Afrikaanse Taaldag

Loading Events
This event has passed.


Afrikaans.com

NUUSVERKLARING
12 Augustus 2019

14 AUGUSTUS is Afrikaanse Taaldag –
die geboorte van ‘n kultuurtaal

Op Woensdag 14 Augustus vier ons weer Afrikaanse Taaldag. ’n Dag waarop almal wat Afrikaans praat en lief is vir die taal, kan terugdink aan ’n dag in 1875 toe agt mans in Dal Josafat naby die Paarl vergader het om
die Genootskap van Regte Afrikaners (die GRA) te stig. Vier dus saam met Afrikaans.com hierdie spesiale dag vir ons hartstaal. Praat jou taal met trots, wat ook al jou dialek, lees ’n Afrikaanse boek, kyk ’n Afrikaanse fliek, luister na jou
gunsteling- Afrikaanse musiek, maak ’n lysie van jou gunstelingwoorde en idiome – leef en geniet jou taal! Nie net op die spesiale dag nie, maar elke dag.

Alhoewel daar nie werklik ’n geboortedag aan Afrikaans gekoppel kan word nie en Afrikaans lank reeds bestaan het, is dit tog gepas om
14 Augustus as Afrikaanse Taaldag uit te sonder. Ondanks die politiek van daardie tyd het die GRA ’n groot rol gespeel om ’n voorbeeld vir geskrewe Afrikaans daar te stel en het hulle doelbewus nie Nederlands geskryf nie. Hulle het
geglo dat dat geen ander taal beter as jou eie is nie en volgens hulle was Afrikaans ’n taal om op trots te wees. ’n Taal wat sy plek in die samelewing verdien. Afrikaans.com deel steeds hierdie sentiment.

Hierdie week deel prof. Hans du Plessis sy wyer perspektief en verduidelik waarom dié dag die gelukkige geboortedag van Afrikaans as hoëfunksietaal is. Klik hier.

So, kanalla, praat jou taal, want Afrikaans is nxa!

Lees meer oor die GRA hier.

Lees ook hier wat die
ontslape navorser en taalkenner, prof. Christo van Rensburg, te sê gehad het oor die ontwikkeling van geskrewe Afrikaans en die opdraande stryd wat gevoer is om die vernederlandsing van Afrikaans die hoof te bied en ’n Standaardafrikaans daar te
stel.

Kyk hier na Afrikaans.com se oorsprongtydlyn.

Navrae kan gerig word aan:

EINDE

Afrikaans.com is ‘n lewendige platform wat poog om alles oor Afrikaans op een plek byeen te bring. Ons hou jou op hoogte van nuttige skakels, organisasies en
projekte. Dis ‘n wegspringplek en hier is ruimte vir groei. Gesels saam en help ons om waarde toe te voeg tot jou Afrikaanse leefwêreld. Kopiereg 2019 | Bepalings en Voorwaardes

Indien hierdie e-pos aan jou gestuur is sonder dat jy ingeteken is daarvoor, stel ons in kennis.

Details

Date:
August 14