Opwindende nuwe gin rond Silver Creek Craft Distillery se tongkus trio af

Helder jou gunsteling gin-skemerkelkie hierdie somer op met die nuwe Prohibition Blue Gin; Silver Creek Craft Distillery se nuutste aanbieding. Hierdie treffende blou wonder het sy kleur te danke aan die blou-ertjie-blommetjie, wat beteken dit is 100% natuurlik en verkleur pienk, wanneer jy suurlemoen of tonikum byvoeg.

Prohibition Blue Gin word in klein hoeveelhede gemaak met infusies van jenewerbessie, sowel as koljander, suurlemoen, engelwortel, kaneel en ’n skeutjie rooswater. Die kwaliteit is van sulke uitstaande gehalte, dat dit die beoordelaars van die onlangse SA Woman’s Wine & Spirit Awards só beïndruk het, dat hulle ’n goue toekenning uitgedeel het.

Dit het maande geneem om die nuwe gin te ontwikkel, sê Silver Creek Craft Distillery se stigter en hoof distilleerder, Mark Taverner. “Ons het nou ’n perfekte gin – uitmuntend gebalanseerd – wat nie net ons bestaande reeks komplementeer nie, maar op sy eie voete kan staan; ongeag die geselskap of geleentheid.”

Die nuwe Prohibition Blue Gin sluit by ’n pienk- en kleurlose variasie in die veelsydige Silver Creek-gin-portefeulje aan. Met die bekendstelling van Prohibition Blue Gin, word jy uitgenooi om dit hierdie somer veel verder as ’n gewone G&T te waag: waarom probeer jy nie jou eie G&T granita nie? Kikker dit op met appels en tiemie; of geniet dit as ’n sopie met soete verleidings soos ’n suurlemoen-en-kardomomtert!

Prohibition Gins word net soos die distilleerdery se reeds bekende Moonshines, met die hand gemaak en van keurig-uitgesoekte graan tot ’n goeie kwaliteit spiritus gestook.

Prohibition Craft Gin is veelsydig en die inspirasie vir verskeie skemerkelkies. In jou glas vertoon dit vars, met ’n lewendige sitrus-ontploffing en jenewerbessie en ’n tikkie kaneel as basis. Prohibition Pink Gin is die kleurlose weergawe, wat verder spog met infusies van frambose en bloubessies, en ’n tikkie hibiskusblom en rooswater.

Wat die nuweling aanbetref, glo Mark is dit nie net sy blou kleur wat dit só aanloklik maak nie, maar ook dat dit pienk verkleur as mengeldrankies bygevoeg word. “Die pH-balans verander die kleur na ’n sprankelende pienk, wanneer dit in kontak kom met tonikum of suurlemoen.”

Hy voeg by dat die blou kleur 100% natuurlik is en daarom mettertyd heel moontlik sal vervaag, en beveel aan dat dit buite direkte sonlig; óf in ’n kas; óf yskas gestoor word. ’n Ander fassinerende feit oor die gebruik van die blou-ertjie-blom, is dat daar in tradisionele medisyne geglo word die blommetjie – Clitoria Tetnatea – is geslagsprikkelend en vol anti-oksidante, sowel as ander lewensverbeterende eienskappe.

In hierdie libertynse kinkel, sluit dit ook mooi by die erfenis van die Prohibisie-naam aan.

Prohibisie was ’n alkohol-verbod wat in die vroeë 1900’s meegebring is deur veldtogte van Amerika se ultra-konserwatiewe Temperance Movement. Die verbod het ’n vrugbare teelaarde vir die onwettige drankbedryf geword en daar is baie vermaaklike stories waar gins by maanlig gemaak is en lewendige ondergrondse fluister-kroeë hoogty gevier het.

Prohibisie het net vir 13 jaar geduur, nadat oorweldigende teenkanting dit beëindig het. Tot vandag toe nog, word hierdie doodsnikke in 1933, wêreldwyd gevier.

Silver Creek Craft Distillery het by dié vieringe aangesluit met hul Prohibition Gins wat deel is van die trotse tradisie waar alles met die hand gemaak word – van die fynmaak en distillering, tot die bottelering. Hierdie proses laat ruimte vir ekstra spesiale aandag en daarom word elke bottel deur die distilleerder geteken.

Prohibition Blue Gin word teen 43% ABV gebottel en is saam met die res van die Silver Creek Craft Distillery-reeks beskikbaar deur die aanlyn-winkel, Takealot.com en sal ook binnekort in al die groot kettingwinkels landswyd te koop wees.

Die voorgestelde kleinhandelprys is net R369/750ml bottel.

Besoek www.silvercreekdistillery.co.za vir meer inligting.

Word deel en ontgin die aanlyn-gesprekke oor Silver Creek Distillery en sy Prohibition Gin-trio, deur #silvercreekcraftdistillery en #ProhibitionGin te gebruik of vind hulle op Facebook, Instagram en Twitter deur @MoonDistillery.