Die Ikoniese Krugerrand

Die viering van die Krugerrand se 50ste herdenking het vyf trots Suid-Afrikaanse ontwerpe op die 2017 Wêreldgeldskou in Berlyn aangebied, waar Suid-Afrika die ere gasland was.

Melanie Tait


Die oorspronklike Krugerrand wat deur baie beskou word as die muntstuk wat moderne goudmuntversameling begin het, het sy Goue Jubileum- viering van stapel gestuur met ‘n reeks geleenthede tydens die 2017 Wêreldgeldskou in Berlyn waar die South African Mint and Rand Re nery die eregaste was. Vyf unieke en trots Suid-Afrikaanse ontwerpe is op die skou uitgestal, wat die betekenis van ons nasionale bate, die Krugerrand, gesimboliseer het. Die opdrag vir die 50ste herdenkingsontwerp is nie net geïnspireer deur die estetiek van die Krugermunt nie, maar ook die waarde van die munt as ’n ikoniese versamelstuk. Die ontwerpers moes die ideologie wat die muntstuk verteenwoordig weerspieël, deur ’n swart en goud palet te gebruik.

BLANDAT

Al wat sy nodig het, is die natuur, mode, kleur en ’n gesonde dosis verbeelding om haar kragtige, towerpatrone te skep. Blandat is die kreatiewe breinkind van die Hollandse modeontwerper en illustreerder Debby van der Veer, bekend om haar gebruik van betowerende drukstukke. Blandat is ’n Sweedse woord wat ’n mengsel van materiale, kleure en tegnieke beskryf, wat waarlik die hart van die handelsmerk opsom. Geïnspireer deur Afrika word haar hipnotiese mengsel van patrone geïnterpreteer deur die vernuf en teksture van die alledaagse lewe. Haar werk focus daarop om unieke motiewe te skep wat flora, fauna, sterk kleure, patrone en verskillende tegnieke saam weef. “Tekstiel is so veelsydig daar is waarlik geen beperkinge nie. Ek hou daarvan om ’n unieke produk te skep wat lewendig en kleurryk is, en ’n Europese estetika met daaglikse Afrika-inspirasie laat saamsmelt.” Ontwerpe gaan dikwels daaroor om met kontraste en bedoelings te speel en haar werkplek wil innoverende tekstiele skep wat tradisie met die kontemporêre laat saamsmelt, wat die grense van teken en tekstielontwerp verskuif. “Teksture wat op straat gevind word, patrone van die daaglikse lewe, vermeng om Blandat te word.”

Haar werkproses begin met ’n tema en dan begin die navorsing. “Navorsing is ’n fantastiese manier om jou gedagtes oop te stel – van die internet, boeke en tydskrifte tot galerye en die omgewing. Ek skep stemmingsborde en versamel beelde, teksture, vorms en kleur. Dan is daar baie tekeninge, waar die oorvloedigheid van tekstieltegnieke gekombineer word met tekeninge op die rekenaar. Dit kom altyd anders uit as my eerste, aanvanklike stemming, maar die beste deel is om die individuele identiteite van elke ontwerp te sien.” Vir die 50ste herdenking van die Krugerrand het sy ’n groot, kragtige syserp geskep, en die storie van die Krugerrand en die geskiedenis en kultuur van Suid-Afrika saam verweef. “Dit is ’n eerbetoon aan die Suid-Afrikaanse erfenis en dit moes ’n visuele ontploffing wees. Die muntstuk is die fokus met verskillende sirkelvormige elemente en fasette wat dit omring, en die diversiteit van die land verteenwoordig.

Webblad: blandat-studio.com

OKAPI

Luuks en uniek, met ’n durende elegansie – Okapi is 100% daartoe verbind om ’n eties vervaardigde weelde Afrikaproduk te vervaardig. Geïnspireer deur die Afrikamitologie en die natuurlike wêreld is Okapi-produkte vervaardig om ’n leeftyd te hou.
Die stigter en kreatiewe direkteur van Okapi, Hanneli Rupert, het haar handsakreeks genome na die ontwykende Afrikabok wat in die Ituri-woud in die Kongo gevind word. Die okapi lyk soos ’n mengsel van ’n sebra en ’n kameelperd en word as ’n mistiese dier beskou wat ook bekend staan as die Afrika-eenhoringdier. Rupert se handelsmerk omvat elemente van Afrika-mistiek en organiese elemente wat inspirasie put uit die natuur, rituele en art nouveau-estetika.
’n Kenmerkende stuk op ’n Okapi-handsak is die springbokhoring, ’n Afrika-gelukbringer wat voorspoed bring vir dié wat dit dra. Okapi put inspirasie uit die name van Afrika-godinne vir die name van die handsakke. Byvoorbeeld is die Yemaja genome na die godin van wysheid, terwyl die getruktureerde sak Aziri weer die godin van liefde verteenwoordig. Okapi se Yamajaaandsakkie is genoem na die Afrikagodin wat eeue oue vroulike wysheid verteenwoordig.
Geskep uit blesbokleer – ’n eksotiese leer wat die handelsmerk se kern weerspieël om eksklusiwiteit met outentisiteit te versmelt met volhoubaarheid en min vermorsing. Dit vertoon hul kenmerkende springbokhoring – wat die springbokmotief op die Kruggerrand simboliseer – en ‘n klassieke goue ketting wat die goue muntstuk huldig. Die op maat gemaakte swart en goue handsak is luuks en uniek Suid-Afrikaans – nes die Krugerrand. Die visie agter Okapi is om weelderige, ambagtelike handsakke en bykomstighede te vervaardig wat geheel en al met die hand gemaak is in Suid-Afrika met materiaal wat plaaslik verkry is, ’n eenvoudige benadering om eerlike en volhoubare werkgeleenthede te skep en vaardighede plaaslik te ontwikkel. Elke element van ’n Okapi-handsak kan nagespeur word, volhoubaar en eties verkry. “Waar ook al moontlik verkies ons om met die hand te werk en ons plaas veral klem op natuurbewaring deur die hele vervaardigingsproses.” Aan die kern van Okapi is ’n etos om handel te skep en ’n voortdurende strewe om met grondvlak handwerkgroepe saam te werk in en om Suid-Afrika in hul reekse. “Afrikane wat luukse Afrikaprodukte plaaslik en onafhanklike koop, dit is ons beloning.”
Webblad: okapi.com

