GEKARAMELLISSEERDE PEER EN CREMEZOLA-KAASSOP MET MUSTÉRION CRAFT TRUFFLES

GEKARAMELLISSEERDE PEER EN CREMEZOLA-KAASSOP MET MUSTÉRION CRAFT TRUFFLES

Yield: 6
Prep Time: 30 minutes
Cook Time: 1 hour

Die voorgereg wat alles daarna oorskadu.

Ingredients

Gekaramelliseerde peer en cremezola-kaassop:

  • 30ml botter
  • 6 ryp pere, geskil, ontkern en in stukke gesny
  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies
  • 750ml hoenderaftreksel
  • 250g cremezola-kaas
  • 125ml dubbelroom

Garnering:

  • 15ml Mustérion Craft Truffle, gemikrorasper
  • Dun snye peer

Instructions

  1. Smelt botter in ’n groot kastrol oor medium hitte tot dit begin borrel.
  2. Voeg peerstukke by en roer aanhoudend tot sag en ligbruin. (Indien die pan nie baie groot is nie, verdeel die vrugte en herhaal die stap liefs sodat pere nie stoom in plaas van karamelliseer nie.)
  3. Voeg ui by en braai tot sag.
  4. Voeg knoffel by en braai vir 60 sekondes.
  5. Voeg aftreksel, room en aartappel by en bring tot kookpunt. Laat die mengsel 5-10 minute liggies kook, roer deurentyd.
  6. Puree die mengsel in ’n voedselverwerker of met ’n elektriese mengstaaf.
  7. Skakel die hitte af, giet die mengsel terug in die kastrol. Meng die cremezola-kaas in deur klein hoeveelhede op ’n keer by te voeg en in die mengsel te laat smelt.
  8. Garneer met dun skyfies peer en truffelskaafsels.



Skip to Recipe