ONDER DIE TEKEN VAN DIE SEKELMAAN

Vir eeue is die naam Isis in Afrika geassosieer met die Egiptiese godin Isis, wat siele na die onderwêreld gehelp het,
maar nou het Isis onheilspellende assosiasies met dood, verwoesting en fanatiese fundamentalisme, DE WET POTGIETER doen verslag.

HEMELSBROOD UIT KOEDOESPOORT

Hulle mag gewoon voorkom, maar hou hulle allermins met die alledaagse op in hul fabriek in Koedoespoort, Pretoria.

MICHÉLE MEYER  kuier in die twee wonderwerkers van Mustérion Craft Truffles se rare wêreld.

RADIKALE VERBEELDING VAN AFROFUTURISME

n Nuwe generasie kunstenaars omarmdie konsep van Afrofuturisme in verskeie genres, maar in Suid-Afrika het kunstenaars nog nie dieryk verbeeldingswêreld ten volle ontgin nie. JOHAN LIEBENBERG het dié veld ondersoek.

DIGKUNS UIT HOUT

Met vaardige vakmanskap maak die Suid-Afrikaner Alber Bekker

viole van internasionale standaard. MARTIE SWANEPOEL

het by hom in sy ateljee in Linden gaan kuier.

WAT IS IN 'N NAAM?

De Kat se blad of se balkon, waar lê die waarheid?

DAN SLEIGH gaan krap die waarheid oop.

VERDOEMENDE KANSELLEERKULTUUR

Sosiale media is ’n seën, maar ook ’n straf en om aan die verkeerde kant van Facebook-volgelinge

of die Twitterati te beland, kan die skandvlek op jou plaas en van jou ’n paria op alle gebiede maak.

JOHAN LIEBENBERG  en die DEKAT-span het die soeklig op dié hedendaagse tendens geplaas.

RUSLAND, ALASKA, PATAGONIË OF PRETORIA

Dit maak nie saak waar jy of jou geliefdes hulle bevind nie.

DEKAT is een kliek weg.

Lees ons, gesels met ons, ons is jou eksentrieke familie.

’n Kunstenaarspad vol klank en geskiedenis

Sy kuns is weelderig en ryk, sy woonplek eklekties en belaai met kuns. Francois Tiran is ’n veelkantige kunstenaar, mens en kunsmentor. MARLIZA VAN DEN BERG het hom in Oudtshoorn besoek.

’n Kunstenaarspad vol klank en geskiedenis

Sy kuns is weelderig en ryk, sy woonplek eklekties en belaai met kuns. Francois Tiran is ’n veelkantige kunstenaar, mens en kunsmentor. MARLIZA VAN DEN BERG het hom in Oudtshoorn besoek.

’n Kunstenaarspad vol klank en geskiedenis

Sy kuns is weelderig en ryk, sy woonplek eklekties en belaai met kuns. Francois Tiran is ’n veelkantige kunstenaar, mens en kunsmentor. MARLIZA VAN DEN BERG het hom in Oudtshoorn besoek.

’n Kunstenaarspad vol klank en geskiedenis

Photography

 

Sy kuns is weelderig en ryk, sy woonplek eklekties en belaai met kuns. Francois Tiran is ’n veelkantige kunstenaar, mens en kunsmentor. MARLIZA VAN DEN BERG het hom in Oudtshoorn besoek.

Sy kunstenaarspad het deur katedrale tot in die Klein-Karoo geloop. Hy beskryf homself as ’n “outsider”. Die “last man standing” van sy koffiedrinkgroep van vier vriende wat hy weekliks in die koffiewinkel oorkant die straat van sy huis ontmoet het. Die laatlamseun wat as vyfjarige kind die blaaie van die ou familie Bybel voos geblaai het. Verwonderd oor die mooi van die lyntekeninge daarin. Hy dink dis waar hy besef het kuns gaan sy lewe en loopbaan wees. Dit is steeds. Die songebleikte rooi deur in die klipmuur buite sy huis in Oudtshoorn, is meer as bloot die ingang na Francois Tiran se leef- en werkplek. Dit wys sy gunstelingkleur. ’n Kleur wat laag op laag lewend en kenmerkend van sy kuns is. Selfs die hortjies voor die vensters van sy sandsteenhuis net duskant Hoogstraat in dié Klein-Karoo dorp, is met ’n laag rooi verf bedek. Hy was 22 jaar lank kunsdosent wat studente die padkaart na hulle eie kreatiwiteit en kunswaardering gewys het. Tiran het hulle die sleutel gegee om hulle eie kunstenaarspad oop te sluit. Die afgelope 10 jaar skep hy voltyds sy eie kuns in die dorp waar sy voorgeslagte, destyds vanuit Frankryk, uiteindelik kom bly het.

