664 Views |  Like

DEKAT-medewerker wen goud en silwer by BASA 2016

Die kunstejoernalis en DEKAT-medewerker Christiaan J de Swardt is vroeër dié week (28 November) met twee toekennings by die jaarlikse BASA-toekenningsgeleentheid vir joernalistieke uitmuntendheid bekroon. Hy is die enigste Afrikaanse skrywer wat goud én silwer gewen het.

De Swardt het goud verwerf in die nuusafdeling vir ‘n futuristiese nuusberig wat op 22 Desember 2015 as fiksie op Litnet gepubliseer is onder die opskrif ‘n Moerse Klug.

Hy het silwer gekry vir sy resensies in DeKat (KKNK 2016 – ‘n Stryd om Oorlewing) en Vrouekeur (Oppinoot).

Die algehele kunstejoernalis van die jaar, Niren Tolsi, het goud as beste resensent én beste artikelskrywer gekry vir sy werk in verskeie Engelse publikasies.

Die ander joernaliste wat met silwer vir hul werk in Afrikaans bekroon is, is Herman Lategan (Die Burger, Beeld, Volksblad, INK, SPAT & Media 24), Marina Griebenow (INK), Jo-Ann Floris (INK) en Johan van Lill van RSG. INK is die Woordfees se publikasie en SPAT is Aardklop se publikasie.

De Swardt voeg dié twee toekennings by ‘n indrukwekkende lys bekronings: twee Mondi-tydskriftoekennings, drie Caxton-tydskriftoekennings en ‘n BASA-toekenning (2015).

christiaan-vir-dekat

Die veelbekroonde joernalis en DEKAT-medewerker Christiaan de Swardt

Christiaan J de Swardt attended Volschenk Primary and CJ Langenhoven High in Riversdale, Western Cape.  He studied BA Communications at RAU and drama at the Academy of Drama Arts in Johannesburg.

Debut

His first short story was published at the age of twelve.

Versatility

During his career spanning over 35 years he worked in various spheres of journalism and entertainment – from reporter and copy editor at the daily newspaper Beeld, to social, youth and entertainment editor of the glossy lifestyle magazine DeKat and editor and publisher of the bilingual youth magazine, 2 -21 and 21 Magazine.

He also worked as a playwright, actor and director, and has produced, among other things, a celebrated farce and a controversial one-man show.

During his military service, he worked as a screenwriter for the SA Navy and produced training documentaries. He was scriptwriter-in-chief of the youth sports program Perm Junior Sport on SABC 2.

Reviews

His music, theatre and film reviews, as well as artist profiles, have been published in various newspapers and magazines, including Die Vaderland, The Tansvaler, The Citizen, Tribute, Bona, Tight Lines, Essentials, Vonk, Personality, Keur, Vrouekeur, DEKAT, Taalgenoot and LitNet.

 

Facebooktwitter