ERRE: EERLIK EN ELEGANT
Dié twee eertydse lektore by die Oakfields- en Damlinkolleges het in 2012 agtergekom dat hulle mekaar kan komplimenteer en met ’n reeks klere weggespring.
ERRE: EERLIK EN ELEGANT
Photography
Dié twee eertydse lektore by die Oakfields- en Damlinkolleges het in 2012 agtergekom dat hulle mekaar kan komplimenteer en met ’n reeks klere weggespring.
Van daardie SA Modeweek af, was dit net boontoe en maak hulle reekse op plaaslike en internasionale vertonings opslae. Onder hul aanhangers tel Prinses Charlene van Monaco wat hulle al na Monaco laat kom het en aktrise Terry Pheto wat hul rok gedra het vir die Emmy-toekennings in 2015. Vandaar af was dit op uitnodiging in Berlyn in 2017, Moskou in 2018 en as wenner van die Cape Wools Designer Challenge in Londen — ook in 2018. Nog ‘n uitnodiging het hulle na Mosambiek geneem in 2019 en hul winkel/studio het in 2020 oopgemaak. Verlede jaar se uitnodiging na Parys was vir die Afrika-modeskou. In hierdie tyd het hulle ook meesterklasse by Balenciaga (Kering-groep) bygewoon. En dan is daar nog die Myri-rok wat van gedaante kan verwissel soos die geleentheid en bui jou sou lei.