BoekeKultuurSkrywersTaal

ek sal wag op die murg in jou vlerke

 

dalk teken ek steeds prente van ons vlerke op water

want my mondstortings bly sonder klank en

kleef in my keel asof die

weerlig weker blits in my drif

 

want vandag het my hart sout geword

soos my trane en my rug ‘n pilaar

van al die omkyk na ons sterre wat uitbrand en

ek’t gewelk soos ‘n ding wat sterf

(en dit het in enkelvoud gebeur want my palms moes mý alleen dra)

 

en ag, ek wou tog só téner jou staan in hierdie ysigheid

 

maar ek dink dat jy my tóg sal aanhaal

(as my bors ophou dein in ‘n sterfjaar soos dié)

mý soos ‘n somber treurlied sal oproep uit die

strepe bloed waarmee ek elke vel papier tot

roukleed of slagveld verklaar ’t

 

want sien

my lippe sal grys word – geleidelik

en my tong sal ál meer na yster proe

want hiérdie verdomde ongeleë uur het die

wind se asem uitgeslaan nog vóór

sy my kon antwoord en hierdie snyding het my

bome se voete gesteel en my woude mank gelos

 

gistraand het die sterre se as grond toe geval en

daar ’t ‘n roetwolk uit die hemel tot op die

aarde gehang want élke metafoor in my keel ’t

geknak langs die plek waar die maan vassit

(want ek kon dit nie meer sluk soos altyd nie

en ook nie die sterbrande blus nie)

 

ja

die klem het soos ‘n geruislose optog uit my vuiste gesak

want die breke was té vlak en die aasvoëls draai net

té laag oor die aangeplante woestyne in die

barste van my mond

 

maar geliefde ek weet

(uit die vrystand van ons deeltaal in hierdie aparte hegting)

dat jy lappe om die lyke van my verse sal draai as

ek starend wag op die murg in jou vlerke of ‘n

sagte drywing teen my gees

en ek sal deur my are blý sweer dat ek leef!

 

want ek en jy sal seker immerdigtend en altyd

halflyf in die bloeiings van ebbe en vloede staan en

eendag – eendag of annerdag –

(vóór ek in die as van sterre versmoor)

sal die drakrag van my hart dalk jou wegwees kan

verwoord en sal ons dalk dán tuiskom in die

pleitende

leë

arms van hoort

 

en hulle sal dit ink noem

maar net ons sal weet

dat die slagaar van ‘n skryfhand

bloed bloei

 

francisgrobler©

 

 

 

 

 

About author

Articles

Short bio on DEKAT here...
Related posts
BoekeBon VivantFood & travelLuxury produktePromosiesStyl

The LOUIS XIII Thesaurus, a timeless treasure

How does one quantify the work of generations of cellar masters spanning 147 years? Professor of…
Read more
BoekeKos

A Cook walked into a Tapas Bar...…and the rest was 76 recipes

Picture it. The early morning bustle of heels and hopes along Barcelona side streets; the…
Read more
BoekeFotografieReis

Die stories onderkant die vlerke

Terwyl die Jabiru J430-vliegtuig laag oor die landskap swiep, loer Jay Roode se Canon 5D lens eenoog…
Read more
Newsletter
Become a Trendsetter

Sign up for DEKAT's newsletter and get the best of DEKAT, tailored for you.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *