630 Views |  Like

Finaliste ding mee om Pendoring trofee

84 Finaliste ding mee om ’n gesogte Pendoring-trofee. Die wenners word op 30 Oktober by die twintigste Pendoring-bekroningsaand by Vodacom World in Midrand aangekondig.

Die finaliste is gekies uit 283 inskrywings. Negentien reklame-agentskappe het finaliste vir vanjaar opgelewer. Joe Public het weer eens vir die meeste finaliste gesorg, naamlik 13. FCB Kaapstad is tweede met 7 finaliste. Promise Brand Specialists en Ninety9Cents Communications is derde met 5 finaliste elk. Etiket, Ireland/Davenport en TBWA\Hunt\Lascaris Johannesburg het elkeen 4 finaliste opgelewer.

TWO.AM Agency, Birthmark en Native VML het 3 elk, Shift Joe Public, Baie-Lingual Concepts, DDB South Africa en Chasing Migada Productions het 2 finaliste en King James Group, FCB 1886, Black River F.C., Haas Advertising en Africards het elkeen 1 finalis.

In die Studentekategorie loop Noordwes-Universiteit voor met 11 finaliste. Tweede is Stellenbosch Academy of Design and Photography met 4 finaliste, Vega, Pretoria, en AAA, Johannesburg, het 2 elk en die Universiteit van Pretoria het 1 finalis.

Kaartjies vir die Pendoring-bekroningsaand is nou te koop by Corrie le Roux (corrie@vibrantmedia.co.za of 011 880 5202). Studente ontvang 25% afslag op kaartjies. Keerdatum vir besprekings is Maandag 19 Oktober.

Facebooktwitter