MERINGUE

Genoeg vir 8-10

Ingredients

  • 150 ml ongesoute aquafaba
  • 1 teelepel (5 ml) kremetart
  • ½ teelepel (2,5 ml) vanielje-ekstrak (opsioneel)
  • 200 g strooisuiker

Instructions

    1. Verhit die oond tot 100 ºC. Plaas die aquafaba in ’n groot bak en gebruik ’n elektriese
      handklitser om dit vir 2 minute teen ’n lae spoed te klits tot skuimerig. Verhoog die spoed
      tot medium of hoog.
    2. Ná nog omtrent 2 minute behoort die skuimerige mengsel dikker te raak. Voeg die
      kremetart en vanielje by, indien jy dit gebruik. Dit behoort sagte punte te begin vorm. Begin
      nou 2 eetlepels suiker op ’n slag byvoeg – as al die suiker by is, behoort jy ’n sysagte
      meringue te hê wat stywe punte vorm.
    3. Plaas jou spuitsak in ’n groot bierglas sodat jy dit maklik kan vul, en voer 2 bakplate met
      bakpapier uit. Spuit twee ronde sirkels meringue en sit dit in die oond. Bak die meringues vir
      90 minute sonder om die oonddeur oop te maak. Skakel die oond af, maar los die
      meringues binne om af te koel (met die oonddeur nog toe).

Skip to Recipe