Food & travelKos

Stellenbosch Hills stel witwyne vir 2020 bekend

Viertal is mylpaal in wynkelder se 75ste bestaansjaar
Stellenbosch Hills verwelkom die sonskyn en lekker lewe met hul nuutste witwyne. Die toevoeging van twee nuwe witwyne – ambassadeurs van Oesjaar 2020 – is ’n mylpaal vir die wynkelder wat vanjaar sy 75ste bestaansjaar vier.
Hul nuutste lys wyne wat jy gerus vir die warmer somersdae kan aankoop, stop egter nie daar nie. Die bekendstelling van die Stellenbosch Hills Chenin Blanc 2020 en Stellenbosch Hills Sauvignon Blanc 2020, bring nou die witwyne beskikbaar, op vier te staan. Hulle sluit by die merkwaardige Sense of Place Anna Christina MCC 2018 en 1707 Reserve White 2019 aan, as dié wyne om nou in jou yskas en glas te hê.
Die nuwe vrystellings is beide deel van die reeks wat die uitdrukking van hul herkoms ten doel het. Die druiwe wat die Stellenbosch Hills-wyne produseer, is afkomstig vanaf plase in die wêreldbekende streek, wat bekend is vir sy ryk landbougrond se diversiteit en gematigde Meditereense klimaat.
Die Stellenbosch Hills Chenin Blanc 2020 is gemaak van druiwe wat in die Lynedoch-omgewing per hand geoes is. In die glas is dit van medium-styl, gebalanseerd en wys prominente vrugte karaktereienskappe met ’n tikkie suurlemoenskil en vars suur. Dit roep geure van grenadella, spanspek, groen appel en lietsjie op.
Dis ’n veelsydige wyn wat op sy beste vertoon as dit yskoud bedien word en kan met disse soos speseryagtige garnale, geroosterde vis, chicken à la king en pasta, geniet word.
Die Stellenbosch Hills Sauvignon Blanc 2020 is volrond en vars met ’n lemmetjieskil-suur. Op die neus is daar groenvry, appelliefies en soet spanspek. Die vrugtigheid rol oor na die tong, met skeutjies koejawel en aspersie.

Dis ook op sy beste as dit yskoud bedien word en heerlik op sy eie, of met geroosterde vis en ’n slaai trio van tamatie, vars basilie en mozzarella.
Die 1707 Reserve White 2019 is die huidige oesjaar wat van hierdie vlagskip-wyn beskikbaar is. Die 1707-reeks is net dit en ’n rooiwyn – elkeen verteenwoordig die beste vrug-keuse en wynmaak-tegnieke. Beide is vat-verouderd.

Die 2019 is elegant gebalanseerd en bestaan uit ’n versnit van 70% Chardonnay, 20% Semillon en 10% Viognier. Op die neus is steenvrug, heuning, sitrus en vanielje eikehout-speserye terwyl dit dans met lewendige sitrusvrug en ’n vars suur op die tong.
Al die versnit se komponente kom van een produsent in die Stellenbosch Kloof-area, wat bekend is vir sy ideale klimaat en vrugbare grond. Elke komponent is apart in die kelder hanteer, voor dit versny is. Slegs 3 000 bottels is produseer.
Die wyn is die ideale pasmaat vir oesters, soesjie, viskerrie, mosselsop, risotto, geroosterde hoender en roombasis-disse.
Net so wonderlik met kos of op sy eie, is die 2018 Anna Christina MCC, wat die viertal afrond en die wynkelder se geskiedenis uitlig. Hierdie enkel-wingerd Cap Classique is deel van Stellenbosch Hills se vlagskip, die Sense of Place-reeks.
Die portefeulje is aan die beste wat die wynkelder kan produseer, toegewy. Elke wyn is in beperkte hoeveelhede beskikbaar.
Die elegante 2018 Anna Christina vonkel is vernoem na die oudste dogter van die bekende Stellenbosse wyn-pionier, Antonie Vlotman. Vlotman is die stigter van die Vlottenburg wynplaas, wat vandag die tuiste is van Stellenbosch Hills. Die Vlottenburgkelder is in 1945 gestig en het in 2003 sy naam na Stellenbosch Hills verander.
Die vrugte vir die Cap Classique is met die hand gepluk en met ’n pneumatiese pars afgedruk, wat die delikate onttrekking van die beste sap toelaat. Hierdie eerste en huidige oesjaar is toe in die tradisionele Franse sjampanje-metode gemaak en het 15 maande op die gis deurgebring.
Dis die perfekte wyn om die somermaande in te wag en een waarsonder geen wynversameling kan wees nie.
Die wyne is by die kelder se proelokaal en webwerf beskikbaar, of vra daarna by eksklusiewe wynwinkels en restaurante regoor die land. Die Stellenbosch Hills Chenin Blanc 2020 kos R55; die Stellenbosch Hills Sauvignon Blanc 2020, vir R65; die Anna Christina MCC 2018, vir R195 en die 1707 Reserve White 2019, vir R135.
Besoek www.stellenbosch-hills.co.za vir meer inligting; bel 021 881 3828/9 of epos info@stellenbosch-hills.co.za.
Deel al jou #StellenboschHills proe-oomblikke op Facebook (https://www.facebook.com/StellenboschHills/), Twitter @STBHills en Instagram @stellenbosch_hills.

Die Stellenbosch Hills proelokaal is geleë op die hoek van die R310 en Vlottenburgpad, naby Stellenbosch. Die proelokaal is van Maandag tot Vrydag van 09h00-17h00 en Saterdag van 10h00-15h00 oop. Dis gesluit op Sondag en openbare vakansiedae.

About author

Articles

Short bio on DEKAT here...
Related posts
Bon VivantFood & travelReisSport

THE VALUE OF SPORT SUPPORTING SAILING EXCELLENCE – PAST, PRESENT AND FUTURE

SUPPORTING SAILING EXCELLENCE – PAST, PRESENT AND FUTURE The continuing viability of any sport…
Read more
Food & travelPromosies

Win with Musgrave Spirits & DEKAT

Musgrave Spirits and DEKAT will be giving 5 lucky website visitors each a Musgrave spirits hamper to…
Read more
Food & travelKos

A Culinary experience with Chef Reuben Riffel

Celebrity Chef, and Restauranteur, Chef Reuben Riffel has partnered with Mastercard to give…
Read more
Newsletter
Become a Trendsetter

Sign up for DEKAT's newsletter and get the best of DEKAT, tailored for you.