DINAMIES. RATS. PARAAT.
“Uitnemendheid pasgemaak vir jóַú behoeftes.”
Dít is nie net die slagspreuk die Pretoriase prokureursfirma Grosskopf Prokureurs nie; maar onder leiding van die firma se stigter, Johann Grosskopf, wil die dinamiese span hul kliënte dagin en -uit met uitsonderlike diens, gesonde oordeel en professionele uitnemendheid bystaan.
DINAMIES. RATS. PARAAT.
Photography
“Uitnemendheid pasgemaak vir jóַú behoeftes.”
Dít is nie net die slagspreuk die Pretoriase prokureursfirma Grosskopf Prokureurs nie; maar onder leiding van die firma se stigter, Johann Grosskopf, wil die dinamiese span hul kliënte dagin en -uit met uitsonderlike diens, gesonde oordeel en professionele uitnemendheid bystaan.
“ ʼn Mens is op die regte tyd en plek, straks heel toevallig, maar jy láát ook dinge gebeur. Mens moet besef dat wanneer ʼn geleentheid opduik, jy dit moet benut, anders gaan dit verlore. Jy sit byvoorbeeld voor iemand en voer ʼn informele gesprek, maar in der waarheid is dit ʼn massiewe geleentheid.”
Juis vanweë die span se ingesteldheid om geleenthede te identifiseer, is daar meer as genoeg werk. Trouens, sommige kliënte moet weggewys word. En die feit dat die firma rats en gespesialiseerd is, onderskei hom van sy mededingers, glo Grosskopf. “Behalwe dat ons baie vinnig kan beweeg, is ons koste-effektief. Ons het nie deftige kantore in blou paleise in Sandton nie, benut tegnologie en uitkontrakteer nie – kritieke funksies – dus is ons oorhoofse koste ook laag.”
Sedert sy stigting in 2007, het die firma ook hande met Europese firmas gevat, vervolg hy. “Ons hier in Pretoria is die ‘fabriek’, die Europese kantore is die ‘gesig’. Weens die swak wisselkoers en laer arbeidskoste in Suid-Afrika, het dit baie sin omdat ons die werk baie meer koste-effektief kan doen. Ten opsigte van waarde vir geld gaan dit moeilik wees om ons te klop.”
Die geheim van kliëntediens is dat laasgenoemde te alle tye voel of hy boaan jou lys is. Daarbenewens is eerlikheid deurslaggewend. “Vir baie mededingers gaan dit slegs oor geld, wat hul oordeel vertroebel. Doen net jou werk so goed as moontlik, dan kom die geld vanself. Jy moet ook rats en betroubaar wees. As jou prestasie dáárvan getuig, kom alles vanself en val die dinge vir jou in plek.”
Daar is ʼn paar basiese stappe wat ʼn mens nougeset moet toepas, vervolg hy. “Vir my is deeglike voorbereiding allerbelangrik. As jy by ʼn vergadering instap, moet jy altyd beter voorbereid wees as enigiemand anders in daardie vergadering, selfs in gevalle waar jy dalk nie so goed vertroud is met die onderwerp nie. Jy moet ook te alle tye stiptelik wees en jou werk netjies doen. Dit is dalk klein goedjies, maar dit maak ʼn gróót verskil.”
Grosskopf Prokureurs se span van ses prokureurs mag klein wees, maar elke lid is met die hand uitgesoek op grond van hul kundigheid en gespesialiseerde kwalifikasies – daarvan is Grosskopf self ʼn sprekende voorbeeld. Daar hou dit nie op nie – deur volgehoue navorsing wil hulle aan die voorpunt bly.
Ofskoon hy aanvanklik, weens ʼn groot belangstelling in ekonomie, in 1990 B Com aan die Universiteit van Pretoria (UP) gaan studeer het, het Grosskopf later in die voetspore van sy oom, asook sy pa se neef, wat albei appèlregters was, op ʼn regsloopbaan besluit.
Ná die verwerwing van sy B Com-graad, het hy kortliks by die departement van justisie gewerk waar hy grootliks hofwerk gedoen en sy LLB in 1992, ook aan die UP, behaal het.
In 1993-’94 het hy sy leerklerkskap in die Jakarandastad voltooi en met LLM-studies – met internasionale besigheidsreg, belastingreg, internasionale insolvensiereg en deliktereg as vakke – aan Unisa begin, wat hy in 1995 voltooi het. Hy skryf ʼn groot mate van sy sukses toe aan goeie leermeesters soos Gerhard Ploos van Amstel en regter William de Villiers. In 2001 behaal hy die sertifikaat in gevorderde korporatiewe en sekuriteitereg, met lof.
In 1995 skop sy loopbaan as prokureur by Van der Merwe Du Toit af. Daar doen hy hoofsaaklik hofwerk, maar begin stelselmatig oor beweeg na korporatiewe en besigheidsreg. Hy fokus meer op intellektuele goederereg vir groot farmaseutiese maatskappye, die verkoop van sakeondernemings en konsessie-ooreenkomste.
