942 Views |  Like

Vroeë oes: ‘n Aspersiemousse resep

Probeer gerus sjef Chantel Dartnall se aspersiemousse resep. Te sien op 15 November 2015 om 18:30 op DSTV kanaal 144.
Komponente vir gereg
1 kop romanesco-broccoli
1 pakkie stingel-brocolli
1 bossie groen aspersies
1 pakkie sjimeji-sampioene
Aspersiemousse
Groen woud-poeier
Wit balsamiese asyn
Rooisuring (blood sorrel) klein blaartjies
Geel gesiggies
Feenrankies
Nemesiablommetjies
Somerviooltjies
Maldon-sout
Aspersiemousse
Bestanddele
2 klein uie, brunoise
100 g botter
30 ml suurlemoen-olyfolie
2 knoffelhuisies
1 bossie groen aspersies
Vars basiliekruid
Vars vinkel
125 ml witwyn
200 ml room
2 gelatienvelletjies
Sout na smaak
5 swart peperkorrels
1 blikkie wit aspersies, hou vloeistof
Metode
Braai die uie en knoffel in botter en suurlemoenolie tot deursigtig.
Sny die puntjies van die groen aspersies af en hou eenkant vir later.
Sny die aspersiestingels in dun skyfies en voeg by die kastrol met ’n takkie basilie en vinkel. Braai tot die aspersies sag is en verdun met witwyn, voeg geurmiddels by.
In ’n aparte kastrol laat die room saggies kook met vars basilie, sout en peperkorrels en sit eenkant om te laat trek. Sodra die room effens afgekoel het, meng die in water-geweekte gelatienvelletjies in die room, en verseker dat die gelatien gesmelt het.
Gooi die vloeistof van die blikkiesaspersies af en kap fyn, hou
die vloeistof eenkant. Meng die gebraaide aspersies, room, gekapte wit aspersies en ½ koppie van die aspersievloeistof in ’n voedselverwerker tot fyn. Proe en voeg smaakmiddels by indien nodig. Indien ’n sterker aspersiegeur benodig word, voeg meer aspersievloeistof by. Sodra die verlangde geur verkry is, druk die mengsel deur ’n sif. Jy wil nie enige aspersievesels in jou veerligte mousse hê nie. Gooi jou mengsel in ’n skuimspuit en skuim dit op die opdienbord, laat afkoel in yskas. (As alternatief kan jy room tot sagte puntjies klits, dit in jou aspersiemengsel vou, op die opdienbord skep en laat afkoel.)
Groen woud-poeier
Afvalstukke van rou, groen aspersievel
Droog die groen aspersievel-afvalstukke in ’n ontwatertoestel of in ’n oond by lae temperatuur. Maal tot fyn poeier in
’n spesery- of koffiemaalmasjien.
Metode
  • Romanesco-brocolli

Sny die blomknoppe in klein stukkies, blansjeer en geur met suurlemoen-olyfolie.

  • Stingel-broccoli
Sny die stingels sowat 1-2 cm onder die blommetjie af, wat dit soos mini-bome laat lyk, blansjeer en geur met suurlemoen-olyfolie.
  • Aspersiepunte
Gesny van die stingels wat vir die puree gebruik is. Skil die onderste gedeelte van die punte af. Blansjeer en geur met suurlemoen-olyfolie.
  • Sjimeji-sampioene
Sny die stammetjies van die sampioene tot sowat 1-2 cm onder die sampioenkop af en maak versigtig skoon met kombuispapier.
  • Skikking
As die mousse op die opdienbord geset het, kan jy die woud bymekaar begin bring. Bestrooi die aspersie-woudvloer met die woudpoeier. Druk die aspersiepuntjies versigtig in
die mousse, ’n paar sampioene, dan die broccoli-boompies, gevolg deur die romanesco-knoppies. Garneer met die rooisuringblaartjies, gesiggies, nemesiablommetjies en somerviooltjieblaarjies. Rond af deur reëndruppels met die wit balsamiese asynglasuur op die sampioene en ’n sprinkeling Maldon-sout te
skep.
Bon Appetit!
Facebooktwitter