DAAR’S ‘N VEGAN OP MY VERANDAH
Deur Isabella Niehaus en Louis Jansen van Vuuren.
Mymeringe oor die rykdom van kos.
Dié bekendstelling is die resultaat van Louis en Bella se eie woorde en ’n heerlike ontmoeting met Bella in ’n koffiewinkel in Darling.
HANNELIE VAN AS het gaan inloer.
DAAR’S ‘N VEGAN OP MY VERANDAH
Photography
Deur Isabella Niehaus en Louis Jansen van Vuuren.
Mymeringe oor die rykdom van kos.
Dié bekendstelling is die resultaat van Louis en Bella se eie woorde en ’n heerlike ontmoeting met Bella in ’n koffiewinkel in Darling.
HANNELIE VAN AS het gaan inloer.
Toe Bella Niehaus in 1987 ‘n kunsgallery in die ou Exhibition Building in Groenpunt oopgemaak het, het sy nie geweet sy gaan iemand ontmoet wat lewenslank ‘n sielsgenoot gaan bly nie. Met die eenjarige Taro op haar heup het sy Louis Jansen van Vuuren gaan opsoek en sy kunswerke saam met Claerhout, Stefan en Iris Ampenberger en Hardy Botha s’n uitgestal.
“Ek onthou hoe ek nie kon voorbly om rooi “verkoop”-plakkers op elk van Louis se skilderye te plak het nie”, vertel Bella. “Hy is daarna Frankryk toe en ons het mekaar 23 jaar later eers weer in Bonnievale raakgeloop. Ons het besef ons harte praat met mekaar oor lekker goed, kosgoed, mooigoed en koestergoed. Hierdie boek is aangemekaargestik met oomblikke van groot vreugde, lekker eet en ‘n goeie skeut weemoed. Daar’s ‘n Vegan op my Verandah is die saambind van ‘n jarelange vriendskap.
“Hoekom ’n boek? Nóg ’n kookboek?” Louis glimlag wanneer hy verduidelik.
“Omdat ek en Bella lief is vir boeke. Vir my is die manier waarop ’n mens ’n boek vashou soortgelyk aan die aangee van ’n bord kos aan ’n geliefde. Bella het ’n rakkie met net haar kosbaarste boeke, onder andere haar ma Issie se A4-hardebandresepteboek en een wat Vader Claerhout vir haar op tienjarige ouderdom gegee het, sommer so vasgekram, van sketse wat hy oor die jare van haar gemaak het terwyl sy sit en skribbel as hy kom kuier oor ’n eenpotgereg…”
Die lekkerte van saamskryf het gedurende die Covid-pandemie begin met hulle internetblad, Koesterkos (KOESTERKOS IN DIE TYD VAN DIE GROOT KIEM)
Daar is ‘n heimwee na eenvoud, terug-na-die-natuur en tuisgemaak. Dis binne dié helende ruimte waar Louis en Bella hulle skeppende kulinêre gedagtes losgelaat.
“Ek het ‘n ding oor tamaties. Rooi. Plomp, vlesige tamaties wat warm gebak is deur die son. Appels. Aartappels waaraan die sand nog sit, sakke vol vars erte wat jy luilekker kan sit en uitdop.”
Bella se oë lag wanneer sy praat oor die pad wat sy met kos – en mense – stap.
“Ek het iewers gehoor die lewe is nie net een lang lekkerte nie. Dit word aanmekaar geweef met gelukkige oomblikke, waarna ‘n mens oopoog moet soek. Goudgeel daisies en nuwe lote aan my spekbome wat die lente aankondig. Perde langs die pad onder bloekoms waardeur die wind sing. Die dieprooi ink van ‘n beet. Die toonkrulplesier van ‘n bietjie esdoringstroop.”
Louis is sewe jaar lank reeds ‘n vegan.
“Ek het ‘n ding oor tamaties. Rooi. Plomp, vlesige tamaties wat warm gebak is deur die son. Appels. Aartappels waaraan die sand nog sit, sakke vol vars erte wat jy luilekker kan sit en uitdop.”
