DEKATv is terug vanaf Woensdagaand 12 Februarie 2020 om 19:30
op SABC2 met kuns, boeke, musiek, flieke en kos.
In ons eerste episode kuier sjef Forti Mazzone by sjef Leon Nel van Silver Orange Bistro in Hartbeespoort.
Probeer gerus hierdie heerlike gestoomde mossels resep van sjef Leon in jou eie kombuis.
Bestanddele:
1 kg vars swart mossels (skoongemaak)
2 medium uie gekap
2 wortels geskil en fyn gekap
2 selderystingels gekap
1 chorizo in fyn blokkis gesny
6 knoffelhuisies gekneus en fyn gekap
½ koppie pietersielie fyn gekap
2 lourierblare
1 ½ koppie wit wyn
1½-2 koppies vars room
¼ koppie olyfolie
Handvol vars tiemie
Gemaalde swart peper
Seesout
Metode :
1. Verhit swaarboom pan of kastrol en voeg olie by voeg nou uie,
wortel, seldery, chorizo, knoffel en lourierblare by en roer. Braai
tot sag ± 5 min.
2. Voeg nou witwyn, peper en sout na smaak by en ook die mossels,
plaas deksel op en stoom vir 7-10 min. ( skud pot een maal) totdat
mossels oopgaan.
3. Voeg nou room by pietersielie en tiemie, sodra sous borrel sit
deksel terug en skud pot een maal.
4.Verwyder van hitte en voeg nog sout en peper by na smaak, verwyder
al toe mossels en bedien in mooi Mediterreense bak, sprinkel nog
olyfolie bo oor en bedien met vars brood, suurlemoen en liters witwyn.