Johan Liebenberg

Libertaskoor lewer virtuele konsert ten bate kwesbare gemeenskappe

Die bekroonde Libertaskoor onder leiding van Johan de Villiers, hou op Saterdag, 11 Julie, ’n lewendige virtuele uitvoering wat nie net die wyer publiek die geleentheid gaan bied om dié 60-minute vertoning in die gerief van hul huise te geniet nie, maar ook om ʼn bydrae te maak tot kwesbare gemeenskappe tydens die COVID-19 pandemie.

Volgens Gillian Arendse, seremoniemeester van die koor, beloof die Libertaskoor se uitvoering van opgewekte ikoniese Suid-Afrikaanse liedjies asook solo-uitvoerings, om kaartjiehouers se harte warm te laat klop.

Dit is die eerste van drie geleenthede wat in samewerking met Visit Stellenbosch, amptelike toerisme- en inligtingsorganisasie vir Stellenbosch, as Stellenbosch on Stage – ’n inisiatief vir eenheid en solidariteit – aangebied word. Alle opbrengste is ten bate van Stellenbosch Unite, ’n samewerkingsinisiatief ter ondersteuning van bogenoemde gemeenskappe.

“Stellenbosch Unite is ’n bewys van wat bereik kan word wanneer ’n dorp saamstaan om medeburgers te ondersteun,” sê Jeanneret Momberg, bestuurder van Visit Stellenbosch. “Ons gaan nog lank die gevolge van COVID-19 voel, maar dit is duidelik dat die Stellenbosch-gemeenskap gereed is om mekaar nou – en ná die pandemie – by te staan.”

Suid-Afrikaanse kaartjiehouers kan benewens die konsertkaartjies, Stellenbosch verder ondersteun deur wyn van die streek se top-produsente te bestel. Hulle kan ook hul welwillendheid teenoor plaaslike ondernemings betoon deur wegneem-geregte van een van die dorp se fynproewer-restaurante te bestel.

’n Trots Stellenbosch ses-bottel wynboks is uitgesoek en kan voor die vertoning bestel word as ’n byvoeging tot elke konsertkaartjie. Die spesiale bokse Trots Stellenbosch-wyne is in drie opsies beskikbaar: witwyn teen R670/boks; rooi teen R770/boks en gemengde bokse teen R720/elk. Bokse word gepak met ’n nie-spesifieke samestelling van ’n wye reeks van die streek se top-produsente. ’n Klein geskenkie word ingesluit ter ondersteuning van ’n plaaslike onderneming. Wynaflewering in Stellenbosch is by die prys ingesluit en kos R50 vir bestellings van elders.

  • Kaartjies vir die konsert kos R100 en is nou beskikbaar by Computicket, met die opsie om die Trots Stellenbosch wynboks by jou transaksie te voeg. Wanneer die kaartjies uitgereik is, sal kykers besonderhede ontvang hoe om toegang tot Computicket se video-op-aanvraag-platform te verkry, waar die vertoning uitgesaai sal word en vir sewe dae gekyk kan word.
  • Die twee konserte wat kort op die hakke van die Libertaskoor se uitvoering gaan volg, sal deur  Visit Stellenbosch deur onder meer sy sosiale media platforms bekend gemaak word. Volg die organisasie op Twitter (@VisitStellies); Facebook (@visitStellenbosch) en Instagram (@visitstellenboschnow). Stuur ʼn e-pos aan info@visitstellenbosch.org of bel 021 886 4310 vir meer inligting.

About author

Articles

Short bio on DEKAT here...
Related posts
Johan Liebenberg

Centuries pass by between the seed of an oak tree to the drop of LOUIS XIII

At LOUIS XIII time is the raw material, says cellar master Baptiste Loiseau. “From the seed of the…
Read more
Johan Liebenberg

‘New reality’ challenges restaurant industry to reinvent itself

Although South Africans were generally elated about the news that, after three months of lockdown…
Read more
Johan LiebenbergSake

Top South African brands could lose over R65 billion from COVID-19

As the COVID-19 pandemic wreaks havoc on the global and national economy, South Africa’s top 50…
Read more
Newsletter
Become a Trendsetter

Sign up for DEKAT's newsletter and get the best of DEKAT, tailored for you.