Verminder jou skuld – verreweg die beste finansiële nuwejaarsvoorneme

Die nuwe jaar is hier! Bewys jouself ʼn guns en kies die beste finansiële nuwejaarsvoorneme moontlik: gee jou skuld ʼn doodskoot. En hou voet by stuk! Indien 2017 jou platsak gelaat het en jy oorweldig voel deur opgehoopte kostes, betalings en skuld, oorweeg dit sterk om in 2018 van jou skuld ontslae te raak. Matthys Potgieter, skuldkenner by DebtSafe, bied ʼn paar handige wenke om vorentoe ʼn skuld-vrye verbruiker te kan word.

Matthys Potgieter

ʼn Finansiële voorneme begin by ʼn begroting

Jy het dit heel waarskynlik al ʼn duisend maal gehoor, maar het jy werklik ʼn paar minute afgestaan om ʼn begroting op te stel vir 2018? Indien nie, hou op tyd mors! Stel ʼn begroting op, want dit sal jou toelaat om jou uitgawes in toom te hou. Sodoende word jou inkomste geëvalueer en jou uitgawes word in ʼn rangorde geplaas van wat baie belangrik is en wat minder belangrik is. Potgieter sê jy kan ʼn begroting in ʼn notaboekie aandui, ʼn aanlyn-templaat of selfs ʼn foontoepassing (soos JamJar of 22Seven) oorweeg.

Maak goeie finansiële gewoontes deel van jou leefstyl

Kundiges meen dat dit twee tot drie weke neem om in ʼn gewoonte in te kom. Wees daarom bewus van dinge wat jy doen en maak goeie finansiële gewoontes deel van jou leefstyl. Volgens Potgieter kan hierdie volgende vyf wenke jou in die proses help:

  1. Skep ruimte om te spaar

Stel ʼn outomatiese debietorder op (byvoorbeeld vir jou motorversekering of mediese fonds) en spaar voordat jy eens kan dink om geld te bestee. Stuur 10% tot 15% van jou totale inkomste direk na jou spaarrekening toe sodra jou salaris inbetaal word.

  1. Vermy onbeplande inkopie-ekspedisies

Beperk die plesier van onmiddellike bevrediging deur ʼn inkopielys te gebruik  – en daarby te hou. Wees op die uitkyk uit vir goeie pryse en moenie die daaglikse druk van die lewe hanteer deur emosionele besluite te neem nie, veral wanneer jy inkopies doen. Onthou ook: handelaars is nie jou (of jou beursie se) vriende nie. Hulle speel dikwels op jou sintuie – probeer om nie mislei te word deur ʼn aanloklike ‘bemarkingsfoefie’ nie en weet dat ʼn ‘winskopie’ nie noodwendig vir jou geld gaan spaar nie.

  1. Knyp tyd af om bankstate te hersien en ‘spaarlekkasies’ te vermy

ʼn Belangrike wenk wat jy in gedagte kan hou, is om jou bankstaat gereeld na te gaan. Jou bankstaat dui duidelik aan hoeveel geld bestee het, wanneer en waarop.

Deur jou bankstate gereeld na te gaan, sal sekere ‘lekkasies’ aan die lig kom. Jy sal, met ander woorde, kan sien wanneer jy vir iets betaal wat jy nie werklik gebruik nie of jy sal oorweeg om ʼn goedkoper kwotasie vir ʼn diens of produk iewers elders te gaan soek. Dit sluit byvoorbeeld in sekere TV-kanale of selfs jou hardloopklub- en gimnasium-lidmaatskapgelde.

  1. Kwel jou wel oor die klein dingetjies

Of jy dit wil weet of nie: elke sent tel en jy wil nie hê dat kostes jou voorafbeplande begroting moet ontwrig nie. As jy byvoorbeeld  ʼn kleinerige herstelwerk/opknapping aan jou huis moet laat doen, gee aandag daaraan en beweeg dan na die volgende item toe wat herstelwerk nodig het. “Dit kan jou verhoed om in ʼn onbeplande situasie te beland waar jy geld moet uitgee om die warmwatertoestel, die swembad se lek of jou voertuig se remskoene op een slag te moet herstel,” verduidelik Potgieter. 

  1. Betaal jou skuld af soos wat dit vir jou behoeftes werk

Maak ʼn lys van al jou skuld en dui die rente aan wat jy op elke tipe skuld betaal. Hou tred met hierdie betalings en voeg ʼn tydraamwerk by, wat spesifiseer wanneer jy kan verwag om ʼn sekere skuldbetaling af te handel. Daar is basies twee maniere om jou skuld te delg, sê Potgieter. Die sneeubal-effek is wanneer jy jou kleinste skuld eerste afbetaal, soos byvoorbeeld ʼn klererekening. Die tweede metode is die sogenaamde stortvloedmetode wanneer jy jou skuld met die hoogste rente eerste aanpak om af te betaal en dan die res van jou ‘kleinere’ skuld te delg.

Leef binne perke Jy verdien maandeliks ʼn bepaalde inkomste. Moet dus nie jou kosbare spaargeld en kredietkaarte gebruik om jou verdienste ‘uit te rek’ nie. Dit sal meebring dat jy meer items aankoop as wat jou inkomste kan dra. As gevolg hiervan kan jy dieper in die skuld gedompel word. Maak jou bestedingsirkel toe en plaas die fokus op noodsaaklike betalings of uitgawes. Bepaal hoeveel vir jou genoeg is, pas jou leefstyl daarby aan en hóú daarby.  Jy gaan die wedloop wen indien jy dié nuwe jaar afskop met ʼn nuwejaarsvoorneme om jou skuldverpligtinge te bemeester. Gebruik gerus hierdie wenke om nie net jou skuld te verminder nie, maar om ook vinniger skuld-vry te wees. 

  • Oor DebtSafe

DebtSafe is ʼn geregistreerde skuldberader en het al duisende oorverskuldigde Suid-Afrikaners gehelp om hul skuld met behulp van sy innoverende skuldhersieningsprogram af te betaal. Begin jou nuwe begin deur een van ons bekwame skuldadviseurs te kontak: 0861 100 999; e-pos: info@debtsafe.co.za of SMS jou naam en “info” na 30898 (gratis SMS).

 

By | 2017-12-30T15:11:04+00:00 December 30th, 2017|Uncategorized|