ROOI-UISKUPLE MET GESMELTE CAMEMBERT-KAAS EN MUSTÉRION CRAFT TRUFFLE MET SWART KNOFFEL EN CREMEZOLA KAAS EMULSIE

ROOI-UISKUPLE MET GESMELTE CAMEMBERT-KAAS EN MUSTÉRION CRAFT TRUFFLE MET SWART KNOFFEL EN CREMEZOLA KAAS EMULSIE

Yield: 6
Prep Time: 30 minutes
Cook Time: 1 hour

Hierdie voorgereg is kuns op jou bord.

Ingredients

Rooi-uiskulpe met camembert-kaas en Mustérion Craft Truffle:

  • 1 rooi ui, ongeskil
  • 1 mediumgrootte camembert-kaas, verkoel
  • 30ml Mustérion Craft Truffle, gemikrorasper

Swart-knoffel en cremezola-kaasemulsie

  • 45ml ekstra fynfilteerde olyfolie
  • 1 gefermenteerde swart-knoffelbol, in huisjes verdeel en geskil
  • 30ml room
  • 50g cremezola-kaas
  • 20ml vino cotto
  • 15ml eetbare houtskoolpoeier (vir 'n egalige swart kleur)

Instructions

Rooi-uiskulpe met camembert-kaas en Mustérion Craft Truffles:

  1. Rooster rooi-ui direk in die kole. Dit neem sowat 30 minute tot dit sag is.
  2. Laat afkoel tot hanteerbaar.
  3. Halveer die ui vertikaal en verwyder die bros skil.
  4. Skil die ui laag vir laag af om sodoende holvormige ui-skulpe te verkry.
  5. Hou skulpe eenkant.
  6. Sny die camembert-kaas horisontaal in deursnee in twee ewe groot rondtes.
  7. Sprinkel die helfte van die truffelskaafsels gelyk oor een helfte van die kaas.
  8. Plaas die ander helfte van die kaas terug bo-op.
  9. Plaas kaas in ’n vuurvaste pannetjie.
  10. Sprinkel die res van die truffelskaafsels gelyk oor die boonste helfte van die kaas.
  11. Plaas die pannetjie op rooster bo-oor warm kole en smelt die kaas.
  12. Hou matig warm.

Swart-knoffel en cremezola-kaasemulsie

  1. Plaas die knoffel in ’n voedselverwerker terwyl die lem beweeg.
  2. Voeg die vino cotto stadig by, gevolg deur die room, slegs 5 ml op ’n keer. Sodoende
    kan ’n emulsie vorm.
  3. Voeg olyfolie geleidelik en tydsaam by. Moenie bloot in ’n enkele skoot byvoeg nie.
  4. Voeg die cremezola-kaas by, gevolg deur die houtskoolpoeier.
  5. Skep die mengsel in ’n versierbuis met 5 mm spuitpunt en verkoel tot opdiening.
  6. Vul van die uiskulpe versigtig met die swart knoffel en cremezola-emulsie.

Notes

Vul van die uiskulpe met van die gesmelte camembert-Mustérion Craft
Truffle-mengsel.




Skip to Recipe