
GRYS PLATBROOD MET KASJOENEUTPESTO EN BOKMELKKAAS
Yield:
6
Prep Time:
30 minutes
Cook Time:
1 hour
Ingredients
Platbrood
- 1 x 10g kitsgis
- 15g wit suiker
- 310ml water teen kamertemperatuur
- 500g wit broodmeel
- 1 t sout
- 1 E Dukkah
- ½ blik kekerertjies. Was draineer en druk plat met 'n vurk.
- 1 E geaktiveerde houtskool (Detoxinol)
Kasjoeneutpesto (maak 250ml)
- 100g you kasjoeneute geweek in water vir 12 - 24 uur.
- 40g vars basiliekruid
- 40g parmesaankaas
- 60ml olyfolie
Garnering
- Balsamiese reduksie
- Bokmelkkaas
- Vars kruie
Instructions
- Gooi die water in maatbeker en voeg dan die gis en wit suiker by. Roer tot die gis gemeng
is met die water. Laat die mengsel ontwikkel vir so 5-6 minute. Die gis sal
liggies begin borrel en ’n skuimlaag vorm. - Meng die meel, kekerertjies, Dukkah en sout in ’n groot mengbak. Voeg die gismengsel
by en roer dan met ’n lepel tot ’n deeg vorm. - Plaas die deeg op ’n werkoppervlak wat liggies bestrooi is met meel en begin om die deeg
te knie. Voeg nou die geaktiveerde houtskool by en knie vir ’n verdere
2-3 minute. Die houtskoolpoeier is geneig om orals heen te spat, maar moenie
skrik as dit gebeur nie. Die deeg sal teen dié tyd grys wees met ’n mooi marmereffek. - Vorm die deeg in ’n langwerpige worsvorm en deel dan eweredig in 6-8 stukke. Hoe
kleiner die stukkies hoe meer broodjies sal jy kry. - Gebruik jou hande om elke stukkie te druk en trek om ’n plat broodjie te vorm. Die
broodjies hoef glad nie eenvormig te wees nie. - Verhit ’n pan oor medium hitte. Voeg 1 eetlepel sonneblomolie of varkvet ’n die pan
en braai dan die broodjies vir 2 minute aan elke kant. Hou die plaat dop en
verstel die hitte soos nodig om die broodjies gaar te kry sonder om hulle te
brand. As die olie opraak, gooi nog ’n eetlepel
by.
Kasjoeneutpesto
- Dreineer die kasjoeneute en plaas in ’n voedselverwerker.
- Voeg die basiliekruid, parmesaan en olyfolie by en meng kap tot romerig.
- Smeer op die platbrood en strooi bokmelkkaas oor.
- Garneer met vars kruie en ekstra olyfolie.