1866 Views |  Like

‘n Begaafde kunstenaar, Northcliff, hemelse aspersie

Moenie die sesde episode van DEKATv op 15 November 2015 om 18:30 op kanaal 144 misloop nie.

Kunstenaar Victor Harley skryf gedigte en prosa as ‘n oorlewingsmeganisme. Dit gebeur veral wanneer sy bi-polêre gemoedstoestand veroorsaak dat hy bedruk is. Gerard Scholtz, medevervaardiger van DEKATv, het by díe begaafde kunstenaar van Pringlebaai gaan kuier. Northcliff in Johannesburg is een van die voorstede met die mooiste uitsigte. Kom kyk vanaand tot waar ons sien. Alwijn Botha is ‘n toonaangewende bloemis, stilis en konsepsuele ontwerper. Aleit Swanepoel gaan maak mee aan een van sy Blomboy werkswinkels, waar hy sy jarelange ervaring en passie vir blomme met jongehere deel. (dis ‘n “gentleman’s club”). Sjef Chantel Dartnall toor met aspersies in ‘n nuwe gedaante vanuit die Cordev kombuis.

Kry sjef Chantel Dartnall se aspersiemousse resep hier.

Eps97 Export.Still002

Victor Harley lees uit sy boek, “Onliefde”

Eps97 Export.Still008

Jacques du Preez en Linda Erasmus kuier in Northcliff

Eps97 Export.Still010

Aleit Swanepoel gaan maak mee aan ‘n Blomboy werkswinkel

Eps97 Export.Still013

Sjef Chantel Dartnall kook vanuit die Cordev kombuis

Facebooktwitter