Food & travel

Moeg vir die lewe in die stad?

 

Mhondoro Safari Lodge & Villa is in die Waterberg, so genoem vanweë al die warmwater- en minerale bronne wat jy daar sal kry.

Die Nederlandse eienaars het deeglik van die verpligte Covid-verposing gebruik gemaak om die 5-ster oord op te knap ter viering van hul vyfde verjaardag. Die oord, wat onlangs verskeie toekennings losgeslaan het in die 2020 Haute Grandeur Global Hotel-pryse, is in die Welgevonden Wildreservaat in Limpopo geleë waar jy die Groot Vyf kan sien, die sterrehemel kan bekyk van die sterdek af, in ses verhitte swembaddens reg deur die jaar kan ontspan of van al die ander geriewe gebruik kan maak.

Tydens die Covid-inperking is die badkamers herbeplan en verander, die dekke is vergroot en plonsbaddens vir alle suites ingerig.

In ooreenstemming met die eienaars Frank en Myriam Vogel se opvatting om die oord se koolstofvoetspoor te verklein is verskeie eko-vriendelike inisiatiewe ingevoer. Onder meer glashouers en waterbottels van staal sodat die gebruik van plastiek tot die minimum beperk kan word. Gaste meld aanlyn aan, en gebruik leerbeursies vir fooitjies om papier en koeverte te bespaar. Mhondoro herbenut alle glas, papier en plastiek wat by die oord gebruik word en het ’n onderneming met Nespresso om hul koffiesakkies en moer te herbenut.

Verder het Mhondoro het ’n gryswater filteerstelsel en ’n groot sonkraginstallasie van 620 sonpanele en batterye, wat die oord nou selfonderhoudend gemaak het wat betref elektrisiteitsvoorsiening.

Bykomend tot dit oord se 35 000 hektaar is twee plase van sowat 2 400 hektaar teenaan die Welgevonden-reservaat onlangs aangekoop en word hulle gerehabiliteer as beskermde gebiede, terwyl ’n gedeelte van een plaas opsygesit is om vars produkte vir die oord te kweek, ’n hoenderhok vir vars eier en ’n glashuis vir kruie en groente is gebou. Die surplus word aan die omliggende gemeenskappe geskenk.

Mhondoro het plek vir 24 gaste in twee luukse suites, ’n weelde suite met twee slaapkamers met en- suitebadkamers en ’n plonsbad, ’n luukse gesinsuite met twee en suite-badkamers nog ’n gesinsuite met gedeelde badkamer, ’n romantiese wittebroodsuite met ’n private plonsbad en uitkykdek met dagbed en ’n eksklusiewe villa met plek vir ses volwassenes.

 

Uniek is die versteekte ondergrondse uitkykplek by ’n watergat wat met ’n 65 m betontonnel met die hooflodge verbind is. Dan is daar ook nog ’n gim, infrarooi sauna en ’n spa met ’n private, buitenshuise spa, dek en bad. Begeleide staptoere is gewild onder gaste en so ook die daaglikse besoek van die trop olifante aan die watergat naby die hooflodge. Ander pluspunte is dat die oord minder as drie uur se ry van Johannesburg af is, dit is malariavry en ’n genot vir die fynproewer met ’n wonderlike mengsel van Afrika- en Europese invloede.

MHONDOROA SAFARI LODGE & VILLA

Tel: +27 87 150 2314
e-pos: res@mhondoro.com
www.mhondoro.com
https://twitter.com/MhondoroLodgewww.facebook.com/mhondorosafarilodgeandvilla

About author

Articles

Short bio on DEKAT here...
Related posts
BoekeBon VivantFood & travelLuxury produktePromosiesStyl

The LOUIS XIII Thesaurus, a timeless treasure

How does one quantify the work of generations of cellar masters spanning 147 years? Professor of…
Read more
Bon VivantFood & travelReisSport

THE VALUE OF SPORT SUPPORTING SAILING EXCELLENCE – PAST, PRESENT AND FUTURE

SUPPORTING SAILING EXCELLENCE – PAST, PRESENT AND FUTURE The continuing viability of any sport…
Read more
Food & travelKos

Stellenbosch Hills stel witwyne vir 2020 bekend

Viertal is mylpaal in wynkelder se 75ste bestaansjaar Stellenbosch Hills verwelkom die sonskyn en…
Read more
Newsletter
Become a Trendsetter

Sign up for DEKAT's newsletter and get the best of DEKAT, tailored for you.