Ons donker hart


Geskryf deur Dawie Roodt

Dawie Roodt

Die slegte nuus is dat ons ‘n vernietigende en onbevoegde regering het. Die goeie nuus is dat so ‘n regering onwaarskynlik is om die nale stadium van die revolusie te implementeer.

Hoekom is dit dat ’n land soos Suid-Afrika met soveel potensiaal op so ’n slegte plek vasgeval het? Die ekonomie is in ’n trae groeitrajek en werkloosheid en armoede is aan die toeneem en vertroue is net weg. Hoekom is dit dat ons net nie uit dié groef kan kom nie? Is ons beleid verkeerd? Om die waarheid te sê, wat is ons beleid, en watter ideologie bepaal ons beleid? Breedweg is daar twee verskillende ideologieë in die werk gestel deur die meeste lande oor die afgelope honderd jaar of wat. Sonder om ’n tegniese debat aan die gang te sit, was dié twee breë ideologieë kapitalisme en kommunisme, wat dikwels baie ander name genoem word. Wesenlik is die verskil tussen “links” en “regs” gesentreer om die mate waarop private eiendom beskerm en erken word.

Suid-Afrika se geskiedenis is ook verskeur tussen die verskillende ideologieë, maar ons huidige regering se ideologiese oorwegings is grootliks in ooreenstemming met die sosialistiese variëteit wat ook blyk uit hul beleid. Maar dié beleid is onduidelik en dikwels in kon ik en lei dikwels tot onsekerheid. En onsekerheid is die grootse vyand van ekonomiese groei. Maar kom ons kyk of ons enkele belangrike historiese gebeure en ontwikkelings kan oproep om uit te vind of dit ’n uitwerking op ons huidige regering se beleid het. Miskien gee dit ons ’n mate van duidelikheid oor die redes vir ons treurige vertoning.

Ideologieë ontwikkel oor tyd en verskillende weergawes en denkskole bestaan in alle ideologieë. Ook is sommige ideologieë voorskriftelik en voorspel die verskillende stadiums van “vooruitgang”; sosialimse/ kommunisme is ’n goeie voorbeeld.

Karl Marx, die vader van kommunisme, het ’n sekere patroon voor- spel van hoe kapitalisme eindelik onder sy eie gewig in duie sou stort en hoe kommunisme op laas uit die as van kapitalisme verrys. Wladimir Ulianof (Lenin) het Marx se idees verfyn, maar in verskeie belangrike aspekte afgewyk van Marx se idees.

Vernaamlik was Lenin nie ’n voorstander van demokrasie nie en het hy verkondig dat mag gesentraliseer moet wees en slegs wanneer die proletariaat opgevoed is oor die ekonomie en politiek kan hulle toegelaat word om te kies, alles in ’n vooraf omskryfde sosialistiese struktuur.

Die man van staal, Iosif Vissarionovitsj Dzhugashvili oftewel Stalin, was geen ideoloog nie, maar hy was beslis ’n praktiese kêrel. Lenin was ’n pragmatis en het, byvoorbeeld, ’n mate van private eienaarskap toegelaat, maar Stalin (soos Mao) wou niks hiervan weet nie en sy idees van kollektivisme is ywerig nagevolg en afgedwing, alles in die naam van die komende sosialistiese Nirvana. Die gevolg was miljoene der miljoene dooie Russe (en Chinese).

Maar watter gebeure het ons gevorm en wat kan ons nou verwag? Een gebeurtenis was die Vryheidsmanifes wat in 1955 aangeneem is en wat duidelik die sosialistiese idees wat toe aan die orde van die dag was, weerspieël. Hoewel dit hoogs beïnvloed was deur die kommuniste sentreer die Vryheidsmanifes om menseregte sonder veel oor radikale kommunisme. Hoewel daar ’n sweempie van kollektiewe eienaarskap (nasionalisasie) is, is dit so geskryf dat baie mense met verskillende ideologiese beginsels die manifes heeltemal aanvaarbaar vind. Kom ons noem die Vryheidsmanifes sosialisme lig.

Maar dit geld nie die National Democratic Revolution (NDR) nie. Die NDR is nie goed omskryf nie, maar enkele eienskappe is klaarblyklik. Ideologies is dit onbuigbare kommunisme en spesi ek Leninisme. In die praktyk sou die inwerkingstelling daarvan meer neig na Stalin en Mao se leerstellings.