Bella se oë lag wanneer sy praat oor die pad wat sy met kos – en mense – stap.
“Ek het iewers gehoor die lewe is nie net een lang lekkerte nie. Dit word aanmekaar geweef met gelukkige oomblikke, waarna ‘n mens oopoog moet soek. Goudgeel daisies en nuwe lote aan my spekbome wat die lente aankondig. Perde langs die pad onder bloekoms waardeur die wind sing. Die dieprooi ink van ‘n beet. Die toonkrulplesier van ‘n bietjie esdoringstroop.”
Louis is sewe jaar lank reeds ‘n vegan.
“Die woord het my voorheen ’n bietjie ongemaklik gemaak. So of dit saam met woorde soos trendy en kultus in ’n sin hoort – deurspek van voorskrifte. Maar glo my, dis nie so nie. My lewe het hier, in die middel van ’n woud, begin verander. My beker loop oor.”
“Ek het ‘n ding oor tamaties. Rooi. Plomp, vlesige tamaties wat warm gebak is deur die son. Appels. Aartappels waaraan die sand nog sit, sakke vol vars erte wat jy luilekker kan sit en uitdop.”
Bella se oë lag wanneer sy praat oor die pad wat sy met kos – en mense – stap.
“Ek het iewers gehoor die lewe is nie net een lang lekkerte nie. Dit word aanmekaar geweef met gelukkige oomblikke, waarna ‘n mens oopoog moet soek. Goudgeel daisies en nuwe lote aan my spekbome wat die lente aankondig. Perde langs die pad onder bloekoms waardeur die wind sing. Die dieprooi ink van ‘n beet. Die toonkrulplesier van ‘n bietjie esdoringstroop.”
Louis is sewe jaar lank reeds ‘n vegan.
“Die woord het my voorheen ’n bietjie ongemaklik gemaak. So of dit saam met woorde soos trendy en kultus in ’n sin hoort – deurspek van voorskrifte. Maar glo my, dis nie so nie. My lewe het hier, in die middel van ’n woud, begin verander. My beker loop oor.”
Met monde wat water begin idees weerkaats op ‘n dam vol eende in Louis se bostuin waar die natuur sy gang gaan. Daar groei hisop tussen die kersiebome en grasuie om die geelperskeboom. Smeerwortel rank welig teen die peerboom. Die kombuistuin is vol skoenlappers. Naaldekokers kerjakker tussen pampoenblomme en vrugtebloeisels. Bye is ’n ander passie in hierdie her-wilde tuin. Louis het korwe opgerig sodat hulle ongestoord hul gang kan gaan – alles in harmonie met Moeder Natuur.
“Ons rolmodel bly die natuur in sy onopgesmukte eerlikheid. Daarom fokus die inhoud ook op kos sonder oëverblindery. Wat jy sien, is wat jy proe – heilsaam en groen.”
“Jy moet net jou oë en hart oopmaak om die polsslag te hoor en te voel.” Dis iets wat Louis en Bella diepsinnig regkry. En so word ‘n uitsonderlike boek gebore wat met jou hele menswees praat. Die resepte is watertandlekker (perdeblompesto, umamisous, sampioen- en okkerneutquiche, murgpampoentjieblatjang, pan de muerto, papbolle met groentesous en pruim-clafoutis met amandel om maar ’n paar te noem) maar die kosreis tussen twee goeie vriende is die eintlike ding wat mens tussen die bladsye vasgevang hou en jou laat blaai en blaai…
Daar’s ‘n Vegan op my Verandah word op 11 Oktober by die Woordfees in Stellenbosch bekendgestel.
Bestel jou boek by carel@cnandco.com / www.cnandcom.com/daars-i-vegan-op-my-stoep of direk by Bella: bellaniehaus24@gmail.com. R460 plus BTW en versending (R60 in SA).
Die Engelse weergawe sal vroeg in November beskikbaar wees.
