MAROKKAANSE KOFFIEBEESFILLET

MAROKKAANSE KOFFIEBEESFILLET

Yield: 4
Voorbereidingstyd: 30 minutes
Kooktyd: 1 hour
Total Time: 1 hour 30 minutes

Ingredients

  • 4 beesfiletskywe van 150 g elk
  • 30 ml olyfolie
  • 1 t sout
  • 1 t suurlemoenpeper
  • ½ k espressokoffiebone
  • 1 E kaneelpoeier
  • 1 naeltjie
  • 3 kardemompeule
  • ¼ t neutmuskaat
  • 2 E botter of vet
  • 3 tiemietakkies
  • 1 knoffelhuisie, geskil

Instructions

  1. Berei die beesfilet voor deur die skywe te bedruip met olie en dan te geur met sout en die suurlemoenpeper. Vryf hulle deeglik en sit eenkant tot later.
  2. Maal die koffiebone, kaneel, naeltjie,
    kardemom en neutmuskaat saam in ’n voedselverwerker of koffiemeule.
  3. Daar is 2 maniere om nou voort te gaan
    Opsie 1:
    Maak vir jouself ’n lekker sterk geurige koppie koffie deur 4 eetlepels koffiepoeier te meng met 200 ml kookwater in ’n koffiepers. Neem die geure in en drink rustig. Gebruik die moer van die koffie in die stappe wat volg.
    Opsie 2:
    Gebruik die koffiepoeier dadelik in die stappe wat volg. Die gemaalde koffie gee ’n baie sterker smaak aan die beesfilet.
    Gooi die gemaalde koffie in ’n bak en rol
    die beesfilette in die koffiemengsel tot heeltemal bedek.
  4. Plaas ’n pan oor medium hitte en wag tot die
    pan heeltemal warm is. Dis belangrik dat die filet gebraai en nie gekook woord nie.
  5. Sodra die pan lekker warm is, voeg die botter, knoffel en tiemietakkies in die pan en plaas dan die beesfilette in die pan.
  6. Braai vir 5 minute aan elke kant, bedruip die filette met die botter soos al die Franse sjefs doen.
  7. Bedien met die geroosterde artisjokke.
Skip to Recipe