeling waar sy verslag gedoen het oor onder meer die Oscar Pistorius verhoor, Nelson Mandela se dood en begrafnis, Advokaat Barbie, die Boeremag, Winnie Mandela se begrafnis en nasionale kongresse van die ANC, DA, VF+ en die EFF. Ná 21 jaar, en ‘n toekennig of twee, het sy haar notaboek, pen en Prertoria verruil vir ‘n restaurant in Rosendal en twee donkies. Dié avontuur het sy aangepak sonder enige kennis van die restaurantbedryf, en wing sy dit die afgelope 8 maande, met meer sukses as mislukkings.

Wilhelm van Rensburg

KUNSKENNER

Wilhelm van Rensburg (b.1958, Johannesburg) is a prolific champion of art whose output marries scholarly research and critical writing with curating. He has organised important exhibitions for Irma Stern, Judith Mason, JH Pierneef and, most recently, Christo Coetzee.

Wilhelm has a long-standing relationship with Standard Bank Gallery, for whom he has organised major survey exhibitions for Irma Stern (2003), Judith Mason (2009), JH Pierneef (2015) and Christo Coetzee (2018), as well as curated the educational programme for the exhibition ‘Henri Matisse: Rhythm and Meaning’ (2016). He has played a key role in Strauss & Co’s client outreach, notably with his curated exhibitions at the Turbine Art Fair. ‘Life Force: The Still Lifes of Irma Stern’ (2018) was the first major survey of Stern’s enigmatic still lifes, while ‘Pierneef: A Collector’s Passion’ (2017) showcased the remarkable Pierneef holdings of collector Anton Taljaard. These projects contributed to Strauss & Co receiving the 2018 Chairman’s Premier Award from Business and Arts South Africa.

Wilhelm joined Strauss & Co as an Art Specialist in 2016. He works out of our Johannesburg office. Wilhelm is qualified to address any enquiries related to Paintings, Watercolours, Drawings, Prints, Sculpture and New Media on behalf of Strauss & Co.

 

Yvette Jordaan

FOTOGRAAF

love life…..

 I believe there is light in everyone and light in everything.   It is this light that I search for when capturing moments.

I see the light falling across your brand on the front of a glass bottle, the light in the golden glow of freshly brewed product, lovely light dancing in the steam coming off a pot of delicious goodness or simply just the beauty of light streaming in through the glass window falling softly on the couch in your reception area.

I marvel at Creation and look to nature for my inspiration, the striking simplicity of intricate patterns, the vividness of colour, the harmony in the wind rustling through the trees, the light dancing on the crest of a wave, the softness of the air in the early morning and the depth of striking stars at night, all touch my soul.

De Wet Potgieter

SKRYWER

De Wet Potgieter begin sy joernalistieke loopbaan in 1974 as hofverslaggewer by Die Oggendblad. In sy meer as 40 jaar in die Suid-Afrikaanse nuus- en mediabedryf het De Wet by verskeie publikasies soos Beeld, Die Burger, Die Vaderland, Rapport, Sunday Times en die Independent Newspaper Group gewerk as ondersoekende joernalis en nuusredakteur. Deur sy loopbaan het De Wet ‘n hele aantal voorbladstories geskryf waarin hy gruweldade, korrupsie, en skandale onthul het. In 1993 het die Pretoria Persklub vir De Wet aangewys as Joernalis van die Jaar.

Marlene Malan

SKRYWER

Marlene Malan is ‘n joernalis, vertaler, taalversorger, proefleser en uitgewer wat die maatskappy Turksvy Publikasies saam met haar groot vriend, die digter en joernalis Hannes Visser, in die Covid-19-inperkingstyd begin het. Sy hou van lees, foto’s neem, agterpaaie verken, stilte en dink. Sy probeer groepsdenke, napratery en vooroordeel te alle koste vermy. Sy pendel tussen haar woonplekke, Kaapstad en Prins Albert in die Groot-Karoo.

IS ONS JOU DAM SE GANSE?

DEKAT verkoop soos soetkoek. As jy wil verseker dat jy in 2023 ’n gedrukte uitgawe ontvang, vul asseblief die teenoorstaande vorm in.

ns stel jou in kennis sodra die uitgawe beskikbaar is.