Verdere spesialisasie volg van 1999 tot 2007 by Maree Theunissen Prokureurs, waar hy verskeie genoteerde inligtingstegnologie- en mynboumaatskappye ten opsigte van samesmeltings, oornames en gesamentlike ondernemingsooreenkomste adviseer. Kliënte klop ook reeds om advies by hom aan oor die herstrukturering van maatskappye, die uitreiking van voorkeuraandele, skuldbriewe en die opstel van werknemertrusts. Hy gee ook advies aan die land se kommersiële banke en adviseer oor krediet-, afgeleide instrument- en gestruktureerde finansieringsooreenkomste.
Met swart ekonomiese bemagtiging (SEB) in die laat negentigerjare, vroeë 2000’s sterk op die voorgrond, adviseer hy nie net talle maatskappye ten opsigte van die implementering van SEB-beleid nie; hy verteenwoordig ook SEB-maatskappye in verskeie gesamentlike ondernemings-, verkrygings- en aandeelhouersooreenkomste.
Hy adviseer ook talle maatskappye oor die uitreiking van aandele aan die publiek, asook oor verwante aangeleenthede van maatskappyreg. Die praktyk het ook uitgebrei om verskeie internasionale kommoditeitsooreenkomste en ooreenkomste met betrekking tot die Suid-Afrikaanse termynbeurs (SAFEX) op te stel.
Ondanks ʼn propvol werkprogram, sien hy kans om ook as nie-uitvoerende direkteur in talle direksies en ouditkomitees te dien. Sedert 1996 is hy ook lid van die dissiplinêre komitee van die Prokureursorde van die Noordelike Provinsies, nou bekend as die Regspraktisynsraad (Legal Practice Council).
Deeglik geskool in al bogenoemde regsaspekte, neem hy in Augustus 2007 die stap om sy eie regspraktyk op die been te bring waar hy onvermoeid voortgaan om al sy vaardighede verder te slyp en die nodige leiding te gee met ʼn kultuur van lewenslange opleiding.
Danksy Grosskopf en sy span se wye ondervinding op veral kommersiële regsgebiede, stel dit die firma in staat om ook ʼn wye reeks gespesialiseerde dienste in die korporatiewe en handelswêreld aan te bied.
Ten opsigte van handelsreg, fokus die firma op samesmeltings en verkrygings, gesamentlike ondernemings, internasionale handelsreg, kontraktereg, mediese skemas, kommoditeitsverhandeling en konsessies (frachising). Finansiële ooreenkomste behels bategebaseerde sekuriteit, korporatiewe finansiering, krediet- en gestruktureerde finansierings- en buitelandse valutatransaksies.
Daarbenewens doen die firma ook eiendomsoordragte, deeltitelontwikkelings, en die kansellasie en registrasie van eiendoms- en notariële verbande.
Alle aspekte van arbeidsreg word ook gedek – van ontslag en stakings tot onbillike arbeidspraktyke. Ook op die gebied van intellektuele eiendomsreg, is die fokus omvattend: van nasoeke tot aansoeke om die registrasie van handelsmerke, en kopiereg tot die kommersialisering van intellektuele goedere.
Kommersiële litigasie in hoër howe, arbitrasie en alternatiewe dispuut-beslegtingsoplossings is nog ʼn belangrike fokusarea en behels 30% van die firma se werk.
Deesdae in Suid-Afrika word die howe, waar litigasie geneig is om lank te sloer, as’t ware “geprivatiseer” – en ook in hierdie opsig gee Grosskopf Prokureurs die pas aan. “Dít beteken dat die oorwig van belangrike siviele gedinge vir groot banke, mynmaatskappye en kommoditeitsverspreiders met arbitrasie besleg word. ʼn Voorsittende beampte, byvoorbeeld, ʼn oudregter of senior advokaat word aangewys. Jy kies die arbiter, die reëls van toepassing en die tyd waarbinne alles afgehandel word. Die bevel wat uitgereik word, kan indien nodig ʼn bevel van die hof gemaak word, maar dit is ʼn veel korter en effektiewer proses. Hierdie departement het ʼn suiwer uitkomsgedrewe benadering, wat uiteraard groot byval vind.”
“Dit is baie belangrik dat ons land se howe en regstelsel onafhanklik bly, anders is daar eenvoudig nie die nodige wig en teenwig nie,” beklemtoon Grosskopf. “Howe sal doeltreffender moet word en vinniger moet werk. As veral die blootleggingsproses meer vaartbelyn kan word, kan dit wel gebeur.
“Terselfdertyd sal die opleidingsgaping oorbrug en tegnologie beter benut moet word. Om die volumes en minder komplekse sake te kan hanteer, is ʼn groter verskeidenheid forums en howe straks die antwoord. Die uitdaging egter is om deur die nodige siftingsproses die regte kanaal vir die spoedige oplossing van ʼn geding te bepaal,” vat hy saam.
Hy bly optimisties en positief oor die uitdagings en geleenthede in Suid-Afrika.