Pasta met 'n Puttanescasous

Pasta met 'n Puttanescasous

Voorbereidingstyd: 30 minutes
Kooktyd: 1 hour
Total Time: 1 hour 30 minutes

Daar is allerlei verduidelikings hoekom die sous ’n puttanesca genoem word vertel Niehaus. ’n Putta is ’n sogenaamde vrou van die nag. Sy sê die verduideliking wat vir haar die beste werk, is dat die vroue in die rustyd tussen hul afsprake iets vinnig en gou moes maak om te eet en die hartlike sous vol geure was reg hiervoor. Sy het die sous haar eie gemaak deur die ansjovis te vervang met ’n blikkie sardientjies. Nou het dit nie so ’n sterk vis- of soutsmaak nie, en is eerder romerig en delikaat. Niehaus beveel aan dat so kwart tot halwe glas rooiwyn by die sous gegooi word.

Ingredients

  • 1 eetlepel olie (ekstra om later oor die gaar pasta te drup)
  • 2 vars tamaties in blokkies gesny
  • 1 brandrissie (chilli), fyngekap. Los gerus die saad in.
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 blik fyngekapte tamaties
  • 1 koppie tot 1½ koppie water
  • 2 teelepels kappertjiesaad (capers)
  • 1 blikkie sardientjies in olie
  • 8 tot 10 swart olywe – dié met pitte werk die beste
  • sout en peper na smaak

Instructions

  1. Verhit olie in pan.
  2. Roer die vars tamatieblokkies, brandrissie en knoffel daarby.
  3. Draai nou jou plaat na ’n stadige hitte. Voeg die geblikte tamaties, kappertjiesaad, sardientjies met sy olie (druk die heel sardyne met ’n houtlepel in fyn stukke) en sout en peper by en laat stadig prut.
  4. Sodra dit vir ’n paar minute geprut het, voeg die water en die rooiwyn by, indien jy dit wil bysit. Laat dit eenkant op die stoof prut tot ’n lekker dik sous vorm.
  5. Sny nou die olywe in stukke en gooi by.
  6. Sit ’n pot met water op en sodra dit kook, sit jou spaghetti in. Laat dit kook.
  7. Sodra die spaghetti ferm maar nie rou is nie, skep dit uit en voeg
    dadelik in die pan of pot met sous.

Notes

Skep die spaghetti net so uit die pot met ’n kombuis knypvurk oftewel “tongs”. Moenie deur ’n vergiettes gooi nie. So kom daar ’n goeie halwe koppie van die pastawater ook in jou pot. Meng alles goed deur en rasper ’n 20 maande oue beleë cheddar daaroor. Drup bietjie van jou gunsteling olyfolie oor. As die tamatie te suur is, kan ’n knypie bruinsuiker in die sous help.

Skip to Recipe