Argitektuur

BRUTAAL MOOI

Brutaal mooi

Pieter Mathews

In die vroeë sestigs is die NG Gemeente Welkom-Wes oppad om te skeur. Die kwessie wat gemeentelede so warm onder die kraag het, het niks met geloofsideologie te doen nie, maar die ontwerp van die nuwe kerkgebou deur die jong en relatief onbekende argitek Roelof Uitenbooghart. Uithebooghart was ‘n goeie vriend van die nuwe jong dominee, wat saam met ‘n klein groepie raadslede besluit het op die ontwerp, ten spye van ontsettende teenstand vanaf `n groot deel die gemeente en raad.

Uitenboogaart was ‘n besonders talentvolle argitektuurstdent, wat in 1961 onder David Crane in Pennsylvania studeer het. Hy het ook in hierdie tyd meestersklasse by Louis Kahn bygewoon. Crane het in ‘n brief aan Uitenboorhart se pa geskryf: “Everyone on the Faculty of the School of Fine Arts has recognized that Roelof is perhaps the most talented designer we have ever graduated out of this school.” (Extract of a letter written by Prof David Crane, University of Pennsylvania to Uytenbogaardt’s father in Cape Town cited in Architect and Builder July 1961:32)

Indien die gemeentelede van Welkom Wes bewus was van Uitenboogart se talent, het hulle nie omgegee nie – hulle wou nie die kaal en lelike dikmuurkerk hê wat hy ontwerp het nie. In 1964, na menige vertragings en vêr oor begroting, word die Nuwe Kerkgebou vir die NG Gemeente Welkom Wes, weldra voltooi en ingewy.

Volgens my is hierdie kerk die die enigste ware Brutalistiese Religieuse gebou in ons land. Van die preekstoel tot die doopfont is deur Uitenboogart ontwerp en uit beton gegiet. Net soos die Brutalistiese ontwerp van hierdie kerkgebou die NG gemeentelede byna tot ‘n koeksusteroorlog gedryf het, is Brutalistiese Argitektuur nog altyd ‘n baie verdelende Argitektuurtaal, veral in Suid Afrika.

So wat op aarde is Brutalisme, hoe herken mens die eienskappe van so gebou, en hoekom is dit so kontroversieel? Brutalisme verwys na die (letterlik “brutaal) eerlike gebruik van boumateriaal in ‘n gebou. So word beton bv. gegiet en net so gelaat. Estitika word dus bepaal deur die metode van konstruksie, in die geval van beton: vormwerk en “furule holes” (gaatjies in beton). Die kern van die estitika word uitgedruk deur die metode van konstruksie. Elke materiaal word in rou en brutale vorm gebruik. Reyner Banham skryf “The aesthetic for which they strove was the uncompromising ruthlessness, intellectual clarity and honest presentation of structure and materials”. Eenvoudige en platoniese vorms en ook geometrie vorm ‘n belangrike deel hiervan.

Brutalisme het in Suid Afrika hoogty gevier vanaf die middel sestigs tot middel /einde sewentigs – hoog Apartheid, wat natuurlik baie mense se assosiasie met die styl is. Dit is ook in hierdie tydperk wat verskeie Afrikaanse Universiteite soos bv. RAU gebou is, en mens kan op hierdie kampus vandag nog uitstekende Brutalisme beleef.

Die gerekende wêreldleier van butalisme was die argitek Louis Isadore Kahn, ‘n Amerikaanse argitek gebaseer in Philadelphia waar hy sy eie ateljee in 1935 gestig het en ook klas gegee het in Pennsylvania. (Waar ons vriend Uitenboogart ook gewerk het) (Wikipedia) Een van Kahn se mees bekendsre aanhalings was “Even a brick wants to be something”.

Daar loop ‘n goue draad vanaf Kahn in Pennsylvania VSA regdeur tot ons eie argitektoniese erfenis in Suid Afrika. Heelwat van ons gerekende argitekte het meesterklasse by hom gehad of is direk deur hom en sy tydgenote beïnvloed.

Alhoewel mens aanvanklik dalk vir die kaal en ongenaakbare aansig van ‘n brutalistiese gebou wil wegdeins, is dit moontlik om hierdie unieke argitektuurstyl wel te waardeer as mens vir ‘n oomblik ‘n argitektuurbril opsit, en in Suid-Afrika is daar baie sulke geboue om te waardeer. Hierdie geboue is ontwerp deur ‘n groep uitmuntende argitekte van die tyd. ‘n Paar name wat dadelik opduik is Willie Meyer, Bannie Britz, Roelof Uytenbogaardt, Hans Hallen, Karel Jooste en Jan van Wijk.

