SKOONHEID MET HART

Twee susters van Stellenbosch, Stella Ciolli en Elise du Plessis, het SKOON. velsorg in ’n internasionaal erkende, omgewingsvriendelike, nietoksiese velsorgprodukreeks uitgebou. Dit is ook nie op diere getoets nie, fluweelsag op jou vel en ruik sensueel …

Om te dink twee siviele ingenieurs is nou in die skoonheid bedryf …

SKOON. is ’n natuurlike velsorgreeks – die wetenskaplik geformuleerde kombinasies van gehalte, natuurlike bestanddele – te danke aan die susters Stella Ciolli en Elise du Plessis. Hulle woon en werk op Stellenbosch.

Die produk is nietoksies, omgewingsvriendelik en nie op diere getoets nie. Hulle beskou dit as “skoonheid met hart” – beauty with kindness. Dit bevat voorts geen parabens (bestanddele wat help om skoonheidsmiddels te preserveer nie). En hulle is sterk gekant teen formules met moontlike karsinogene (substansies wat moontlik kan lei tot die vorming van kanker.)

Ciolli het sowat tien jaar gelede in ’n koerantartikel gelees daar kan tot 515 toksiese bestanddele op ’n vrou se liggaam wees weens die manier waarop moderne skoonheidsmiddels vervaardig is. Sy het besluit dít kan nie so voortduur nie. Sy sal skouer aan die wiel moet sit en ’n verskil maak.

“Ek het my eie laboratorium begin en saam met ’n voltydse wetenskaplike/apteker gewerk, wat dit moontlik gemaak het om die beste natuurlike formules met werkende aktiewe bestanddele te skep.” Sy het wyd gereis om navorsing te doen, die beste bestanddele uit te soek en sodoende die beste produk te vervaardig. “Ek en Elise gebruik nét SKOON.” As dit nie goed genoeg vir hulle is nie, hoe kan hulle verwag ander moet dit gebruik, reken hulle.

Hulle werk in ’n idilliese omgewing – hul fabriek en kantore kyk uit op die blou berge van Stellenbosch en groen landerye waarin vee plek-plek wy. Dit is rustig. In die fabriek ruik dit na laventel, damaskroos, vanilla … Die klein span vroue is gedrewe en knap.

Du Plessis en Ciolli spot: “Ons sou eerder ons skoonheidsmiddels koop as om oor een van ons brûe te ry …” Maar duidelik is hul breine logies en is hulle nie bang vir uitdagings nie. Dié 360 grade swaai na die skoonheidbedryf, was volgens Ciolli, “vol kinkels en draaie, maar fassinerend.”

SKOON. produkte bevat ’n verskeidenheid van suiwer plantolies, ryk in neutbotter, blom- en botaniese ekstrakte van oor die wêreld heen – en plaaslik. “Ons kernwaardes is eerlikheid en heilsaamheid.” Dit is met ’n skoon gewete geformuleer. Die produkte is goed vir die vel en die omgewing. En dit voldoen aan die streng standaarde van die internasionaal erkende Environmental Working Group.(EWG).

Dit is maklik om te gebruik. En elke vrou kan besluit, na gelang van haar behoeftes, hoe sy dit inspan. Party drup ’n paar druppels van die konsentraat direk op haar gesig. Ander meng dit met die bevogtiger. Party gebruik bloot bevogtiger.

SKOON. lééf hul etos uit en gee ook ’n gedeelte van hul wins aan verwaarloosde diere. Du Plessis gee byvoorbeeld geld vir diereskuilings in die groter Stellenbosch-omgewing. Sedert sy ’n ou klein meisietjie was, het haar hart geklop vir die vierpotiges. Sy hoop om eendag ’n volhoubare diereskuiling te stig wat sy self kan finansier, terwyl sy vir SKOON. werk.

Kyk gerus na die verskeidenheid van SKOON.-velsorgprodukte by www. skoonskin.co.za of kyk daarvoor uit by sekere skoonheidsalonne.

Die hele span by die fabriek. Voor van links na regs: Mercia St. Clair-Bolam, Stella Ciolli, Emma du Plessis, Liesl Hamel, Hilda Neurotanga en Chenel Krige. Agter van links na regs: Elise du Plessis, Gina Muntingh en Susan Duvenage.

By | 2017-11-07T17:14:48+00:00 November 7th, 2017|Bon Vivant, Luxury produkte, Promosies, Styl|