600 Views |  Like

Oop deur na die Laeveld

Ervaar die gasvryheid van Mpumalanga se hoofstad, Nelspruit, die poort tot Mpumalanga met sy subtropiese klimaat, oorvloedige sonskyn en welige heuwels en valleie. Dit is die ideale basis waarvandaan jy Mpumalanga kan verken – wat die Protea Hotel Nelspruit net die verblyf maak waarna jy op soek is. Die hotel het maklike toegang tot nasionale paaie en die Kruger Mpumalanga Internasionale lughawe, daarby is gaste slegs 63 km ver van die beroemde Krugerwildtuin – in die Vyf Grotes se hartland.

Protea Hotel Nelspruit het 94 moderne, luukse en suite-slaapkamers – elk met kraakwit beddegoed en ’n aparte bad en stort. Die direkteurskamers bied geriewe soos ’n minikroegyskas, yster, koffie-indompelaar en warm sjokoladedrankies – dubbelkamers, standaardkamers, koningskamers, skakelkamers en algemeen toeganklike verblyf.

Die hotel bied WiFi-konneksie en konferensiegeriewe is beskikbaar vir vergaderings, seminare en bankette vir tot 70 afgevaardigdes. Almal word met gesellige Mpumalanga-gasvryheid verwelkom.

Die provinsie bied ’n verskeidenheid van kulturele, botaniese en geskiedkundige avonture, met die Krugerwildtuin net om die draai. Die Laeveld Botaniese Tuin en Sudwala-grotte is die ideale uitstappie vir oud en jonk, terwyl Nelspruit ’n groot verskeidenheid van Suid-Afrika se beste kleinhandelwinkels bied vir heerlike inkopies, wat dit ’n genot maak vir vakansie- en sakereisigers.

Gaste kan ontspan en etes in The Fig Tree Restaurant geniet waar heerlike buffetontbyt daagliks bedien word sowel as ’n uitgebreide à la carte-spyskaart vir middag- en aandete. En om ’n perfekte dag af te rond, ontspan in die pragtig ontwerpte tuin of geniet ’n skemerkelkie op die terras wat op die swembad uitkyk.

Om te bespreek, kontak die hotel direk of besoek Protea Hotels.

Kontak +27 (0)13 752 3948, res@phnelspruit.co.za

Protea Hotel Nelspruit

Protea Hotel Nelspruit (14)

Protea Hotel Nelspruit (13)

Protea Hotel Nelspruit (12)

Protea Hotel Nelspruit (11)

Protea Hotel Nelspruit (10)

Protea Hotel Nelspruit (8)

Protea Hotel Nelspruit (1)

Protea Hotel Nelspruit (2)

Protea Hotel Nelspruit (3)

Protea Hotel Nelspruit (4)

Protea Hotel Nelspruit (5)

Protea Hotel Nelspruit (6)

Facebooktwitter