THABO MAKHETHA

Haar ontwerpstyl omvat die gebruik van moderne, skoon snyerslyne met ’n herkenbare fusie van kulturele inspirasie, as toonvenster van ’n deel van Afrika wat diep historiese en betekenisvolle bande dra wat ons kultuur verteenwoordig. Elke reeks het ’n diep kulture storie om te vertel, weerspieël in haar keuse van tekstiele, kleure en snitte. Die kreatiewe Thabo Makhetha is in Lesotho gebore en sy glo daarin om eienaarskap te neem van jou verhaal en die vermoë om ’n duidelike Afrika-estetika met die kontemporêre te vermeng. “Hoewel dit nie die aanvanklike bedoeling was nie, het ons op ’n manier klere ontwerp wat seisoenale tendense transendeer en selfs vandag nog is ons kledingstuk wat die beste verkoop die kort skouermantel wat ons vyf jaar gelede gemaak het.” “Ons suksesvolste reeks, Kobo Ea Bohali – komberse vir prestige – is ’n reeks skouermantels, jasse en baadjies wat van outentieke Basoeto-komberse gemaak is.”

Dit is ’n versameling wat Makhetha se herkoms en meer as ’n eeu se kultuur en tradisie huldig. “Ons het die komberskultuur van die Basoeto’s geneem en uitdrukking daaraan gegee in ’n kontemporêre en stylvolle manier.” Vir haar ontwerp vir die 50ste herdenking van die Krugerrand het Makhetha besluit om op die sirkelvorm van die muntstuk te fokus, die aalwyn en springbok-motief en ’n Kobo Circleskouermantel geskep. “Om die skouermantel te skep is ’n sirkel uit die Basoetokomberse wat ek gebruik, gesny. Die idee van ’n sirkel is iets wat solied is, wat voortgaan en nimmereindigend is.
Die ontwerp weerspieël die sirkelvorm van die muntstuk en pas goed aan by die konsep van tydloosheid.” Uit die idee van ’n sirkel het sy besluit om ’n spiraal uit te sny, iets wat ook nimmereindigend is. Die spiraal word die kragie van haar unieke neo-sirkel skouermantel. Die aalwynmotief op die muntstuk het gehelp met die keuse van watter Basoetokombers vir die skouermantel gebruik moet word. Sy het die Kharetsa-motief gekies omdat dit ’n aalwynmotief in die middel gehad het. Die kombers is wit en swart met ’n blou kontraslyn wat dwarsdeur die kombers loop. Sy het oor die blou lyne met goud geverf en ook ’n goue sierbandafwerking gebruik om ’n getekstureerde lyn te skep. Met die aalwynen springbokmotief in gedagte het sy haar eie motief ontwerp deur die twee elemente te gebruik om dit op die kraag te borduur. “Omdat die Krugerrand ’n waardevolle artikel is wat verhandel kan word, het ek toe gekyk of ek halfedelmateriale in die skouermantel kon inwerk. Ek het halfedelgesteentes gebruik as krale op die rand van die kraag.

Die patroon wat gebruik is vir die kralewerk is geneem van die ribwerk op die rand van die Krugerrand. Ek het ook goue, metaalritssluiters gebruik wat ook speel met die idee van die tekstuur wat op die rand van die muntstuk gevind word.” Makhetha is ’n praktiese ontwerper en is trots op haar handelsmerk. “Ek het dit na myself genoem omdat ek glo as iets jou naam dra, sal jy nog beter daarna kyk.”
Webblad: thabomakhetha.com

