Delheim Oesfees 2020

Loading Events

Vier Moeder Natuur se gawes op hierdie gewilde familiedag

 

Sluit op Saterdag 25 Januarie by Delheim Landgoed aan vir die jaarlikse feesvieringe van
Moeder Natuur se gawes, by dié bekroonde Stellenbosch wynkelder se Oesfees.
Die fees is ’n wynkalender-hoogtepunt en dié geleentheid waar gesinne ’n ontspanne dag
kan deurbring met goeie kos en wyn, asook vate vol pret in die wingerde. Kaartjiehouers
ondersteun terselftertyd ’n goeie saak, met ’n gedeelte van elke kaartjie wat geskenk word
aan die Pebbles Project, ’n nie-winsbejag organisasie wat kinders en hul families van die
Wynlandse plaasgemeenskappe in die Wes-Kaap, se lewens verryk.
Die 2020 Delheim Oesfees beloof weer vermaak uit die boonste rakke, wat natuurlik nie
volledig sal wees sonder die gewilde druiwe-pluk-en-trap-kompetisie. Daar is lekker musiek,
trekkerritte en oorgenoeg kos en drank, wat in ware feesstyl by verskeie stalletjies
beskikbaar sal wees.
Van die hoogtepunte is ’n geskenk wat ingesluit is by elke volwasse kaartjie wat verkoop
word – ’n verrassingsbeloning vir jou harde werk in die wingerde. Sonder om te veel te
verklap: hierdie een sal jy wil hou; dis ’n deftige geskenk vir ’n deftige geleentheid.
Die kaartjieprys sluit ook ’n bottel Delheim Rosé 2019/Sauvignon Blanc 2019 of Shiraz
Cabernet Sauvignon 2017 in, wat tydens die fees geniet kan word, of huis toe geneem kan
word.
Addisionale wyne kan by die Delheim wynkroeg gekoop word.
Die druiwe-pluk-en-trap aksie skop stiptelik om 10:30 af, met die kosstalletjies wat vanaf
12h00 die smullus sal sus. Kaartjies is beperk om dit intiem en spesiaal te hou – net die
manier om ’n spesiale dag met jou vriende en familie te geniet.
Kaartjie besonderhede
• Kaartjies kos R480pp vir volwassenes. Hierdie prys sluit in vier kos-items; ’n
komplimentêre bottel Delheim-wyn; lewendige musiekvermaak; druiwe-pluk-en-trap;
’n trekkerrit en ’n eksklusiewe geskenk om huis toe te neem. ’n Totaal van R100 per
kaartjie gaan na die Pebbles Project.

• Kaartjies vir kinders onder 18 is R280pp en sluit in druiwe-pluk-en-trap; twee sappies; ’n
peuselhappie-verrassing en drie kos-items. Die fees is gratis vir kinders onder 3 jaar en daar
is ook toegang tot die kinder-speelarea en gesigverf.
Kaartjies is beperk en kan aanlyn by Quicket ( www.quicket.co.za ) gekoop word.
Vir meer inligting, besoek www.delheim.com of kontak Delheim by info@delheim.com of 021
888 4600.

Vind Delheim op Facebook,
Twitter @Delheim en
Instagram @delheimwines.

Delheim Landgoed is in die Simonsberg sub-streek van die Stellenbosch Wynroetes, op die
Knorhoekpad, net af van die R44.

Details

Date:
25 January 2020
Time:
10:30 am-5:00 pm
Cost:
R480.00
Website:
https://www.delheim.com/

Venue

Delheim Wine Estate
Delheim Wine Estate Knorhoek Road
Stellenbosch, Western Cape 7599 South Africa
Google Map
Phone:
021 888 4600
Website:
https://www.delheim.com/