Mooi met waarde

Koop ’n klein bietjie nostalgie en belê sommer terselfdertyd. Twee van Malick Sidibé se foto’s word dié winter opgeveil deur Auction Aspire. Sidibé was ’n fotograaf van Mali wat in die 1950’s, ‘60’s en ‘70’s die populêre kultuur van sy dorp, Bamako, gedokumenteer het. Sy werk toon die oorgang van Franse koloniale oorheersing na bevryding. Sy beelde vang straattonele, nagklubs en sportgeleenthede vas. Die foto’s word opgeveil as lot 53 tydens Aspire se Johannesburgse winterveiling op 17 Julie. Vir meer inligting besoek hul webblad by : https://aspireart.net

2017-07-24T13:14:24+00:00