Taste the Helderberg 2018

’n Winter-fees van goeie kos en wyn om ’n wegbreek-naweek in te lui

Verjaag die winterkoue se ysige byt met ’n proe-ervaring van die wonderlike aanbiedinge van uitstekende Helderberg plase en wingerde op Vrydag, 8 Junie by die jaarlikse Taste the Helderberg, by die NH The Lord Charles Hotel – ’n katspoegie van Kaapstad, in Somerset-Wes. Organiseerders het vir dié geleentheid ’n tema-kleur gekies wat hulde bring aan die Helderberg se kwaliteite: pers, die mistieke kleur van die koninklikes.

Die geleentheid word vanjaar vir die eerste maal op ’n Vrydag gehou en bied aan wynliefhebbers die geleentheid vir ’n idilliese naweek wegbreek na die platteland. Jy kan van die eerstes wees wat die nuutste wynvrystellings én van die streek se beste wyne proe en dan Saterdag en Sondag uitry na die plase om hul offerandes eerstehands te gaan ervaar.

Die Helderberg troon bo Somerset-Wes uit, as deel van die Hottentots-Holland bergreeks. Op die berge se skouers, koel die vars briesies van Valsbaai die wingerde en ander landbouprodukte al vir eeue af. Die wynplase is al klaar die weerspieëling van hierdie tydlyn: van die historiese tot die ultra-moderne; almal is ongelooflik.

Taste the Helderberg is ’n Wynland-hoogtepunt vir die vertoning van wonderlike wyne – waarvan heelwat al ikoniese status bereik het – sowel as die geleentheid om talle van die wynmakers, wingerdboukundiges en eienaars persoonlik te ontmoet.

Vanjaar kan besoekers uitsien na ’n opwindende verlenging van Taste the Helderberg: ‘kosteater’ in die vorm van ’n fassinerende sjokolade nagereg-installasie.

Die sjokolade-verlustiging bring ’n nuwe dimensie na die tradisionele kulinêre aanbieding van die opskiet kosstalletjies, omdat hierdie soetigheid deur die loop van die aand, net daar berei en geniet sal word. Hierdie onkonvensionele ‘kosteater’ sal verseker ‘n lekker gehoor plesier-verskaffer wees en beslis die kersie op die kos-koek van dié koninklike geleentheid wees.

Ook sal die paartjie met die mees oorspronklikste uitrustings aangewys en beloon word vir hul innoverende gebruik van pers.

Datum: Vrydag, 8 Junie

Tyd: 17h00 tot 21h00

Koste:            R150 pp

Elke kaartjie sluit ’n glas, wynproeë en sjokolade-happies in. Plaaslike kos sal regdeur die aand te koop wees.

Kaartjies na die geleentheid kos R150 pp en moet verkieslik aanlyn bespreek word by www.wineroute.co.za. As daar enige kaartjies oor is, sal dit by die deur verkoop word.

Vir meer inligting oor Taste the Helderberg 2018, besoek www.wineroute.co.za of bel 021 886 8275. Taste the Helderberg word deur Stellenbosch Wynroetes aangebied. Neem vooraf deel aan die geleentheid se opwinding op sosiale media deur #DiscoverHelderberg te volg.

Bespreek jou verblyf by NH The Lord Charles Hotel, by http://nh-hotels.co.za/.

By | 2018-05-08T15:57:45+00:00 May 8th, 2018|Kos|