Ekstra spesiale kos-en-wynproe neem plaaslike lekker na ’n nuwe vlak

In September draai alles om herkoms en vanjaar neem Stellenbosch Hills jou terug na
joune, met ’n heerlike nuwe proe om die diverse Suid-Afrikaanse erfenis te vier.
Die land vier Erfenisdag tradisioneel op 24 September, maar Stellenbosch Hills sal
heelmaand trots die Saffa-hartsnoere roer. Die wynkelder is bekend vir sy onkonvensionele
kos-en-wynproeë en gedurende September bedien dit ’n unieke, ‘local is lekker’ fees, saam
met bekroonde wyne.
Dit maak nou nie saak of jy kief verkies bo lekker, awêh bo ngca nie, Stellenbosch Hills sal
jou en jou brasse amped hou hierdie seisoen!
Die Erfenis Kos-en-Wynproe is in samewerking met die Private Hotel School in Stellenbosch
saamgestel en sluit ’n hele gros gunstelinge vir net R75pp in.
Eerste aan die beurt is die 1707 Reserve White 2018, ’n wyn wat Dubbelgoud ingepalm het
by die National Wine Challenge/Top 100 Suid-Afrikaanse wyne kompetisie.
Hierdie elegante, volronde wyn skitter met geure van steenvrugte, heuning, vars sitrus en
vanielje eike-speserye. Op die tong is dit elegant, ryk en vol tekstuur en word dit
gebalanseer deur borrelende sitrus en ’n vars suur.
Dit word in perfekte harmonie met die Kaaps-Maleise pekelvis en ’n sny bros,
knoffelgegeurde bruschetta, bedien.
Dan volg die volgende groot meneer: die 1707 Reserve Red 2015 – ’n Goue medalje by
Veritas 2017, is meer slegs een van sy vele toekennings. Die wyn is volrond en soomloos en
bars met geure van donker bessievrugte, sjokolade en ’n skeutjie swartpeper en sigaarboks
op die neus. Die is goed gebalanseerd met sappige, tog ferm, tanniene. Elke slukkie eindig
met ’n lang talmende nasmaak.
Hierdie kampioen-rooi skitter voortreflik saam met boerewors-geïnspireerde frikkadelle, wat
op ’n o-so heerlike tuisgemaakte tamatie-blatjang bedien word.
Die kersie op die koek vir hierdie proe, is die nimlike Stellenbosch Hills Muscat de Hambourg
2018 – die 30ste herdenking-oesjaar van hierdie veelsydige gunsteling.

Die wyn met sy pragtige sonsak-goue kleur, is ontploffend geurig met spookasem, gekookte
lekkers, roosblare en viooltjies op die neus. Op die tong is die elegant en pragtig
gebalanseerd, met wonderlike lengte en kompleksiteit.
Sy metgesel vir hierdie proe is die ewe geliefde staatmaker, die lemoen-malvapoeding wat
drup van die rooibostee-gegeurde crème anglaise.
Nou is jou kans om jou ware kleure te wys en boonop pret ook te hê!
Die Stellenbosch Hills Erfenis Kos-en-Wynproe word by die kelder se proelokaal aangebied
en is Maandag tot Vrydag van 09h00 tot 17h00; en Saterdag van 10h00 tot 15h00
beskikbaar.
Hierdie proe kan slegs op vooraf bespreking gedoen word, so gryp jou foon en bel.
Bespreek vir jou ’n proe, of nog beter, bring jou vriende saam, deur 021 881 3828/9 te bel of
stuur epos na info@stellenbosch-hills.co.za .
Vir meer inligting oor Stellenbosch Hills, besoek www.stellenbosch-hills.co.za , bel 021 881
3828/9 of epos info@stellenbosch-hills.co.za . Stellenbosch Hills is ook op Twitter as
@stbhills en Facebook.
Stellenbosch Hills is geleë op die hoek van die R310 en Vlottenburgpad, net buite
Stellenbosch.