 Kunsgeskiedenis is na aan sy hart. Hy gesels intens oor die weet en waardering daarvan wat hy, saam met sy oorlede vrou Susarah, in Europa oop gereis het. Hy het haar ontmoet in die tyd toe hy gereeld na die Kaapstadse Simfonieorkes in die Moederstad se stadsaal gaan luister het.

 Geskiedenis is van die belangrikste dinge wat hy vir studente wou leer. “As jy ’n skildery vir ’n kind wys, moet jy die geskiedenis daarvan vertel. Dit wys jou die wêreld wat die kunstenaar beïnvloed het om die beeld op die skilderdoek te skep.”

  Kosbare tyd in kunsmuseums en katedrale het vir hom ’n wêreld oopgesluit. “Lig wat deur die gekleurde glasvensters van die Notre Dame in Parys val, raak jou.” Om in Toledo in Spanje teen ’n steil trap op te klim en so vatbaar naby die oorspronklike werk van El Greco te kom dat jy die klam oë wat daaruit kyk, eerstehands kan sien.  Dis ’n verbysterende, blywende ervaring.”

 Hy is verknog aan lees en klassieke musiek. Die ligskakelaar van sy ateljee, geleë in ’n buitegebou in die hoek van sy groot erf, skakel ligte en musiek aan. Mozart en Beethoven. Een maal per jaar luister hy na die vollengte Beethoven Fantasia. “As ek nie huil nie, weet ek daar is fout met my. Dan moet ek dokter toe gaan.”

 Die ateljee se binnekant is volgepak en besig. Teen die een muur hang ’n klip wat hy in Frankryk opgetel het. Op ’n tafel is die houers van die klassieke CD’s wat klank gee aan binneruimte. ’n Voltooide werk pryk op ’n esel. ’n Werk geïnspireer deur die Italiaanse violis Paganini. “Sy lewe het my vir twee jaar gery totdat ek die skildery kon maak en vrede kry.

 “Daar is altyddeur goed wat in my kop maal. Ek sukkel nie om kreatief te wees nie. Daar is altyd ’n fokuspunt waarmee ek begin.” Die speel van die skaduwees van die akkerboomblare buite sy gunsteling koffiewinkel oorkant sy huis, sal so ’n beeld wees. “Van daardie beginpunt gaan ek net aan. Ek weet nooit wat die eindproduk gaan wees nie.” 

 Sy kuns word beskryf as abstrakte simbolisme. Die Karoo, die argitektuur van die volstruispaleise in sy tuisdorp, die warm kleure van die son en die veld en die skoon lug inspireer sy simbole. En vrouefigure. “Sy is die alomteenwoordige muse.”

 Sy kuns vertel ’n storie wat abstrak en ryk is. ’n Weelderige kleurespel. ’n Moderne tapisserie deurvleg met ’n liefde vir lees en klassieke klanke. Dinge wat laatnag die slaap laat wyk en na die verfkwas dryf as die lig skyn en die musiek speel.

In ’n ou sandsteenhuis in die Klein Karoo-dorp, Oudtshoorn, skep die kunstenaar Francois Tiran sy kunswerke. Hy was vir 22 jaar ’n kunsdosent wat vir verskeie aspirantkunstenaars die padkaart na kreatiwiteit, kunswaardering en die skep van hulle eie kuns gewys het. Sowat 10 jaar gelede het hy voltyds kunstenaar geword. Sy werk word beskryf as abstrakte simbolisme. Marliza gesels met Francois oor sy kuns, sy lewe as kunsdosent en die krag agter sy kreatiwiteit.