DEKATvFeatured postHoofartikels

Plesierige ‘Dekat’ begin weer op SABC 2 wys

Elzilda Becker. (Foto: Merwlene van der Merwe)

’n “Eksentrieke mens of ses” wat in elke dorp woon, word in die derde seisoen van die joernaalprogram DEKAT op SABC2 belig.

Dit begin Woensdag.

“Ons wil dit plesierig vir kykers maak, want ’n mens ding mee met soveel visuele platforms,” sê Elzilda Becker, vervaardiger van DEKAT en uitgewer en redakteur van die voormalige gelyknamige tydskrif.

“Ons verfilm tans in die Berlyn-woud by Kaapsehoop in die Laeveld. En eintlik wil ek net lê op ’n lap en piekniek hou. Dis betowerend. Ons wil stories uit die verskillende streke van die land deel, want daar is soveel interessante mense van wie nie almal weet nie. Ons wil eg boheemse en omgewingstories vertel.”

Volgens Becker is die skeppende mense wat in dié seisoen van 13 episodes verskyn, deel van die bewaarders en kampvegters vir die kuste.

Die seisoen bestaan ook uit ’n nuwe toetskombuis vir kos-insetsels, en in elke boek- of musiek-insetsel het ’n kyker die kans om ’n produk te wen. Kuns-insetsels bestaan nie net uit onderhoude nie, ’n aktiwiteit of twee lê ook voor.

“Dit is belangrik dat ons aanbieders ook kenners in ’n paar velde is,” sê Becker.

“Dit sorg daarvoor dat ons voortdurend met nuwe stories vorendag kom wanneer ons om ’n tafel aan die reeks beplan.”

Die digter Francis Steyn Grobler sluit haar as aanbieder by die span aan. Die ander aanbieders is: Piet Matipa, hoofskrywer van die SABC2-sepie 7de Laan, die sanger Refentse, Fortunato Mazzone, ’n kos- en wynkenner van Pretoria, en Jawaahier Petersen, wat in die kykNET-sepie Suidooster te sien is. Gerard Scholtz is weer te sien, hoewel hy minder insetsels aanbied.

Marliza van den Berg en Niël Rademan tree as gasaanbieders op.

Elke episode bestaan uit vier insetsels.

“TV is ligter”, sê Becker. “Ons gee weer ‘n DEKAT-koffietafelboek uit, wat na verwagting in April uitgereik word. Dis meer aktueel. Mense soos Deon Maas en De Wet Potgieter het vir die boek bydraes gelewer.”

Die seisoen is vir 13 weke op die lug, waarna dit vir 13 weke onderbreek word en ’n volgende 13 episodes daarna aan die beurt kom.

DEKAT word Woensdae om 19:30 op SABC2 (DStv-kanaal 192) uitgesaai.

Soos oorspronklik geplaas op:

https://www.netwerk24.com/netwerk24/Kunste/TV/plesierige-dekat-begin-weer-op-sabc-2-wys-20220105

Piet Matipa

Refentse Morake. (Foto: Merwelene van der Merwe)

Jawaahier Petersen

Francis Steyn Grobler

About author

Articles

DEKAT is an award-winning lifestyle icon that celebrated its 35th birthday in 2020. Enjoyed by modern, free-thinking readers DEKAT is an award-winning lifestyle icon.
Related posts
Food & travelHoofartikels

Die Wêreld Wink

Na verwagting gaan Suid-Afrika sy eerste vroulike wynmeester (Master of Wine) van kleur binne die…
Read more
ArgieweHoofartikelsKultuur

Indië rammel in Afrika se antieke geskiedenis

Hierdie artikel het oorspronklik in die 2003 Somer uitgawe van DEKAT verskyn.  Ek het Ethiopië…
Read more
Featured postSake

SO, NOU KAN ONS MAAR JEANS DRA?

deur Kerry Morris, uitvoerende hoof, Tower Group Ek was ’n provinsiale swemmer. Lank voor…
Read more