MURGBENE OOR DIE KOLE MET FYN MUSTÉRION CRAFT TRUFFLE OP GEROOSTERDE KNOFFEL-CIABATTA

MURGBENE OOR DIE KOLE MET FYN MUSTÉRION CRAFT TRUFFLE OP GEROOSTERDE KNOFFEL-CIABATTA

Yield: 6
Prep Time: 30 minutes
Cook Time: 1 hour

Het jy murg in jou pype vir hierdie eg Suid-Afrikaanse gunsteling?

Ingredients

  • 12 murgbene (dwarssnit)
  • 1 knoffelhuisie, in die lengte gehalveer
  • 1 ciabatta
  • 20 ml olyfolie

Instructions

  1. Week murgbene in water vir ’n uur.
  2. Verwyder enige stukkies oorskiet vleis. Geur albei oop kante met sout en peper.
  3. Maak ’n houtvuur vir kole. (Kameeldoring verleen ’n unieke geur.)
  4. Plaas murgbene op ’n rooster.
  5. Hoë temperatuur is ’n voorvereiste om die murgtekstuur en -geur perfek te kry.
  6. Braai oor warm kole vir 30 minute. Draai elke 5 minute sodat albei kante goudbruin word.
  7. Verhit oond tot 180  ֩C.
  8. Sny ciabatta in eweredige snye.
  9. Vryf elke sny brood met die gehalveerde knoffelhuisie en bestryk albei kante van elke sny met olyfolie.
  10. Plaas snye op ’n oondpan en plaas in warm oond.
  11. Draai die snye om tydens die roosterproses sodat brood bros braai aan albei kante.

Notes

Smeer warm murg op snye geroosterde ciabatta en besprinkel met fyn Mustérion Craft
Truffle skaafsels.

Skip to Recipe