Delheim Jazz en Kaasfondues spog met ’n vars, nuwe baadjie

Sondag-bederf van lewendige jazz, wyn en smelt-in-die-mond kaas

Die Delheim Jazz en Kaasfondues-reeks fluit vanjaar ’n heel nuwe deuntjie in die Stellenbosch Wynlande, danksy die aankondiging van hul opwindende samespel met die Cape Town Music Academy (CTMA) en Jazz in the Native Yards. Dié gewilde winter vergrype spog nou met ’n nuwe baadjie en bied ’n kaas-vreugde, wyn en lewendige jazz, elke Sondag van 24 Junie tot 26 Augustus.

“Ons is baie in ons noppies om vanjaar ’n inspirerende vertoonstuk van vars, nuwe talent aan besoekers voor te stel. Ons “Downstairs”-kelder is die perfekte platform vir jong musikante, wat nie net standaard-spel lewer nie, maar ook interpretasies en hul eie komposisies met internasionale aanslag sal lewer,” sê Delheim se Nora Sperling-Thiel. “Die Jazz en Kaasfondues-reeks is een van ons gewildste geleenthede, wat nou na die volgende vlak gaan met drie lewendige jazz sessies per geleentheid, saam met uitstekende landgoedwyn en die talmende aromas van uitsonderlike kaas, om die ervaring af te rond.”

“Jazz is die Kaap se taal,” sê Nico McLachlan, CTMA se direkteur, “en vanjaar is die Cape Town Music Academy en Jazz in the Native Yards baie opgewonde om met Delheim hande te neem om ’n reeks knus jazzkonserte te hou, waar ons die ervaring om na die klanke van die Kaap te luister, kan deel.”

Die CTMA is ’n organisasie sonder winsbejag, wat geleenthede vir plaaslike, gevestigde- en opkomende musikante in die Wes-Kaaps uitsoek. Die CTMA se doel is om ’n openbaar-voordelige aktiwiteit te skep, wat programme en projekte vestig om die werk van plaaslike musikante te bevorder en om loopbaangeleenthede vir die Suid-Afrikaanse musiekbedryf te skep.

Jazz in the Native Yards, gestig deur Koko Nkalashe en Luvuyo Kakaza, is ’n Native Yards Arts-inisiatief, ’n plakkerskamp kreatiewe kuns-onderneming, wat bestaande lewendige musiekruimtes en nuwe optreeplekke wil vestig, sodat kunstenaars hul talente in verskillende streke in die Wes-Kaap kan vertoon. Sedert JINY in 2013 gestig is, het verskeie musikante – sommige bekend en ander minder gevestig – al by hul gereelde optreeplek in Gugulethu vertonings gelewer. Sommige van hulle was sover as van Taiwan, België, Noorweë en die VK.

Die Jazz en Kaasfondues word in Delheim se intieme “Downstairs” wynkelder met sy lae plafonne en gesellige tafeltjies, gehou. Dis hier waar die kaaspotjies se deksels waai en al jou weerstand smelt, met vuurwarm Switserse kaas en sielsverkwikkende jazzklanke.

Delheim is net buite die Eikestad – in die Simonsberg sub-streek van die Stellenbosch Wynroetes geleë – en is al sedert 1699 die tuiste van verskeie geslagte. Die Sperling-familie maak sedert die 1960’s bekroonde wyne hier.

Dis in die Sperling-erfenis en -gasvryheid waar die idee vir die plaasstyl fondue ontstaan het. Die Kaapse wynbedryf-legende en patriarg, oorlede “Spatz” Sperling is in Tettnang, ’n Duitse dorp op die grens van die kaasliefhebbende Switserland, gebore. Nou het honderde Delheim-aanhangers al lief geword vir die geleentheid wat oor die jare bekend geword het as die Delheim-manier en in sy opregte motto: “Worth the journey” (dit is die reis werd), tot uiting kom.

Die Delheim Jazz en Kaasfondues omarm hierdie filosofie van rustiger word tot ’n vredige en genotvalle pas. Stel in jou geestesoog potte met Gruyère en Emmentaler vir skep, doop, smeer en proe, voor. Alles saam met ’n watertand keuse heerlike happies en Delheim se uitsonderlike wyne. Dit is hoe feestelike kos nou eintlik gedeel en geniet moet word en dié geleentheid is ideaal vir ’n groep vriende en geliefdes.

Kaartjies kos R450 en sluit die lewendige musiekvertonings, ’n glas tradisionele Glühwein wanneer jy arriveer en die hartlike kaasfondue-maaltyd wat saam komplimentêre Delheim wyne wat tussen die eerste en tweede jazz–vertoning bedien sal word, in. Daar sal ook ’n koffiekroeg wees.

Hierdie geleenthede verkoop gewoonlik blitsvining uit en jy kan dalk oorweeg om deel van die Delheim Wynklub te word, wat verskeie voordele bied, waaronder voorkeur-besprekings vir Delheim Jazz en Kaasfondues.

Elke Sondag van 24 Junie tot 26 Augustus

Delheim Jazz en Kaasfondues bespreking-besonderhede:

Prys: R450 per persoon – dit sluit alle vermaak, kos en wyn in.

Tyd: 12h00 met die eerste jazz-vertoning wat om 12h30 sal plaasvind. Die fondue sal teen 13h15 bedien word.

Kaartjies moet vroegtydig bespreek word by www.webtickets.co.za. Geen kaartjies is by die deure beskikbaar nie.

By |2018-05-08T15:33:54+00:00May 8th, 2018|Kos|