Klassestryd, die stryd tussen die bourgeoisie en die proletariaat en verwysings na ekonomiese ineenstorting vorm die kern van die NDR. Ironies, is een van die valse doelstellings van die NDR om “demokrasie te versterk”, gegrond op Lenin se teorieë , terwyl Lenin self beslis geen demokraat was nie!

Die NDR word beskryf meer as ’n proses waardeur “demokrasie” bereik kan word, dit beteken wanneer mense intellektueel, sosiaal, ekonomies en polities “bemagtig” is, maar slegs as hulle in die dampkring van Lenin se idees bly.

Dit is interessant dat die ANC, ongeag hul geskiedenis en ideologiese wortels, aan die begin radikaal afgewyk het van hul sosialistiese wortels toe hulle in 1994 aan bewind gekom het. Inderwaarheid, was die ANC se beleid aan die begin nogal taamlik neo-liberalisties van aard. Markte is verruim en selfs staatbates is geprivatiseer. Dit was geen Leninpartytjie nie. Maar die ANC het onderweg weer van karakter verander en het selfs in 2004 hulle as ’n sosiaal-demokratiese party verklaar. En gaandeweg, met die tyd, het Lenin se idees, veral oor gesentraliseerde mag, duidelik geraak in kaderontplooiing, staatsgrype en die vestiging van ’n regerende en plunderende (kultus) elite.

Tog kan spore van die neo-liberalistiese idees van die negentigerjare nog gesien word in ons amptelike, verstrekkende makro-ekonomiese beleidraamwerk in die vorm van die nasionale ontwikkelingplan (NDP). Amptelik bly die NDP beleid, maar slegs in naam. Dit blyk die Vryheidsmanifes, en nog belangriker die NDP, het onlangs van vorm verander in die onlangse populêre frase van radikale ekonomiese transformasie (RET).

Weer is daar baie min duidelikheid oor wat met RET bedoel word, maar gegrond op wat ons weet van die geskiedenis en ideologiese oortuigings van die ANC, is RET waarskynlik die inwerkingstellingsfase van die NDR, kom ons noem dit die Stalin-fase van die revolusie. Dus, terwyl alles wat RET voorafgegaan het, gesien moet word as die voorbereidingsfase van “sosialisme”, moet RET gesien word as die inwerkingstellingsfase. En soos Stalin, sal die staat radikale idees afdwing, met geweld indien nodig.

Dit kan verwag word dat RET met ’n aansienlike mate van sosiale ingenieurswese afgedwing sal word onder die dekmantel van, byvoorbeeld, BEE en alle soorte rassekwotas en vereistes. Daarby, verwag meer inmenging van die staat in besigheid, kragtiger “mededingingswette”, voorgeskrewe bates en so meer. Suksesvolle private bedrywe sal geteiken word en eindelik vernietig word soos die voorgestelde nasionale gesondheidversekering, wat op laas private gesondheidsorg sal teiken en ver- nietig. Dit sal alles ge nansier moet word en die beslaglegging van die bourgeoisie se bates sal waarskynlik bewerkstellig word met die bekendstel- ling van nuwe en vernietigende belastings en kapitaal- en rykdombelasting.

Ons het duidelik gevorder op ons reis na sosialisme. Maar ons verskil merkbaar in een opsig van ander sosialistiese regimes; daar is geen kultuspersoonlikheid nie. Nelson Mandela het die persoonlikheid en gravitas gehad om so ’n guur te word, maar dit is onwaarskynlik dat Zuma of enige ander huidige leier gou dié status sal verkry.

Hoewel die ideologiese oortuigings van ons politieke elite voortspruit uit ’n vernietigende en twyfelagtige ideologie, ’n gebrek aan kognitiewe diepte, twyfelagtige leierskap met geen kultus guur nie sal die rampe wat soortgelyke eksperimente in sosialisme oorweldig het, waarskynlik nie in Suid-Afrika herhaal word nie.

Die slegte nuus is dat ons ’n vernietigende en ondoeltreffende regering het, die goeie nuus is dat dié soort regering waarskynlik nie die nale stadium van die revolusie in werking sal stel nie.

Dawie Roodt: hoofekonoom van die Efficient Group
dawieroodt@efgroup.co.za

By | 2017-07-31T21:01:35+00:00 July 20th, 2017|Sake|