Die span
Isabella Niehaus, Louis Jansen van Vuuren, Yvette Jordaan
Carmen Eksteen, Didi Stols, Jordan Mans
Hardy Olivier, Carel Nolte, Rikus Kok
Teks en stilering Louis Jansen van Vuuren en Isabella Niehaus
Fotografie Yvette Jordaan
Ontwerp Louis Jansen van Vuuren, Isabella Niehaus en Yvette Jordaan
Uitgewer Louis Jansen van Vuuren en Carel Nolte
Vertaling en redigering Peter van Noord en Johan van Zyl
Indeks Didi Stols
Voorbladkunswerk Louis Jansen van Vuuren
Koeke en die blou uur
L’heure bleue – die blou uur – is ’n natuurverskynsel wat ek hier op die Franse platteland al
só intens beleef het dat dit my ganse lewe verander het. Dit is amper onmoontlik om hierdie
diep, deursigtige blou te beskryf. Dit het ’n sterk kobalt ondertoon aan die polsende hemel,
maar dit bly ’n lewendige blou. ’n Blou met ’n eie polsslag wat jy met jou hele wese moet
ervaar.
Die aspek van skemering is deel van die Franse psige en gebeur wanneer die son op
’n sekere diepte onder die horison sak. Die hemel word elektries blou. Dis ’n poëtiese
oomblik wat ook bekend staan as ’n seevaartskemering.
Dit is nie net ék wat so oorstelp is oor die blou-uur-gedoente nie. Digters, skrywers en
wyse mense is oor eeue heen al gaande oor dié spesiale natuurverskynsel. Self die reuse-
“neus” van Frankryk, Jacques Guerlain, het in 1912 die ikoniese parfuum L’Heure Bleue
geskep wat hy soos volg beskryf: “The sun has set, but night has not yet fallen. It’s the
suspended hour… The hour when one finally finds oneself in renewed harmony with
the world and the light, but when the night has not yet found its star.”
In die jare sewentig sing Françoise Hardy ’n melancholiese liedjie oor die blou uur. Ons
dans almal saam en verlang na veraf dinge wat ons nie eens geweet het bestaan nie.
Dit is hier op Le Rembucher se verandah dat ek en Bella in die blou uur begin droom en ons
nogmaals verwonder aan ons vriendskap wat deur die jare hegter word, soos twee bome
waarvan die wortels en takke later ineenvleg. Twee uiteenlopende siele wat in die
ongesiende én die waarneembare sfeer van die lewe hande vat en mekaar koester.
’n Koek is so ’n wonderlik feestelike gedoente: doopkoeke, troukoeke, verjaardagkoeke,
partytjiekoeke. Ek onthou my ma het een verjaardag vir my ’n koek in die vorm van
’n stoomlokomotief gemaak.
Ek het die aand tevore al in die spens gaan loer na die meesterstuk. Daar was selfs
’n wattebol van rook wat by die skoorsteen uitgeborrel het. Ek moes op ’n steppie staan om
die skouspel behoorlik gade te slaan.
Die mooi wiele van Marie-beskuitjies was vir my beeldskoon. Die ganse lokomotief het op
’n silwer foelie-oortrekte broodbord gestaan. Ek staan nou op my tone om die trein van die
ander kant af te bekyk, maar trap die steppie mis en val agteroor… met die trein agterna!
Daar was ’n kleiner treintjie op my verjaardagtafel. Die een wiel het effens gekantel. As dit
nie vir my ma se gerusstellende hand op my skouer was nie, was ek seker wéér in trane.
Krismiskoek is ’n ander spesiale koek waaroor almal ’n storie het. Of ’n handgeskrewe resep
van jou ouma of ma, met hope neute en eksotiese droëvrugte daarin. Ons moes maande
lank toekyk hoe my ma die Krismiskoek liefderik met brandewyn bedruip uit die halfjack
Klipdrift wat spesifiek vir dié doel op die oorvol spensrak gestaan het. Dit is waar ek op
’n dag my ouer boetie aantref met die bottel teen sy lippe, oë styf toegedruk. Ek sal nooit
die gril en ril vergeet toe hy uiteindelik die sopie vat nie! Dit was ook die laaste sien van die
blikkantien wat die flessie brandewyn betref.
