In die dekorbinnekring

Ervaar die beste van 2017 se binnehuistendense by Decorex Joburg.

Daar is so soveel opwindende dekor- en ontwerptendense wêreldwyd wat na elke bykomstigheid en meubelstuk deur- syfer dat dit nogal oorweldigend kan wees om jou eie ruimte in te rig. Decorex Joburg wat van 9 tot 13 Augustus by die Gallagher-konvensiesentrum gehou word, verwelkom kenners in die bedryf en bied ’n insiggewende oorsig oor die volmaakte dekoropsie wat jou “droom oor jou eie ruimte werklikheid maak”.

Sian Cullingworth, portefeuljedirekteur van Lifestyle, Designs & Retail Exhibitions, het gesê 2017 se tendense moedig ’n beweging weg van elektronika aan, waar ’n toevlug gevind kan word in die natuurlike inspirasie wat in die huis gebring word. “Daar is ’n be- weging dat ons moet terugstaan van die gekonnekteerde wêreld af waar die voortdurende interaksie met elektronika ons omring met ’n onophoudelike geraas wat in jou verstand en siek indring,” verduidelik sy. “Deur onsself te distansieer van die gekonnekteerde omgewing sal ons verkwikking vind in ons droom leefruimte, ’n ruimte wat vertroetelend en vervullend is, waar getekstureerde meubels, strelende skakerings en snoesige hoekies die siel en gemoed hernu en ons weer kan aanskakel vir die wêreld daar buite.”

Wat om in 2017 te verwag

Die fris, skoon voorkoms van die Wit op wit weerspieël emosionele welstand en aanvulling by die aanloklike Swart op swart-tendens wat introspeksie en rus aanmoedig. Dié twee tendense kom saam in die swart- en-wit-dekonstruksie wat ’n kragtige saamval skep met die wit wat as anker dien vir die ontwerp langs die swart wat die stemming ondersteun.

Die gladde afwerking van die digitale wêreld het die sintuie verdof en ruimte gelaat vir kontak met ruwe, getekstureerde elemente van die tasbaarheidtendens wat sy weg ingeweef het met gooikombersies, aksentkussings en natuurlike materiale. Dit skakel regstreeks met die stedelike oerwoud-tendens wat ’n oerbegeerte oproep wat na ’n toevlug soek in die natuurlike wêreld. Dit word geanker met groen skakerings teen beige leer, koper lampe en natuurlike linne.

Dié vertroosting is ook te vinde in die Cosy Hovering-tendens waar vryheid en veiligheid gevind kan word in buitehangswaaie, oorgroot sitplekke en dagbeddens, wat almal die konneksie met indringende tegnologie probeer verdryf.

Kyk uit na dié nuwe tendense

Decorex SA ontwikkel voortdurend om die ewigdurend veranderende tendense te erken, terwyl die kern gehaltevlakke ondersteun word om dit steeds die prima dekor-en-leefstyl-uitstalling te maak. Besoekers kan uitsien na opwindende nuwe eienskappe op vanjaar se geleentheid. Decorex se medeborge, Plascon en Caesarstone sal dié toegewyde platform gebruik om kleur in die dekorwêreld te bring. Plascon sal hul verwagte kleurreeks vir 2017 bekendstel gedurende die Plascon Colour Forecast, terwyl Caesartone toevoegings tot hul opwindende nuwe kleurpalet gaan wys.

Johannesburg se talent kom in die Decorex Designer Spotlight onder die loep, waar ’n plaaslike ontwerper ’n ongeloo ike installasie skep wat die 2017-tendense blootstel in ’n tuisstyl geskik vir die Johannesburgse leefstyl. Dan, by die Décor District gee vier plaaslike ontwerpers uitdrukking aan hul interpretasie van die #livingdream-tema, terwyl die Decorex SA kreatiewe span dieselfde doen by die asemrowende Decorex SA Trend House, waar hulle uitgesoekte @home-artikels gebruik.

Bekende sprekers gee praktiese doen-dit-self tuis- en tuinwenke by The Builders DIY Theatre en by die Franke Simplicity in Design Kitchen Design Project gaan die beste plaaslike kombuisontwerpers en vervaardigers eenvoudige, praktiese kombuise ontwerp.

Kombuis-inspirasie word voortgesit by die Gourmet Cooking Theatre – aangebied deur Hirsch se Whirlpool – waar plaaslike sjefs vermaak gaan bied met tuis-geïnspireerde praatjies terwyl hulle bruikbare kookdemonstrasies vir die gehoor hou.

Diegene wat van heerlike drinkgoed hou, sal dit by die Painted Wolf Wine Bar en die Noir Restaurant + Bar, aangebied deur Bavaria vind. Die ongeloo ike verskeidenheid drankies word aangevul deur asemrowende vakmanskap in albei kroeë. Besoekers sal op en wakker kan bly met die vars koffie by The Coffee Cup by Illy. Allerhande soorte geroosterde kof eboontjies in die vorm van cappuccino’s espresso’s, lattes en nog meer is beskikbaar met Illy se kenmerkende gehaltekoffie. Die kinders kan ’n heerlike tyd hê by die Milk Jug Café geleë in die hartjie van die kinder-dekorstalletjies.

Bordkrytmure, inkleurboeke, speelgoed en ’n reeks lekkernye sal die jongspan deurgans vermaak. Om die kreatiewe vuur aan te wakker het Decorex Joburg ’n ten volle toegeruste Blogger-sitkamer ingerig waar die bedryf se bekende modeleiers ruimte gegee word om dié ongelooike dekor- en ontwerp- ervaring met hul volgelinge te deel.

Decorex Joburg is van 9 tot 14 Augustus. Vir nog inligting besoek decorex.co.za of volg Decorex SA op Facebook en Instagram.

2017-07-21T15:58:37+00:00