Willie Meyer van Meyer en Pienaar argitekte is op 31-jarige ouderdom aangestel as die hoof ontwerp Argitek vir RAU (destydse Randse Afrikaanse Universiteit). Die aanstelling volg sommer na ‘n telefoonoproep van die eerste rektor Dr. Gerrit Viljoen. Hierdie aanstelling was waarskynlik een van die grootste publieke projekte sedert die Uniegebou meer as `n half eeu van tevore, en so kry Brutalisme ‘n houvas op Suid Afrika, kort op die hake van die Wêreld.

Jan van Wijk se argtiekspraktyk het vir Meyer en Pienaar op die enorme taak van RAU bygestaan, en Bannie Britz was ‘n assistent in die kantoor. In Jan van Wijk se kantoor het Bannie ook aan die Taalmonument en die Univesiteitsoord Kerk gewerk.

In venootskap met Meyer ontwerp Bannie Britz later ses geboue op die Noord-Wes Universiteit se Potchefstroomkampus (voorheen PU vir Cho) Pukke. Die brutalisme is duidelik sigbaar by die studentesentrum in groot sirkelvormige openinge in ‘n steenmuur, asook die gebruik van beton en hout.

Hans Hallen beskryf RAU ook as een van die mees kragtigste voorbeelde van ‘n moderne Wêreldklas Universiteit in die tydsgees. “He believes that architecture is an art, and that to have universal validity the work must have its roots in the particular”.

Hallen wen op sy beurt ‘n kompetisie vir ‘n tweede Voortrekkermonument (ja, ons het twee Voortrekkermonumente, glo dit of nie!). Die monument is beslis een van ons land se crescendo’s van die Brutalisme, ’n beton silo met oordrewe detailering soos spuiers meesterlik gegiet uit beton. Dit staan op die Winburg ABO konsentrasiekamp terrein.

Die Silo tipologie is so gepas vir die Vrystaatse landskap dat jy dit dalk nooit eers in die verbygaan opgelet het nie. So as jy self wil gaan kyk en die pad tussen die Kaap en Gauteng wil onderbreek met iets anders as die normale brandstof pitstop, gaan kyk gerus en staan ‘n rukkie stil buite hierdie Voortrekkermonument. Indien die hek gesluit is druk net jou toeter en Moeketi sal uit die Noord-Ooste aangehardloop kom met die hek se sleutel. (Ek weet nie van toegangsfooie nie maar ek het hom maar ‘n ietsie gegee vir die hardloop).

Indien jy die Brutalisme eerstehands en tasbaar weer van nader in Pretoria wil ervaar kan jy gerus gaan uiteet by die Franse restaurant Brasserie de Paris. Hierdie woonhuis deur Karel Jooste is omskep in ‘n bistro sonder om inbreek te maak op die oorspronklike argitektuurtaal. Dit is sensitief omskep- let mooi op na die betonbruggie, die deure, ballustrades, detailering, teëls, skakelaars en die komplimenterende en eerlike materiaalgebruik deurgaans.

Ons firma het plaaslik in Pretoria met die ontwerp van die Javett – UP Kunsgallery in Lynnwoodweg ‘n abstrakte en brutalistiese “berg” uit beton ontwerp. Ons het op ‘n plaaslike bekistingsfirma besluit in plaas van ‘n duur Europese sisteem. Nie net het dit baie geld gespaar nie, dit het ook kapitaal in die land gehou en werksgeleenthede geskep. Die resultaat is ‘n berg met rowwe fasette wat handgemaaktheid vier. Dit vereer die brutalistiese gees en eerlikheid van konstruksiemetodes. Die natuurlike gedrag van beton kan gesien word in hierdie “lewendige” tekstuur, en die berg gaan op natuurlike wyse verouder.

Ek sluit af met woorde van die kunstenaar en Bauhaus argitek Jean Welz (Stephan Welz se vader): “Jy sien nie wat jy sien nie, jy sien wat jy weet en as jy meer weet sal jy ook meer sien.” Hopelik deur meer te weet van die beweging in ons Argitektuur geskiedenis sal jy beter en opnuut kyk na die geboue in jou omgewing.

My pleidooi is dat ons ons Brutalistiese argitektuurskatte bewaar deur dit te hergebruik soos die Brassirie de Paris in Karel Jooste se ou huis. Gaan kyk ook gerus die dokumentêre film vervaardig deur Kahn se seun Nataniel, my Father the architect. Dit sal jou baie beslis meer laat “sien”, so brutaal mooi.