Die Franse het ook ’n baie spesiale feeskoek… buiten nou die al die macarons, profiteroles,
éclairs en minlike madeleines. Die Galette des Rois (of dan koningskoek) is ’n eenvoudige
plat skilferkorskoek wat bestaan uit amandels, ’n vanieljevla en ’n goeie sopie rum. Dit is reg
oor die land baie gewild en word op 6 Januarie met die Twaalfdenagfees geëet. Al die
bakkers en supermarkte maak dosyne van die koeke, in agt verskillende groottes, en
verkoop dit met ’n vergulde kroon van karton. Wanneer die koek geëet word, word
tradisioneel ’n speletjie gespeel. Voordat die galette gebak word, word ’n porseleinteëltjie
of -figuurtjie in die tert versteek. Ná die ete word die koek gelykop tussen die gaste verdeel
en rustig met ’n glasie soetes verorber. Die gelukkige een wat die porseleindingetjie in sy
sny koek vind, word summier as die koning van die aand verklaar en met die kartonkroon
gekroon. Roi de soirée.
My eerste Twaafdenagete by La Creuzette was ’n winterfees van lekker kuier met nuwe
Franse vriende, sneeu onder die bome en kaggelvure wat knetter. En ’n tafel wat kreun
onder die winterkos. Ná ete is die reusagtige Galette des Rois gesny, in 12 ewe groot snye.
Soos dit ’n goeie gasheer betaam, het ek die skewe laaste snytjie vir myself ingeskep en begin
weglê.
Skielik… die kraak van porselein op porselein – en daar breek die kroon van ’n voortand in
my mond los!
Ek is haastig by die tafel weg met ’n mond vol ongekoude koek – ek moes tog net nie sluk
voordat ek nie die kroon herwin nie. Dit was taamlik maklik om dit te doen, maar hoe jy
sonder daardie voortand lyk, is iets anders!
Ek had geen lus meer vir kuier nie en het halfnors die giggelende gaste met my hand voor
my mond by die groot ysterhekke uit beduie. Daarom bly Krismiskoek my koningskoek en
dink ek deesdae twee keer voor ek muntstukke of iets dergeliks in ’n koek wegsteek.
Ek het l’heure bleue die eerste keer by Le Rembucher ervaar. ’n Mens sukkel om woorde
vir hierdie kleurspel te kry, maar hoendervleis slaan oor jou hele lyf uit.
Ek onthou ek het een aand iets in my kamer gaan haal en opgekyk deur die raam van groen
ivy. In die tuin was die twee beelde – Marcel Wanders se “Prins van verlore drome” en
“Contemplation” deur Adriaan Diedericks – misterieus afgeëts teen die amper onwerklike
blou. Buite was dit tjoepstil. Dis een van daardie oomblikke wat my nog lank sal bybly.
Net so graag as ek wou leer brood bak, wou ek nog altyd fantastiese koeke bak. My ma,
tannies, niggies en vriende is immers bobaas baksters. Ek het al baie probeer – ek het dan
elke moontlike pan: losboom, getuit, rond, vierkantig, groot, klein… Maar dan hoor jy daai
stemmetjie waarna ’n mens moet luister: Kalmeer, quichekoningin, en hou by jou
muffingrootte quiches!
Ek bak wel ’n goeie kaaskoek. En appelkoek met baie rum. Ek het al Elsa Brand se
ongelooflike wortelkoek gebak en selfs ’n basque cheesecake met ’n geskroeide bokant…
wat perfek pas by my talente!
Die blou uur verdonker en dit word aand rondom die “Prins van verlore drome”. Dit is
’n oomblik van bepeinsing en diepe dankbaarheid vir die oorvloed waarin ons lewe.