COQ AU VIN

COQ AU VIN

Yield: 6
Prep Time: 30 minutes
Cook Time: 1 hour

Haar agtergrond as skoonheids- en moderedakteur het Isabella
Niehaus dikwels na die Franse hoofstad geneem. Op ’n keer het sy in ’n restaurant in die Marais-area die tradisionele Coq au vin bestel en soos sy dit stel “amper die bord skoongelek!” In haar eie kombuis het sy die Franse sjef Michel Roux se resep probeer en daarna die Amerikaanse blogger-sjef David Lebovitz, se weergawe sowel as die skrywer Isabel Allende se resep uit haar boek Aphrodite. Daarby het probeerslae uit Helmine Myburgh se soortgelyke dis in haar boek So eet ons aan die Kaap gevolg. En uiteindelik is haar eie geskryf en telkens beproef!

Ingredients

  • 2 kg hoenderdye
  • 1 koppie gesnipperde spek
  • 1 rooi-ui, in fyn blokkies gesny
  • 2 wortels, in ringe gesny
  • 2 knoffelhuisies, grof gekap
  • 3 koppies uitjies, geskil
  • 1 bondel vars kruie met pietersielie, vars tiemie, baie lourierblare, marjolein, salie en vasgebind in die loof van ’n prei
  • ¼ teelepel fyn naeltjies of 1 heel naeltjie
  • 300 ml hoenderaftreksel
  • 2 eetlepels olyfolie
  • 4 eetlepels botter plus 3 eetlepels botter vir die uie
  • 1 bottel goeie rooiwyn
  • ½ koppie goeie brandewyn
  • 1 eetlepel rooiwynasyn
  • sout en witpeper na smaak
  • 2 eetlepels meel
  • 2 teelepels bruinsuiker
  • 2 eetlepels kakaopoeier of ’n paar blokkies donker sjokolade

Instructions

  1. Meng die uie, wortels, knoffel, bondel kruie, naeltjies, rooiwyn en sout en peper in ’n bak saam met die hoenderdye. Bedek met kleefplastiek en hou in die yskas, verkieslik oornag. Die hoender moet bedek word met wyn. Draai so een of twee keer om.
  2. Wanneer jy reg is om met die dis te begin, gooi die wynmengsel deur ’n vergiettes. Hou die hoender eenkant en maak behoorlik droog met kombuispapier. Sprinkel met sout.
  3. In ’n dikboompan op ’n warm plaat, maak die olie en botter goed warm. Braai die hoender tot bruin aan albei kante. Gooi die brandewyn oor, steek aan die brand en laat dit flambé. Haal die hoender uit.
  4. Gooi nou gesnipperde spek in dieselfde pan. Wanneer die spek lekker bros is, skep uit.
  5. In dieselfde pan, braai die groente en kruie tot sag. Voeg die meelblom en die hoenderaftreksel en ’n eetlepel rooiwynasyn by die groente en roer goed deur. Voeg nou die spek, hoender en wyn by. Sit ’n deksel op en kook teen matige hitte vir ongeveer 40 minute. Of as jy verkies, bak dit in die oond teen 180 ˚C.
  6. Kook die uitjies vinnig vir ’n paar minute. Dreineer goed. Verhit die
    oorblywende botter
Skip to Recipe