Die La Motte-oeservaring – ’n Viering van wynlandtradisies.

Oestyd in die wynland is vol opwinding! Om in die vreugdevolle geleentheid te deel, bied die La Motte-wynlandgoed in die Franschhoekvallei ’n spesiale oeservaring met unieke oestydtradisies en -gebruike aan.

’n Begeleide toer aangebied deur een van die wynambassadeurs van die landgoed begin in die wingerd met ’n inleiding tot verskillende variëteite, oesprosesse en La Motte se biologiese boerderypraktyke. Die toer gaan voort in die kelder met verskeie kelderaktiwiteite, insluitend die handsortering van druiwe en die proe van mos (gistende druiwesap) uit ’n gistenk. Die begeleide toer eindig in die proekamer met ’n wynproe van La Motte se bekroonde versameling wyne – vyf wyne uit die La Motte-versameling sowel as twee wyne van die bekende Pierneef-versameling. Geniet ook die oes geïnspireerde happies uit die plaaskombuis:

  • Mosbolletjies – die tradisionele Suid-Afrikaanse soet rolletjies wat uit die gis van gedeeltelik gegiste druiwesap gemaak is. Mos as ’n rysmiddel verseker ’n baie ligter gebak en die kenmerkende anys word tradisioneel bygevoeg.
  • Moskonfyt – waarskynlik die eerste vorm van konfyt wat deur die mens gemaak is en daar word beweer dat dit in die graf van die Egiptiese farao, Tutankhamun, 1 400 jaar v.C. gevind is! Dit is die reduksie van soet druiwemos of gedeeltelik gegiste druiwesap.
  • Iets seisoenaal – ’n Steenvrug, mos en neuttertjie met ’n geurige ryp cheddar-pastydeeg wat die wynland se tradisie van die gebruik van seisoenale bestanddele verteenwoordig en soet en sout geure kombineer.
  • Iets souts – gebraaide hoender- en rooiwynoespastei.
  • Iets soets –brosbeskuitjies met druiwe en rosyne wat vars druiwe en gekonsentreerde soet rosyntjies kombineer.

 

Besoek ook Pierneef à La Motte-restaurant vir die oes geïnspireerde items op die spyskaart en die La Motte-plaaswinkel vir ‘n verskeidenheid oorvloedige gebak en brood wat met druiwe of mos gebak word.

Die Oeservaring kos R120, duur sowat 90 minute en sal vanaf 6 Februarie tot 29 Maart 2018 uurliks ​​van Dinsdae tot Vrydae tussen 10:00 en 15:00 beskikbaar wees.

Besprekings is noodsaaklik en kan gemaak word by die La Motte-proekamer.

Tel: +27 (0) 21 876 8820 of E tasting@la-motte.co.za.

By |2018-02-05T10:27:43+00:00February 5th, 2018|Kos, Kultuur|