Bon VivantKultuurKunsSkrywers

Hessequa Harmonie Musiek en Woordkunsfees

Die klassieke musiek en Woordkunsfees, sal in September 2020 plaasvind in die historiese dorp Heidelberg in die Suid-Kaap. En nee, dit gaan nie ‘n digitale fees wees nie.

Die fees het ‘n ritme en ‘n gehoor opgebou oor die afgelope 3 jaar. Hulle het reeds 3 (en in Augustus die 4de) kuberkonsert as opbou tot die fees met o.a. die konsertpianis Nina Schumann aangebied in samewerking met Concerts Connect. Die plattelandse gehore is honger vir tasbare uit en opvoerings, al is dit piepklein aanbiedings. Die jaar fokus die fees daarop om die lewe vir mense – binne omstandighede – mooi en mooier te maak. Al is dit net vir ‘n uur of wat.

Die idee vir ‘n kunstefees in die kontrei is gebore en dadelik ontwikkel in 2018 toe Niël Rademan as hoof van die Suidoosterfees uitgetree het. Hy wou teruggee aan sy geboortedorp. Hy wou werk en wees in die plek wat hom gemaak en gevorm het. September 2018 was die eerste jaar. 2019 het hulle verwagtige oortref, en 2020 – jaar 3 – gaan die jaar wees van intieme gehore en hoë kwaliteit musiek en woordkuns.

Die area is ryk aan literêre en verwante artistieke geskiedenis en daarom is die streek ideaal om ’n fees gefokus op klassieke musiek en woordkuns aan te bied. Die projek fokus ook op die krag van inklusiwiteit wat die kunste in ‘n vreemde tyd in Suid-Afrika kan en behoort te speel.

Die fees beoog om ’n inklusiewe klassieke musiekprojek aan te bied wat vir beide klassieke musici en gehore geleenthede skep en om die ryke kultuurskatkis van die Hessequa te vier en om ‘n groter liefde en bewustheid van klassieke musiek in hierdie gebied te koester en uit te bou.

Mense het ‘n behoefte aan behoort, aan uitkom, om te gesels, om iets moois saam met mekaar te beleef, al is dit in klein groepe onder veilige, wettige, beheerde omstandighede. Geen kunstenaar kan sonder ‘n bietjie applous voortgaan nie. Sonder inkomste kan die kunstenaar nie leef nie, maar sonder applous kan hul nie oorleef nie. Die fees word onder die voorgestelde maatreels van die RSA aangebied. Regte afstand tussen mense in die betrokke restaurant van aanbieding, gesaniteerd van kroon tot toon en gemasker. Dis nie ‘n totale pre-Covid-fees nie, maar wel ‘n maskerade in die kleine. Met slegs vonkelwater in die glase wat wel sal klingel.

Heidelberg in die hart van die Hessequa is naby aan omliggende dorpe Witsand, Riversdal, Stilbaai, Jongensfontein, Albertinia en Swellendam. Hessequa is die area in die Wes-Kaap wat strek vanaf die weste van die Breërivier tot die ooste van die Gouritsrivier. Die naam, Hessequa, beteken “mense van die bome”, wat direk verwys na ’n inheemse Khoisan-groep wat eens hier gewoon het.

COVID-19 maatreëls tydens die fees: Sanitasie van hande voor en na alle aanbiedings. Die meet van koors van alle mense binne die lokale: kunstenaars, personeel en die publiek. Die inteken met alle besonderhede van elke persoon wat die betrokke lokaal binnekom. Die dra van ‘n masker is verpligtend vir alle persone, behalwe die kunstenaar op die verhoog.

 

 

About author

Articles

Short bio on DEKAT here...
Related posts
CalendarEventsKultuurMusic

Betowerende 'Klassiek Piekniek' by Taalmonument

Geliefde musikante se talentklanke gaan beïndruk Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) speel…
Read more
Bon VivantStyl

It’s all in the name - Mooikrans Venue and Garden

Riaan and Adri, owners of Mooikrans Venue and Garden had a vision – to create an environment…
Read more
BoekeSkrywers

Inspiration for life and business

A new book entitled Sheep Will Never Rule the World, which launched this year, will teach you how to…
Read more
Newsletter
Become a Trendsetter

Sign up for DEKAT's newsletter and get the best of DEKAT, tailored for you.