Minder rommel, meer vonk
Immer aan die woeker om die pas aan te gee met innoverende, omgewingsvriendelike produkte, het die gaskoeldrankhandelsnaam, SodaStream, onlangs twee nuwe generasie-vonkelwaterapparate onder die naam Art en Terra in Suid-Afrika bekend gestel.

Photography
Dié PepsiCo-filiaal is die wêreld se toonaangewende vonkelwaterhandelsnaam, met ’n teenwoordigheid in 47 lande.
“Die bekendstelling van Art en Terra (aarde) getuig van SodaStream se voortgesette toewyding aan die omgewing en volhoubaarheid. Herwinning is net deel van die oplossing vir volhoubaarheid. As ons nie meer doen nie, sal ons oseane teen 2050 meer rommel as vis hê, ton vir ton.
ART en Terra maak dit nie net vir verbruikers moontlik om die gebruik van weggooibare plastiekbottels drasties te verminder nie; hulle kan meer dikwels vloeistof inneem en sodoende ’n gesonder lewe op ’n skoner planeet lei,” het dr Jacqui Carnelley, hoofbestuurder van SodaStream SA by dié geleentheid in Bryanston, Gauteng gesê.
“ ʼn Mens is op die regte tyd en plek, straks heel toevallig, maar jy láát ook dinge gebeur. Mens moet besef dat wanneer ʼn geleentheid opduik, jy dit moet benut, anders gaan dit verlore. Jy sit byvoorbeeld voor iemand en voer ʼn informele gesprek, maar in der waarheid is dit ʼn massiewe geleentheid.”
Volgens haar beplan die maatskappy om van tyd tot tyd met nóg opwindende en vernuwende produkte ten bate van volhoubaarheid en die omgewing vorendag te kom.
In pas met die stylvolle nuwe ontwerp van die twee nuwe gaswaterapparate, het die bekendstellingsgeleentheid by die bekroonde chef, Wandile Mabaso, se restaurant, Les Créatifs, in Bryanston plaasgevind, waar ewe ‘kunstige’ versnapperings bedien is en hy meer oor sy internasionale loopbaan as chef vertel het.
Carnelley beskryf Art as ’n hoëgehalte- moderne apparaat met ’n kenmerkende ‘retro’-voorkoms en gevoel wat sy stempel in enige kombuis afdruk. Dit is ook die enigste vonkelwatermaker met ’n koolstofhefboom wat verbruikers in staat stel om ’n drankie reg na hul smaak en styl te maak.
Terra is ’n opgegradeerde weergawe van SodaStream se gewilde Spirit-model en spog met ’n pragtige kombinasie van teksture, glans- en matafwerking. Daarbenewens maak Terra se breër koolstofhefboom koolstofvorming makliker.
Sowel ART as Terra het reeds hul staal getoon in die internasionale ontwerpbedryf deur elk ’n prestigeryke GOOD DESIGN®-toekenning te verower. Dié toekenning wil bewustheid skep van eietydse ontwerp ter ere van produkte én bedryfsleiers in ontwerp en vervaardiging wat nuwe weë gebaan het vir innovasie en mededingende produkte in die wêreldmark.
Daarbenewens het ART ’n bronstoekenning by die gesaghebbende Spark-toekennings vir ontwerp verower, terwyl albei apparate se beginnerspakke ook deur die Carbon Trust (Koolstoftrust) gesertifiseer is as bewys van SodaStream se volgehoue toewyding aan die omgewing en volhoubaarheid deur koolsuurgas te verminder.
Nog ’n bonus is die innoverende tegnologie wat die gassilinder met net een klik aan die apparaat heg, wat dit besonder gebruikersvriendelik maak, terwyl die plastiekbottels wat oor en oor gebruik kan word én in ’n skottelgoedwasser gewas kan word, verbruikers in staat stel om waterverbruik te verminder.
-EINDE-

.
