DEKAT PROFIEL

PROFIEL 2017-07-11T20:40:40+00:00

DEKAT

Voorblad: Ikonies. Inhoud: verfrissend, onkonvensioneel. Visuele voorstelling: skitterend. Rakleeftyd: onbeperk. ’n Versamelstuk par excellence.

Om hierdie redes – en baie ander – sedert ons debuut in 1985 het DEKAT voortdurende ’n oortuigde gevolg getrek en kieskeurige tydskriflesers van alle soorte eindeloos vermaak.

Met vyf uitgawes jaarliks in Afrikaans en Engels lok dié ikoniese tydskrif steeds progressiewe, moderne en vrydenkende Suid-Afrikaners, danksy ’n unieke benadering tot onkonvensionele sake en onderwerpe wat gedek word deur gesoute joernaliste, ’n sterk fokus op die jongste verskeidenheid top-klas leefstyl goedere en ook ’n heerlike mengsel van kuns, kultuur, dekor, mode, kos en skoonheid.

In uitgawe op uitgawe was DEKAT nog altyd in staat om die toets van die tyd te deurstaan en wat betref vernuwing is die tydskrif op die voorpunt.

Webtuiste

Die tydskrif se vermoë om voorwaarts te beweeg en aan te pas by Suid-Afrika se ewig veranderende sosiaal-politieke en ekonomiese omgewing word weerspieël in die herontwerpte webtuiste wat pols van energie en lewe met die visuele voorstelling die toppunt van sjiek gehalte en styl.

DEKAT TV

Vereenselwig met dieselfde professionalisme en gehalte as die gedrukte uitgawes en aangebied en vervaardig deur lede van dieselfde span verantwoordelik vir DEKAT-tydskrif, is DEKATv ’n natuurlike uitvloeisel van die DEKAT-handelsmerk.

DEKATv is die eerste keer uitgesaai op kykNET (DStv) in 2009 en daarna vir ses agtereenvolgende seisoene. Elk van die reekse het kykers op ’n opwindende reis na sommige van hul gunsteling-“bestemmings” geneem om die beste uit boeke, eiendom, kuns, styl en kos te geniet. In 2014 was DEKATv op kykNET se top-20 lys en in 2015 was dit vierde op die lys van programme waarna die meeste gekyk word op kykNET.

Essensiële statistiek

Kopieë gedruk: 30 000 met een derde afgestaan aan die Engelse uitgawe.
Lesertal: 130 000.
Sirkulasie: 13 467.
Verspreiding: Nasionaal met Gauteng (42%) en die Wes-Kaap (25%) vooraan.
Werkstatus: Oorwegend werkende mense, sake-eienaars en huisvroue.
Ouderdomsgroep: 16 – 50+ met die gemiddelde ouderdom 41.
Inkomstegroep: 57% van lesers is in LSM 10,45% van lesers het tersiêre opvoeding.
Manlik/vroulik-verhouding: 49%:51%
Ras-verhouding: 56% wit, 25% bruin; 19% swart.

Sluit aan by ons wêreld

Volgepak met buitengewone en dikwels flambojante inhoud is DEKAT steeds ’n opwindende reis. Sluit by ons aan deur ons avontuur aanlyn te volg.