  • Retro

    Retro

    Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipisicing elit, sed do eiusmod tempor incididunt ut labore et dolore magna aliqua. Ut enim ad minim veniam, quis nostrud exercitation ullamco laboris nisi ut aliquip ex ea commodo consequat. Duis aute irure dolor in reprehenderit in voluptate velit esse cillum dolore eu fugiat nulla pariatur.

    Excepteur sint occaecat cupidatat non proident, sunt in culpa qui officia deserunt mollit anim id est laborum.

  • iPhone

    iPhone

    Lorem Ipsum

    Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipisicing elit, sed do eiusmod tempor incididunt ut labore et dolore magna aliqua. Ut enim ad minim veniam, quis nostrudexercitation ullamco laboris nisi ut aliquip ex ea commodo consequat. Duis aute irure dolor in reprehenderit in voluptate velit esse cillum dolore eu fugiat nulla pariatur.

    Excepteur sint occaecat cupidatat non proident, sunt in culpa qui officia deserunt mollit anim id est laborum.

    • lorem ipsum
    • dolor sit amet
    • lorem ipsum
    • dolor sit amet
  • Desk

    Desk

    Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipisicing elit, sed do eiusmod tempor incididunt ut labore et dolore magna aliqua. Ut enim ad minim veniam, quis nostrud exercitation ullamco laboris nisi ut aliquip ex ea commodo consequat. Duis aute irure dolor in reprehenderit in voluptate velit esse cillum dolore eu fugiat nulla pariatur.

    Dolor sit amet

    Excepteur sint occaecat cupidatat non proident, sunt in culpa qui officia deserunt mollit anim id est laborum.

  • Autumn / Winter Collection

    Autumn / Winter Collection

    Lorem Ipsum

    Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipisicing elit, sed do eiusmod tempor incididunt ut labore et dolore magna aliqua. Ut enim ad minim veniam, quis nostrud exercitation ullamco laboris nisi ut aliquip ex ea commodo consequat. Duis aute irure dolor in reprehenderit in voluptate velit esse cillum dolore eu fugiat nulla pariatur. Excepteur sint occaecat cupidatat non proident, sunt in culpa qui officia deserunt mollit anim id est laborum.

  • Headphone

    Headphone

    Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipisicing elit, sed do eiusmod tempor incididunt ut labore et dolore magna aliqua. Ut enim ad minim veniam, quis nostrud exercitation ullamco laboris nisi ut aliquip ex ea commodo consequat. Duis aute irure dolor in reprehenderit in voluptate velit esse cillum dolore eu fugiat nulla pariatur.

    Excepteur sint occaecat cupidatat non proident, sunt in culpa qui officia deserunt mollit anim id est laborum.

  • Take Flight

    Take Flight

    Excepteur sint occaecat cupidatat non proident , sunt in culpa qui officia deserunt mollit anim id est laborum.

  • Workstation

    Workstation

    Lorem Ipsum

    Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipisicing elit, sed do eiusmod tempor incididunt ut labore et dolore magna aliqua. Ut enim ad minim veniam, quis nostrud exercitation ullamco laboris nisi ut aliquip ex ea commodo consequat. Duis aute irure dolor in reprehenderit in voluptate velit esse cillum dolore eu fugiat nulla pariatur.

    Excepteur sint occaecat cupidatat non proident, sunt in culpa qui officia deserunt mollit anim id est laborum.

    • lorem ipsum
    • dolor sit amet
    • lorem ipsum
    • dolor sit amet
  • Studio

    Studio

    • lorem ipsumdolor sit amet
    • lorem ipsum dolor sit amet

    Excepteur sint occaecat cupidatat non proident, sunt in culpa qui officia deserunt mollit anim id est laborum.

Bronne

www.artefacts.co.za

https://www.yatzer.com/even-brick-wants-be-something-louis-kahn

Banham, R. 1963 Brutalism

Foto

Argitek Pieter Mathews in Louis Kahn se Yale University Art Gallery New Haven deur J Chuang

About author

Articles

DEKAT is an award-winning lifestyle icon that celebrated its 35th birthday in 2020. Enjoyed by modern, free-thinking readers DEKAT is an award-winning lifestyle icon.
Related posts
ArgitektuurJohan LiebenbergKultuurKunsReis

Die Guggenheimmuseum in Bilbao - 'n droom in titanium

deur Gerard Scholtz (Rol af vir foto’s) In my jong en ernstige lewe koop ek‘n Lotte Lenya…
Read more
ArgitektuurDekorKosKultuurKunsOntwerp

Design Indaba Festival of Creativity 2018

Experience the world’s leading creative currency that’s driving design for a better…
Read more