
SPEK EN EIER-ROOMYS
Yield:
6
Prep Time:
30 minutes
Cook Time:
1 hour
Dié gereg was nog
altyd een van my gunstelinge, oorspronklik van die Fat Duck in Londen. Beslis ’n gereg wat die tonge laat klap.
Ingredients
Roomysbasis
- 400 g ingesoute gerookte rugspek
- 1 liter volroommelk
- 30 g melkpoeier
- 24 groot eiergele
Om op te dien
- Bros soldaatjies
- Geklaarde botter
- 1 brioche, korsies verwyder, in soldaatjies gesny (1,5 x 1,5 x 5 cm)
- 120 g Strooisuiker
- 6 medium eiers
- deeg afvalstukkies of stukkies deeg om gaatjies toe te stop
- 400 g droëys
- Lemoenmarmalade
Instructions
- Vir die roomysbasis, voorverhit die oondrooster tot hoog. Plaas die spekrepe op ’n bakplaat gevoer met bakpapier en plaas onder rooster vir 5-7 minute tot bros.
- Wanneer spek gaar is, plaas op kombuispapier en sny in repies. Plaas in ’n bak en giet die melk oor plaas dan in yskas oornag om te trek.
- Die volgende dag giet die melk en spek in ’n kastrol en voeg melkpoeier by. Plaas oor medium hitte tot ’n stadige prut. Verwyder van hitte.
- Klits intussen eiergele en suiker saam met ’n mengstok. Meng eiermengsel met die warm melk en spek en plaas kastrol weer op stoof. Verhit vloeistof tot 85 °C.
- Wanneer temperatuur bereik is, verwyder kastrol van hitte en dreineer roomysmengsel deur ’n fyn sif in ’n skoon houer wat oor ys geplaas is, deur die vla deur te druk met die rugkant van ’n lepel.
- Smelt ’n eetlepel geklaarde botter in ’n kleefvrye pan oor medium hitte om bros soldaatjies te berei. Voeg van die soldaatjies by en bak alkante, verwyder en dreineer vet op kombuispapier. Herhaal soos benodig om oorblywende soldaatjies te braai.
- Maak pan goed skoon en plaas oor medium-hoë hitte. Strooi genoeg suiker om bodem van pan te bedek en laat smelt.
- Sodra die suiker heeltemal gesmelt en gekaramelliseer het, voeg van die soldaatjies by, nie meer as 4 of 5 gelyk nie. Draai om met knypers sodat alkante bedek is, wees versigtig om nie aan die suiker te raak nie, dis baie warm. Sodra hulle alkante bedek is, verwyder soldaatjies uit die pan en plaas op silikoonmat om te verkoel. Herhaal soos benodig, maar maak pan deeglik skoon na elke keer.
- Om roomys te bedien, gebruik ’n dik naald of eierpons om ’n gaatjie in die bo- en onderkant van die eiers te maak en blaas die inhoud versigtig uit. Spoel doppe af in koue water en plaas in kookwater vir 45 minute om hulle te steriliseer. Verwyder
laat afkoel en stop een gaatjie in elke eier toe met deeg. Gebruik ’n spuit en
vul die eierdoppe met die roomysbasis. Stop die ander gaatjie toe met deeg en
hou in yskas tot benodig.
Notes
Om op te dien,
maak die roomys voor jou gaste deur ’n eier gevul met die basis oop te breek in
’n kastrol en van die droëys by te voeg en deurentyd te meng totdat die roomys
gevorm is. Dit neem sowat 1 minuut en dit sal soos roereiers lyk. Plaas in ’n
bakkie, voeg ’n teelepel lemoenmarmelade bo-op die roomys by, plaas ’n skyfie
gekristalliseerde spek bo-op en bedien die bros soldaatjies daarby.