Metanoia & Die Gebreekte mens

Pretoria Kunsvereniging Paasuitstalling

Vir die Pase word twee uitstallings op 16 Maart 2018  by die Kunsvereniging in Mackiestraat geopen:  In die Noordgalery is die bekende Pretoriase kunstenaar, Michael Heyns se werk oor ‘Die Gebreekte Mens’;  en in die Hoofgalery sal Cronjé Lemmer & Roy Vieira Forté hul werk met die tema Metanoia (die musiek van Paasfees) bekend stel.

Michael Heyns sê dat gesprek met ’n werk vir hom van groot belang is en dat sy tema eers ‘Gesig van Liefde’ was totdat hy by die gebreekte, ontneemde mens uitgekom het.

Roy Vieira Forte Holy Spirit Mandala

Roy Vieira Forte sê vir hom weerklink Paasfees in metanoia, dit eggo die klank van bekering.  Met Paasfees word alles nuut; kry alles nuwe betekenis.”  Werke uit sy debuut-uitstalling van 2017 en nuwe kollagrafiese etse word met hierdie uitstalling vertoon.

In sy werk gebruik Cronjé Lemmer gebruik die vlinder as simbool van nuwe lewe en gebruik ook voëlsimbole omdat hulle as boodskappers van goeie nuus optree.  Vir dié uitstalling het hy ook doringtakke gebruik vir die gruwel van die mensgemaakte doring-kroon, maar die titel is “Oorwinning”.

Cronjé Lemmer

Cronjé Lemmer

Beide die uitstallings word deur Ds. André van Niekerk van die N.G. Kerk Waterkloof geopen op Vrydag 16 Maart 2018 om 18h30 vir 19h00 en duur tot Woensdag 4 April 2018 om 12h00.  ‘n Voorskou vind plaas op Vrydag 16 Maart 2018 vanaf 14h00 tot 17h00.

Pretoriase Kunsvereniging

Mackiestraat 173

Nieuw Muckleneuk

Galery Ure

Dinsdag tot Vrydag:  09h00 tot 18h00

Saterdag:  09h00 tot 13h00

 www.artspta.co.za

By | 2018-03-14T16:57:37+00:00 March 14th, 2018|Kuns|