
DADEL-EN-HEUNING SPESERYBOTTER MET MUSTÉRION CRAFT TRUFFLE
Yield:
6
Prep Time:
30 minutes
Cook Time:
1 hour
Gebraaidemielies sal nooit weer dieselfde wees nie.
Lewer sowat 250 ml sous
Ingredients
- 12 ontpitte Zamli dadels, gehalveer (dié dadels het ’n karamelgeur en toffie-agtige tekstuur)
- 1 vanieljepeul, gehalveer en saadjies losgewikkel
- ’n skeut suurlemoensap
- 15 ml fynbos-boegoeheuning
- 50 g heuningkoek
- 200 g botter
- 2 steranyssade
- 2,5 ml fyn kaneel
- 20 ml Mustérion Craft Truffle, gemikrorasper. Hou ekstra vir garnering
Instructions
- Plaas al die bestanddele behalwe garnering in ’n kastrol en verhit oor matige hitte totdat botter gesmelt is.
- Die dadels sal die sous laat verdik.
- Roer deeglik deur.
- Bedien die bottersous by mielies wat oor die kole gebraai is.
- Garneer met die oorblywende Músterion Craft Truffle skaafsels.