GEKRUIDE GEPOSJEERDE PERE IN ROOIWYN MET GOUD

GEKRUIDE GEPOSJEERDE PERE IN ROOIWYN MET GOUD

Yield: 6
Prep Time: 30 minutes
Cook Time: 1 hour

Ingredients

  • 500 ml (2 koppies) droë rooiwyn
  • 2 heel steranys
  • 2 x 7 cm kaneelstokkies
  • 1 t vanilla-ekstrak
  • 100 g wit suiker
  • 1-2 velletjies eetbare goud
  • Goue poeier
  • Roosmalva
  • Swart peperment
  • 1-2 E mascarponekaas per peer

Instructions

  1. Kombineer die wyn, suiker, steranys, kaneel en vanilla-ekstrak in ’n kastrol oor medium hitte. 
  2. Voeg die pere by en bring tot kookpunt. Verlaag hitte tot prut en laat die pere stadig posjeer vir ’n uur tot sag. Gebruik ’n kastrol waarin die pere tot en met die helfte bedek is.
  3. Verwyder die pere na ’n uur en plaas in ’n bak of bord om later te gebruik.
  4. Voeg die suiker, roosmalva en swart peperment by die wynmengsel en kook vir 10 minute om ’n soet stropie te maak.
  5. Meng die mascarpone met goue poeier en sit eenkant om later te gebruik vir opdiening.
  6. Om die peer steeltjies in goud toe te draai:
    Gebruik ’n klein kwassie en verf die stele van die pere met bietjie stroop
    of eetbare gom. Draai dit versigtig toe in die bladgoud en druk saggies met die kwassie omenige lug uit te druk.
  7. Berei ’n mooi bord voor en skep 1-2 eetlepels mascarpone op die bord. Bestrooi met die goue poeier en laat die peer rus op die mascarpone. Bedruip met die rooiwynstroop.
Skip to Recipe