PICHULIK

Om te maak, te ontwerp, te deel, te skep, strategie te beplan, kunswerke te skep. Sy is lief vir haar werk. “Ek is lief vir wat ek doen. Ek is dol op die moontlikhede, die uitdagings en die kreatiwiteit wat die handelsmerk fasiliteer, en ek hou van die mense wat saam met my werk.”
Katherine-Mary Pichulik is die stigter en ontwerper van Pichulik, ’n sterk reeks bykomstighede wat in opdrag gemaak word vir kragtige vroue en wat ontwerp word uit tou en optelmateriale wat oor die hele Afrika verkry word. Vroue is altyd die leidende karakters wanneer ’n versameling gekonseptualiseer word en hul metodologie gaan oor vertroue en vloeibaarheid en om dapper te wees om iets toe te laat om te ontvou. “Daarby gesê, terwyl jy iets met gedrewe aandag en toewyding doen, begin jy beter raak. Jou mes raak skerper en jy begin om dinge intuïtief vooruit te sien, jy begin vorige ervaring gebruik as data om strategie te beplan – en dan gebeur iets magies wanneer bedoeling/toeval en voorbereiding deur pragtige sinergie ontmoet.”
As huldiging van die Krugerrand se 50ste verjaardag het Pichulik ’n versierde halssnoer geskep wat ’n erewapen naboots en na grootsheid en volvoering verwys. Hulle het ‘n nuwe logo ontwikkel wat die rand van die muntstuk simboliseer. “Met persoonlike opdragte maak ons gebruik van ’n kliënt se herinneringe, argiewe ensentimentele voorwerpe, terwyl met iets soos die Krugerrandopdrag het ons argiewe en die erfenis van dié nasionale voorwerp gebruik.”
Geïnspireer deur haar reise, boeke wat sy gelees het, kunstenaarsvriende, medevroue, patrone, vorms en palette, is haar etiket daartoe verbind om dié inspirasie te verander in pasklaar, draagbare stukke wat stamme in Afrika se estetika herkonseptualiseer. Die handelsmerk gebruik die mees antieke vorms van welstandmodaliteite – juweliersware en ornamentasie om die bemagtigende narratiewe te deel en ruimte te verskaf om die vroulike ervaring te ontwikkel, gesond te maak en te troetel. Hulle kies goeie, bewuste werkwyses en skep ’n ruimte vir groei en inspirasie vir die span en hul kliënte. Agaat van Mali, Toeareg-gelukbringers, Turkse totems: versamelings wat kulture verenig. “Ons is ’n pan Afrikaanse, diverse span en ons huldig Afrika en hul vrouekrag.” Sy sê om ’n vroulike entrepreneur in Afrika te wees is opwindend omdat jy deur ander vroue-entrepreneurs gesteun word – hulle span saam. “Ons is ook ’n span van oorheersend vroue en ons is ’n taai span wat vir die bemagtiging van vroue en hul ontwikkeling staan.” Die Pichulik-handelsmerk gaan nie net daaroor om ’n verklaring te maak nie; dit gaan oor selfbemagtiging, die ondersteuning van idees en outentieke konversasies.
Webblad: pichulik.com

CERAMIC MATTERS

As een van die oudste mediums van selfuitdrukking leef die stigters van Ceramic Matter volgens die towerproses wat klei in iets buitengewoons transformeer. Gerhard Swart en Anthony Harris is meesters van ontwerp en innovasie wat hul agtergrond in skone kunste, drukwerk en keramiek hergiet in keramiek-kunswerke. “Die integriteit van die natuur en al die elemente is ’n belangrike leermeester in die ontwerp en uitvoering van ons werk.” Hulle word altyd geïnspireer deur die natuur en het dikwels in keramiek ikoniese dierebeelde en plante herskep – dié wat jy op ’n ou plaasstoep of in ’n tuin vind. “Die opdrag om ’n werk vir die 50ste herdenking van die Krugerrand was om dit in swart en goud te ontwerp, met dit ontwerp van die muntstukke in gedagte.”

Swart en Harris het beelde geneem wat op muntstukontwerpe gebruik is en het twee konsepte voorgestel. Een was aalwyne en voëls, wat dikwels op muntstukke gesien word, en die ander ’n trofee met springbokhorings as handvatsels. Die kliënt het die pragtige aalwynontwerp gekies. Dit is van erdewerk-klei gemaak wat bestaan uit aalwynblare met die hand gemodelleer op ’n basis met ’n voël aan die kant. Die werk is in swart geglasuur met die blaarpuntjies in goud om groei en voorspoed te huldig. Hulle systap gewoonlik die tradisionele reëls van keramiek ten gunste van ongewone kombinasies van klei,
glasure en ru minerale. Met ’n nederige begin in 1998 het hulle in ’n klein ateljee begin waar hulle in opdrag vir korporatiewe en plaaslike kliënte gewerk het. Dit het gegroei tot ’n internasionaal bekende handelsmerk met kliënte in New York, Parys, Londen, Tokio, Kaapstad en baie ander stede.
Webblad: ceramicmatters.blogspot.com
Die woord Keramiek is afgelei van die Griekse woord keramos wat pottebakker of pottebakkery beteken. Keramos weer se oorsprong is Sanskrit – wat om te brand beteken. Vandaar is die betekenis van die woord keramos gebrande materiaal of gebrande aar

By | 2017-09-01T12:34:58+00:00 September 1st, 2017|Ontwerp|